g.1. Franciscus Hendricus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 28/09/1855, ged. 26/12/1856

g.1.  Franciscus Hendricus, geb. 28/09/1855, ged. 26/12/1856, Victoria-Wesoorl. 02/05/1935, Carel's Graf, dist. Carnarvon x 06/09/1875 met Martha Jacoba WIESE, geb. 1857, d.v. Stephanus Christiaan Wese en Anna Magdalena Cornelia Human.

Franciscus Hendricus was die seun van Franciscus Hendricus van der Westhuizen en Martha Jacoba Steenkamp.


Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1912.

Woon Carelsgraf , dist. Carnarvon.

Die pad tussen Carnarvon en Prieska kronkel vir 165 km tussen plase deur, oor heuwels en deur droë rivierlope. Nietemin is dit ‘n pad met pragtige omgewingstonele, veral na reën, wanneer die area lower groen is met sy tipiese tafelkoppies. Damme is skielik vol water en ook vol interessante voëls. Mense hier is vriendelik en gulhartig, bly om ander mense te sien en te gesels. Dit is ‘n pad met interessante plaasname waaroor jy net kan gis soos Minaskolk, Olifantskop, Salem, Renosterkolk, Carelsgraf, Constantia, Buffelboud en Geelbospan. Carelsgraf het ontstaan toe Carel Kruger en sy broer gedurende 1783 in die omgewing was. Carel het gedurende 1791 ‘n olifant in die omgewing gekwes en die olifant het hom dood getrap waarna hy hier begrawe is. Die gronddamme en panne langs die pad is die interessante plekke na die reëns. Dit bly nog altyd ‘n raaisel hoe watervoëls so vinnig uitvind van ‘n dam wat water kry nadat die dam vir maande of selfs jare leeg was. Sulke damme en panne is naby die plase Olifantskop, Soutpan, Carelsgraf en Constantia. - Japie Claassen (http://www.karoobirdingsafaris.com/trip-reports/archives/10-2013/2)