g.4. Marthinus Christoffel VAN DER WESTHUIZEN, geb. 11/08/1879

g.4.  Marthinus Christoffel, geb. 11/08/1879 Spinnekop, dist. Magaliesburg, oorl. 14/06/1970, Bothaville, begr. Kroonstad x 13/10/1903, Doornpan, dist. Bothaville met Maria Magdalena Jacoba ROSSOUW, geb. 22/01/1884, Doornpan dist. Bothaville, oorl. 09/09/1968, Kroonstad, d.v. Francois Petrus Rossouw en Elizabeth Catharine Wallis.

Marthinus Christoffel was die seun van Nicolaas Georg van der Westhuizen en Johanna Maria Elizabeth Janse van Rensburg.


Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1900.
(https://www.wikitree.com/photo.php/a/a9/Van_der_Westhuizen-190.jpg)

Met hulle huwelik was hy ‘n 25 jarige jongman en Battery driver van Klerksdorp en sy ‘n 20 jarige jongmeisie van Deelfontein, Bothaville.

League of Veterans

Surname
van der Westhuizen
Name
Marthinus Christoffel
Date Birth
11.8.1870
Residence
Klerksdorp, Tvl
Name Last Officer
Veldt F. Roos
Weapon
Jan-00
When Killed
Widow Veteran
Branch
Kroonstad
Notes
Ref ID
13421

‘n Groot geheim en legende in die van der Westhuizen /Rossouw familie en n oorlewings storie soos min gedurende die oorlog.

‘n Groep Tswana en Britse soldate het by die plaas Fraaieuitzicht opgedaag, om die ouma, haar dogters en kleindogters dogters gevange te neem. Gr. ouma Rossouw (geb. Wallis), kon Tswana verstaan en het met skok gehoor wat die bedoeling was met haar kleindogters.  Die Engelse Offisiere het n emmer met eiers op die tafel gesien waar die kinders dit neergesit het. Geëis dat hulle ontbyt vir hulle maak.  G.ouma het dit gedoen en liberaal een of ander gifstof oor die eiers met gebraaide tamatie gestrooi...ek wonder net wat se
gif, my ouma kon nie onthou nie, maar dit was genoeg om verskriklike maagpyne/ naarheid ens. te versoorsaak, gaan die storie en die uiteinde was 3 dood van die groep....Die ander was te siek om die vrouens en kinders iets aan te doen, en dit het geleenthied gegee vir die groep van 3 vrouens en ses dogters een seun om hul besittings in die bokkie kraal te begrawe, silwer en porselein en juwele...en veld in te vlug. Hulle is op die ou einde gevang, en in die konsentrasie kamp in Kroonstad gesit, maar het nooit weer iets gehoor van die siek en dooie soldate wat agtergelaat is nie... Na die oorlog is hulle terug plaas toe, minus 3 dogters, my ouma het die storie aan ons oorvertel, sy was een van die dogters wat oorleef het, sy glo dat die grafte onder by die dam, waar die volk hul begraafplaas gehad het, dalk die begraafplaas geword het van die soldate.... daar was, en is, ongemerkte grafte, so niemand kon ooit die storie bevestig nie, behalwe ouma en haar broer en susters, wie almal dit oorvertel het by verskeie geleenthede. Hulle het hul besittings weer opgegrawe, maar grgr oupas Wallis James Robert (74)  en Rossouw en van der Westhuizen is almal dood in die oorlog, en vrouens en jong seuns moes toe maar weer opstaan uit die ellende en n lewe begin maak. Later het oupa Nicolaas Georg van der Westhuizen se een broer en van sy ander oorlewende broers se seuns ook daar kom boer en so het hulle dus ooleef, en redelike sukses behaal. My eie oupa Marthinus Christoffel was n jong rapportryer en het ook teruggekeer en met ouma Maria Magdalena Rossouw getrou na die oorlog... Hule het almal van diewelfde omgewing gekom, en ek het die storie uit verskeie bronne gehoor.
Ek is gelukkig om een van die stukke wat so begrawe was in my besit te he., n swaar groot silwer soplepel, my suster het porselein bakke ens., wat my ma geërf het.  Elk van die dogters het so n geskiedkundige stukke gekry...
Isebelle Krauss

eGGSA library Gravestones in South Africa Free State : Vrystaat Free State, KROONSTAD, Urban area Free State, KROONSTAD, Wespark, Main cemetery W - Surnames :: Vanne - W We - Surnames starting with the letters We WESTHUIZEN Marthinus C., van der 1878-1970 & Maria M.J. ROSSOUW 1884-1968