f.2. Nicolaas VAN DER WESTHUIZEN, geb. 01/03/1826, ged. 03/12/1826

f.2.  Nicolaas, geb. 01/03/1826, ged. 03/12/1826, Beaufort-Wes, oorl. 05/03/1885, dist. Hay, Griqualand-Wes x 11/05/1857, Victoria Wes met Anna Christina Wilhelmina VAN STADE, geb. 29/09/1839, Taiboschfontein, dist. Victoria-Wes, oorl. 16/02/1877, Modderfontein, Griequaland-Wes, d.v. Willem Hendrik van Stade en Johanna Elizabeth Janse van Rensburg xx 24/11/1879, Carnarvon met Susara Johanna Susanna VAN DER MERWE, geb. 24/10/1838, ged. 17/03/1839, Beaufort Wes, d.v. Jacob Willem van der Merwe en Martha Cornelia Maria van der Westhuizen. SJSVDM voorheen getroud met Isaak Petrus van der Westhuizen.

Nicolaas was die seun van Nicolaas van der Westhuizen en Elizabeth van Bosch.

DG;  Petrus van der Westhuizen;  Gysbert van Bosch.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1870.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1885.

Sy sterfkennis dui sy vrou as Susanna Johanna Susanna van der Merwe aan.  Geen ander vroue word aangedui nie.  In die huweliksregister word hy as 'n 53 jarige wedenaar/veeboer van de Put aangedui en sy as Susara Johanna Susanna van der Westhuizen (geb. van der Merwe) 'n 40  jarige weduwee van Naauwkloof.  Daar is ‘n moontlikheid dat sy die weduwee van Isaak Petrus van der Westhuizen, geb. 06/04/1834 is.  Hy is in 1875 dood en hy was van Naauwkloof.  Hulle ouderdomme stem ook hiermee ooreen.