f.8. Cornelis VAN DER WESTHUIZEN, geb. 1841

f.8.  Cornelis, geb. 1841, oorl 12/06/1928, Rondebult, dist. Kroonstad x 03/04/1871, Kroonstad met Cornelia Johanna VAN NIEKERK, geb. 1851, Roodepoort, Kroonstad, OVS, oorl. 16/12/1894, Roodepoort, Kroonstad, d.v. Barend Johannes van Niekerk en Elsie van der Westhuizen xx 04/06/1895, Heilbron, OVS met Cecilia Johanna MENTZ, geb. 13/09/1871, oorl. 12/06/1944, begr. Viljoenskroon.  CJVN ook getroud met Petrus Johannes van Niekerk. 

Cornelis was die seun van Hermanus van der Westhuizen en Susanna Petronella Catharina van der Westhuizen.


Sy naam kom voor in Barend Johannes van Niekerk se sterfkennis van 1896.

Die dorp Kroonstad is omstreeks 1857 gestig.  Volgens die oudste inwoners van die dorp, wat dit omstreeks 1910 aan die bydraer tot Ons gemeentelike feesalbum vertel het, was dit die oorspronklike plan om om dorp aan Kroonspruit by Kroondrif uit te lê. Volgens die gebruik van daardie dae (so is vertel) is- by die uitmeet van die plase elke 50ste plaas aan die goewerment toegewys. So het die plaas Kroont as 50ste plaas aan die goewerment behoort. Maar die bewoner van Klipplaatdrif, David Benjamin Jordaan, het met die goewerment van plaas geruil, omdat sy plase dan by mekaar sou lê en nie deur staatsgrond geskei wees nie. So het ’n deel van Klipplaatdrif dus staatsgrond geword en is die dorp Kroonstad daar aan die Valsrivier gestig.  Oorspronklik was die gebied ’n deel van die gemeente Harrismith. Van tyd tot tyd is dienste en kerkraadsvergaderings op Kleinfontein, Doornkop en Kransdrif, in die wyk Valsrivier van die gemeente Harrismith gehou. Dit het in die jare 1852 tot 1854 plaasgevind.  Op ’n kerkraadsvergadering wat op Doornkop op 2 Augustus 1852 gehou is, het geblyk dat daar ’n behoefte aan ’n kerkgebou bestaan het. Die konsulent voorsien toe die kerkraad van lyste om te kollekteer vir die bou van ’n kerk. Dié eerste kerkgebou is op 3 Januarie 1862 ingewy. Dit is met tamboekiegras bedek, met ’n misvloer en sonder banke. Die kerkgangers het veldstoeltjies saamgeneem na die diens. By ’n aanddiens het elkeen sy wildebeesvetkers (sogenaamde waterkers) aangesteek.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-kroonstad/)

Tydens die Basotho-oorlog is die kerk as ’n fort gebruik. ’n Sloot is om die kerkgebou gegrawe en die hele burgery van Kroonstad het snags in die kerk geslaap. Die eerste predikant van Kroonstad was ds. P.A.C. van Heyningen, wat die gemeente van 1866 tot 1867 gedien het. Daarna het ds. H.W. van der Merwe van 1870 tot 1876 gedien. Van Augustus 1877 tot Desember 1914 het die begaafde prediker ds. G.W.B. van der Lingen die gemeente bedien.  Tydens sy dienstyd is twee kerke op Kroonstad gebou. Die tweede kerkgebou van Kroonstad is op 24 November 1877 ingewy.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-kroonstad/)

Met sy tweede huwelik in 1895 is hy 'n 46 jarige wewenaar en sy /n 23 jarige jongedogter van Heilbron.

Volgens Cornelis se sterfkennis woon hulle te Rondebult, dist. Kroonstad.

eGGSA library Gravestones in South Africa Free State : Vrystaat Free State, VILJOENSKROON, Urban area Free State, VILJOENSKROON, main cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN Cecilia Johanna, van der nee MENTZ 1871-1944