h.4. Mias NEL, geb. 08/05/1933

h.4.  Mias, geb. 08/05/1933 x Lucia VAN DER MERWE, geb. 23/09/1934.

Mias was die seun van Hermias Cornelis Nieuwoudt Nel en Christina Alida Hendrikse.





Links:  Mias by sy oppasser Sarah en Regs:  Mias tydens die reëns van 1934

Mias, Chrissie en kinders

Mias saam met sy pa

Mias het na sy pa se dood by sy ma in die huis, net duskant Izak se huis aangebly.    Na sy pa se dood was sy kinderjare baie stormagtige.  Hy en van die ander kinders het baie drae slae gekry, omdat hulle valle toe geloop het, iets wat hulle verbied was om te doen.

Mias 1936  

Toe Mias vir die eerste keer skool toe moes gaan op Rooipad het hy nie ‘n griffie en ‘n lei gehad nie.  In plaas daarvan het hy ‘n mes, ‘n pyp, ‘n sakkie Bigben tabak en vuurhoutjies by hom gehad.  Hy het toe reeds (op 7 jarige ouderdom) gerook. (Dit het Mias persoonlik aan my vertel).  Hy was op die plaas op skool en toe later op Pofadder, omdat sy suster daar was.  

Na sy pa se dood het sy ooms die rol van pa in sy lewe begin gespeel.  Hy was gedurig saam met hulle.  Mias het ook vir lang tye by Kolie in Suidwes-Afrika gewoon.

Die Nel broers was oor die algemeen almal baie lief vir jag en het graag aan jagtogte deelgeneem.

Mias se meisie het in die Kaap verpleeg.