d.9. Cornelis VAN DER WESTHUIZEN, ged. 17/09/1775

d.9.  Cornelis, ged. 17/09/1775, burger te Stellenbosch x 30/09/1798 met Aletta Hendrina OLIVIER, ged. 05/11/1780 Tulbagh, oorl. 25/09/1849, Rietvlei, d.v. Hendrik Olivier en Renske van der Walt.

Cornelis was die seun van Johannes (Jan) van der Westhuizen en Hilletje Botes.

Kornelis
Baptised: 1775, 17 Sept: 1775
Father: Johannes VAN DER WESTHUIZEN
Mother: Hilletje BOTES
Witnesses: Hendrik Olivier en zijne vrouw Renske van Walt
Additional notes: [Ge]boren op den 11 Feb:
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), Baptism register, 1745-1782, page 104. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G5 3/2. Note: Folios 13 and 14, two sides of one page, are almost certainly missing between the current pages numbered 12 and 13 - dates covered would be late August 1751 to early June 1752.. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape Archives VC 666

(https://www.wikitree.com/photo.php/f/fa/Van_de_Westhuizen-1.png)

Hendrik Olivier se oupa, Hendrik Corneliszoon Olivier, was afkomstig van Ouwekerk in Nederland en het in 1661 in die Kaap aangekom. Hy was getroud met Beatrix Guiberthe (Gysbertha) Verwey van Woerden in Nederland.  Die 19-jarige Renske van der Walt trou op 24 Maart 1767 met Hendrik Olivier Seun van Gerrit Olivier en Maria Magdalena van der Westhuizen.. Hy is omstreeks 1736 gebore, is gedoop te Kaapstad op 18 November 1736 en is oorlede in 1790 toe hy 54 jaar oud was. Een van die doopgetuies was sy oupa Nicolaas van der Westhuizen. Na die dood van Johanna Weyers op 7 November 1766, het Hendrik en Renske die opstal op Quachafontein (tans nr. 66) verkry. Op 20 April 1768 verkry hulle ook weiregte op Uitkyk (tans nr.67). Die gegewens oor die twee plase is by die gedeelte oor Geele Andries, Renske se vader, verstrek. Op 11 Augustus 1778 is die plaas Papekuijlsfonteijn op die Roggeveldberge aan Hendrik toegeken. Die ligging van die plaas kon nie bepaal word nie. Na die dood van haar man, is die plaas Rietfontein (tans nr. 49?) op 13 Augustus 1792 aan Renske toegeken. Volgens latere toekennings was die plaas Tonteldoosfontein (tans nr. 152) ook in Renske se besit . Die plaas Bruintjesfontein in die Koue Bokkeveld is op 1 Februarie 1793 aan Renske toegeken. Die ligging van die plaas kon nie bepaal word nie. Omstreeks 1793 is die plase Brakkerivier, “... gelegen op het Roggeveld ...” en Eendekuil, “... gelegen agter het Roggeveld aan de Rietrivier ...” ook aan Renske toegeken. Uit die gegewens oor die plase kan afgelei word dat Hendrik en Renske nie soos die meeste van die Van der Walt-kinders die trekboerroetes gevolg het nie, maar vireers in die Roggeveld aangebly het. Dit word ook bevestig in die testament van 1786 waar aangedui word dat hulle in die Roggeveld woon. Later het Renske na die Koue Bokkeveld verhuis, soos ook bevestig deur die testament van 1810. 


Uit die huwelik van Hendrik en Renske is daar agt Olivier-kinders gebore:
o Gerrit Olivier, getroud met Hester Myburgh. o Andries Olivier, getroud met Cecilia Johanna Korff.
o Martha Magdalena (Maria) Olivier wat moontlik vroeg oorlede is. Nicolaas Olivier, getroud met Cornelia Susanna Jooste.
o Johanna Catharina Olivier, getroud met Petrus van der Westhuizen.
o Renske Olivier, getroud met Wietse van der Westhuizen.
o Beatrix Olivier, getroud met Willem Myburgh.
o Aletta Hendrina Olivier, getroud met Cornelis van der Westhuizen.
(http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/12/03-Hoofstuk-3-Geele-Andries_02.pdf)