f.10. Johannes Matthys VAN DER WESTHUIZEN, geb. 08/1859

f.10. Johannes Matthys, geb. 08/1859, oorl. 30/12/1937, Hartbeeslaagte, dist. Wolmaransstad x 06/01/1887, Middelburg, Tvl. met Hester Susanna GREYLING, geb. 23/01/1869, oorl. 30/01/1937, d.v. Abraham Carel Greyling en Hester Sophia Elizabeth Visagie.

Johannes Matthys was die seun van Nicolaas Georg van der Westhuizen en Elizabeth Magdalena Barnard.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1902.

Woon: Hartebeestlaagte, P.K. Balmoral, dist. Witbank.

Hulle het geen eie kinders gehad nie. 

Hulle het vyf aangenome kinders gehad, as volg:

1.  Barend Frederik Greyling, Rietfontein, P.K. Mackmaar, dist. Pretoria

2.  Johan Hendrik Bakemeyer Booyse, Hartebeestlaagte, P.K. Balmoral, dist. Witbank.

3.  Rachel Gesina Phillipina Greyling x A. Muller, Plot 122, Witpoort, Bus 30, Brakpan.

4.  Hester Sophia Prinsloo x D. Smit.

5.  Johanna Maria Catharina Greyling x N.P. Prinsloo, Skpitskop, P.K. Balmoral