f.2. Nicolaas Burgert VAN DER WESTHUIZEN, geb. 06/12/1812, ged. 02/12/1813

f.2.  Nicolaas Burgert, geb. 06/12/1812, ged. 02/12/1813, Tulbagh, oorl. 1885, Beaufort-Wes x 06/10/1834, Beaufort-Wes met Magdalena Albertina VAN DER WESTHUIZEN, geb. 01/09/1816, ged. 07/02/1816, Roggeveld, dist Tulbagh. d.v. Nicolaas van der Westhuizen en Magdalena Christina van Wyk.

Nicolaas Burgert was die seun van Johannes van der Westhuizen en Martha Magdalena van Wyk.


Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1836.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1838.

Teen die einde van die 18de eeu was daar net sewe gemeentes in die Kaapkolonie. Die eerste rondgaande hof van 1811 het roerend verslag gedoen oor die toestande in die afgeleë distrikte. Godsdiens en onderwys was in ’n toestand van verval, maar dit was merkwaardig dat daar onder omstandighede nog soveel tekens van beskawing was.

Veral om ’n einde aan wetteloosheid te bring, het lord Charles Somerset op 27 November 1818 in ’n goewerneursproklamasie die distrik Beaufort geproklameer.  Die nuwe distrik is saamgestel uit die oostelike deel van Tulbagh, die westelike deel van Graaff-Reinet en die strook land anderkant die Sakrivier, en is onderverdeel in 10 veldkornetskappe.  Benewens Beaufort, het dit dele ingesluit van die latere distrikte Prins Albert, Fraserburg, Willowmore, Aberdeen, Murraysburg en Victoria-Wes. Dit was dan ook in die praktyk die grense van die oorspronklike gemeente Beaufort, wat in 1869 die “-Wes” bygekry het ter onderskeiding van Port Beaufort en Fort Beaufort.  In dieselfde proklamasie waarin die stigting van die distrik Beaufort aangekondig word, is ook kennis gegee van die aanstelling van ds. Taylor as predikant van dié distrik.

Van skole was destyds so goed as geen sprake nie en die mense kon maar een of twee keer per jaar die paar honderd kilometer met die ossewa aflê na die naaste kerk op Graaff-Reinet, Tulbagh, in die Paarl of Kaapstad. (Worcester sou eers in 1821 afstig.) By die eerste kind in Beaufort se oudste doopboek (1818–1827) staan “gedoopt 2 Febr. 1819 aan de Paarl”. Eers vanaf April 1819 is op Beaufort gereeld kinders gedoop.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-beaufort-wes/)


06 Oct 1834
1834,
Nicolaas Burgert van der Westhuizen
and
Magd. Albertina van der Westhuizen
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Beaufort West, Western Cape. marriage index register, 1819-1842. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch. Transcribed by Kathleen Schulz, from Cape Archives VC 751.
Note: VC 751 is a photocopy of a modern index to the original Beaufort West marriage register (date and indexer unknown) in the NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch.

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, BEAUFORT-WEST, Urban area Western Cape, BEAUFORT-WEST, Bird street, Historical cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN Nicolaas Burgert, van der 1812-1885 & Magdalena Alberta ??-??