f.1. Magdalena Albertha VAN DER WESTHUIZEN, geb. 29/07/1809, ged. 21/10/1810

f.1.  Magdalena Albertha, geb. 29/07/1809, ged. 21/10/1810, Tulbagh, oorl. 11/07/1844 x 26/09/1824, Graaff-Reinet met Marthinus Jacobus Wynand Petrus NORTJE, ged. 08/04/1803, oorl. 1880, Carnarvon, s.v. Johannes Jacob Nortje en Anna Cecilia Oosthuizen.

Magdalena Albertha was die dogter van Johannes van der Westhuizen en Martha Magdalena van Wyk.


Haar naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1836.

Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1838.

Teen die einde van die 18de eeu was daar net sewe gemeentes in die Kaapkolonie. Die eerste rondgaande hof van 1811 het roerend verslag gedoen oor die toestande in die afgeleë distrikte. Godsdiens en onderwys was in ’n toestand van verval, maar dit was merkwaardig dat daar onder omstandighede nog soveel tekens van beskawing was.

Veral om ’n einde aan wetteloosheid te bring, het lord Charles Somerset op 27 November 1818 in ’n goewerneursproklamasie die distrik Beaufort geproklameer.  Die nuwe distrik is saamgestel uit die oostelike deel van Tulbagh, die westelike deel van Graaff-Reinet en die strook land anderkant die Sakrivier, en is onderverdeel in 10 veldkornetskappe.  Benewens Beaufort, het dit dele ingesluit van die latere distrikte Prins Albert, Fraserburg, Willowmore, Aberdeen, Murraysburg en Victoria-Wes. Dit was dan ook in die praktyk die grense van die oorspronklike gemeente Beaufort, wat in 1869 die “-Wes” bygekry het ter onderskeiding van Port Beaufort en Fort Beaufort.  In dieselfde proklamasie waarin die stigting van die distrik Beaufort aangekondig word, is ook kennis gegee van die aanstelling van ds. Taylor as predikant van dié distrik.

Van skole was destyds so goed as geen sprake nie en die mense kon maar een of twee keer per jaar die paar honderd kilometer met die ossewa aflê na die naaste kerk op Graaff-Reinet, Tulbagh, in die Paarl of Kaapstad. (Worcester sou eers in 1821 afstig.) By die eerste kind in Beaufort se oudste doopboek (1818–1827) staan “gedoopt 2 Febr. 1819 aan de Paarl”. Eers vanaf April 1819 is op Beaufort gereeld kinders gedoop.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-beaufort-wes/)


Kinders:


g.1.  Johannes Jacob NORTJE, geb. 05/10/1829, ged. 27/12/1829, Beaufort-Wes.


g.2.  Martha Magdalena NORTJE, geb. 18/11/1831, ged. 21/11/1831, Beaufort-Wes.


g.3  Johannes NORTJE, geb. 04/11/1835, ged. 04/04/1836, Beaufort-Wes, oorl. 29/09/1910, plaas Droogeputs, Fraserburg, Kaap Provinsie x Gertruida Elizabeth Kruger.


g.4.  Marthinus Jacobus NORTJE, geb. 02/05/1839, ged. 27/10/1839, 
Beaufort-Wes.
Beaufort-Wes baptisms 1819-1844.

g.5.  Magdalena Alberta NORTJE