f.5. Josias Gerhardus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 25/06/1831, ged. 11/09/1831

f.5.  Josias Gerhardus, geb. 25/06/1831, Ronderug, distr. Piketberg, ged. 11/09/1831, oorl. 12/06/1867, Pakhuis, distr. Piketberg x 24/11/1852 met Hester Elizabeth BOTHA, geb. 07/03/1832, d.v. Hendrik Botha en Catharina Johanna van Taak.

Josias Gerhardus was die seun van Cornelis van der Westhuizen en Sibella Aletta Helena Dreyer.


Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1883.

Die NG Gemeente Piketberg is die oudste gemeente van die NG Kerk tussen Malmesbury en Clanwilliam.  Die gemeente Piketberg is in die jaar 1833 afgestig.  Op 23 Julie 1833 is ds. William Robertson van Clanwilliam as konsulent aangestel en die eerste diens vir die nuwe gemeente is deur hom op Groenvlei gehou.  Ná herhaalde mislukte pogings om die waterryke plaas Klein Vogelvallei van die weduwee Gideon Rossouw vir dorps- en kerkgrond aan te koop, het goewerneur Cole die goewermentsplaas Grootfontein gratis aan die kerkraad afgestaan. Dr. Robertson, die stigter van die gemeente, is van Clanwilliam na Swellendam verplaas en ds. J.C. Moorrees van Swartland het konsulent van Piketberg geword (1834–’80).  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-piketberg/)