f.3. Petrus Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 03/08/1831, ged. 01/04/1832

f.3.  Petrus Johannes, geb. 03/08/1831, ged. 01/04/1832, Renosterberg, Colesberg, oorl. 18/01/1893, Roodepoort, dist. Kroonstad x 04/09/1859, Winburg met Christina Johanna DE BEER, geb. 23/08/1843, d.v. Frederik Coenraad de Beer en Christina Johanna Horn.

Petrus Johannes was die seun van Hermanus van der Westhuizen en Maria Susanna van den Heever.


Petrus Johannes
Baptised: 01 Apr 1832
Born: 03 Aug 1831
Father: Manis WESTHUIZEN vd
Mother: Maria HEEVER vd
Witnesses: HEEVER Lucas Adriaan Jacobus vd, HEEVER Hester Willemina vd
Baptised by: A. Murray
Additional notes: baptised at: RENOSTERBERG, Veldcornet: Gert Kruger.
EGGSA: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Colesberg, Baptism register, 1832-1837. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G16 3/1B. Note: Colesberg established 1826 from Graaff-Reinet. Transcribed by Annelie Els, independently, from Pretoria Archives FK 2276

Die Colesberg gemeente is op 10 Desember 1826 deur ds. Andrew Murray van die NG gemeente Graaff-Reinet gestig onder die naam “de gemeente van Torenberg”, na aanleiding van die ronde koppie aan die westekant van die berg.  Die oorspronklike naam was heel moontlik “de gemeente van de Toverberg”. Die gemeente het nietemin net drie jaar lank sy oorspronklike naam gedra, want in 1830 het die destydse goewerneur, sir Galbraith Lowry Cole, danksy die bemoeiing van sir Andries Stockenström, sowat 15 500 hektaar aan die NG kerk geskenk. Ter ere van die goewerneur is die gemeente, dorp en distrik sedertdien Colesberg genoem. Die kerk het die grond in erwe opgedeel en die inkomste uit die verkoop daarvan gebruik om sy gebou in die middel van die dorp op te rig. Tien jaar lank was die gemeente vakant tot die eerste leraar, ds. Thomas Reid, in 1836 hier aangestel is. Dié Skotse leraar, een van dié wat die destydse koloniale regering ingevoer het om die tekort aan predikante aan te vul maar veral om die Hollandse bevolking te verengels, se bediening in die gemeente Colesberg strek van Julie 1836 tot 13 Februarie 1854. Van tyd tot tyd kom verskeie Voortrekkers en trekboere noord van die Oranjerivier na Colesberg om hul kinders deur Reid te laat doop.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-colesberg/)