h.2. Oloff VAN DER WESTHUIZEN, geb. 12/11/1876, ged. 07/01/1877

h.2.  Oloff, geb. 12/11/1876, Clanwilliam, ged. 07/01/1877, Clanwilliam, oorl. 07/01/1947, Prieska x 05/01/1904, Porterville met Jacomina Hendrina (Mynie) JOUBERT, geb. 02/06/1883, ged. 05/08/1882, Tulbagh, van Porterville, oorl. 24/06/1917, Porterville, d.v. Johannes Stephanus Joubert en Catharina Christina Louw xx 24/06/1918, Porterville met Cornelia Johanna Jacoba JOUBERT, geb. 01/11/1888, oorl. 14/09/1926, Higgshoogte, distr. Prieska, (met geboorte v. tweeling), d.v. Johannes Stephanus Jouberg en Catharina Christina Horn xxx 12/12/1927, Prieska met Anna Catharina LIEBENBERG, geb. 03/04/1908, oorl. 04/02/1985.

Oloff was die seun van Cornelis Johannes Dreyer van der Westhuizen en Anna Helena Frederika Bergh.

Die gemeente Prieska is in 1878 afgestig van die moedergemeente, Victoria-Wes.  By afstigting het die gemeente bestaan uit 2 100 siele en 510 lidmate, en die grense het van Brakfontein aan die Grootrivier tot by Boegoeberg (die latere Groblershoop) gestrek. In die begin is die godsdiensoefeninge onder bokseile gehou, en later in ’n groot tent. Die Kaapse parlement het in 1880 deur ’n spesiale besluit ’n stuk grond vir ’n kerkgebou geskenk en op 8 September 1883 het die inwyding van die kerk plaasgevind.  Jare lank is die gemeente deur konsulent-leraars bearbei en eers aan die einde van 1880 is die eerste beroep op ds. S. H. Kuhn, met nog verskeie vergeefse beroepe daarna, uitgebring. Ds. August Ahrbeck was die eerste vaste leraar en is op 17 Januarie 1885 as proponent georden en bevestig.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-prieska/)

Uit Oliff se sterfkennis van 05/01/1947 word net twee vroue aangegee.  Anna Catharina Liebenberg en Cornelia Johanna Joubert.

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, PRIESKA, Urban area Northern Cape, PRIESKA, Main cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN, van der WESTHUIZEN, van der

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, PRIESKA, Urban area Northern Cape, PRIESKA, Main cemetery W - Surnames :: Vanne - WWESTHUIZEN A.C., van der 1908-1986