g.4. Johannes Benjamin VAN DER WESTHUIZEN, geb. 18/02/1863, ged. 05/04/1863

g.4.  Johannes Benjamin, geb. geb. 18/02/1863, ged. 05/04/1863, Victoria-Wes, oorl. 22/10/1951, Carnarvon x 22/09/1884, Victoria Wes met Johannes Benjamin STEENKAMP, geb. 29/05/1867, Bosjesfontein, dist. Victoria-Wes, oorl. 29/11/1896, Carelsgraf, Carnarvon, d.v. Johannes Benjamin Steenkamp en Hendrika Christina Barnard xx 23/04/1906, Vosburg, Victoria Wes met Isabella Aletta STEENKAMP, geb. 04/05/1882, ged. 09/07/1882, Victoria-Wes, oorl. 1963, Carnarvon, d.v. Daniel Benjamin Steenkamp en Maria Catharina Swanepoel.

Johannes Benjamin was die seun van Franciscus Hendricus van der Westhuizen en Martha Jacoba Steenkamp.


Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1912.

Volgens sy sterfkennis woon hulle by Van der Merwestraat, Carnarvon.

 


https://www.geni.com/people/Johannes-Benjamin-van-der-Westhuizen/6000000027451037159


https://www.geni.com/people/Isabella-Aletta-Steenkamp/6000000039125531236










Die pad tussen Carnarvon en Prieska kronkel vir 165 km tussen plase deur, oor heuwels en deur droë rivierlope. Nietemin is dit ‘n pad met pragtige omgewingstonele, veral na reën, wanneer die area lower groen is met sy tipiese tafelkoppies. Damme is skielik vol water en ook vol interessante voëls. Mense hier is vriendelik en gulhartig, bly om ander mense te sien en te gesels. Dit is ‘n pad met interessante plaasname waaroor jy net kan gis soos Minaskolk, Olifantskop, Salem, Renosterkolk, Carelsgraf, Constantia, Buffelboud en Geelbospan. Carelsgraf het ontstaan toe Carel Kruger en sy broer gedurende 1783 in die omgewing was. Carel het gedurende 1791 ‘n olifant in die omgewing gekwes en die olifant het hom dood getrap waarna hy hier begrawe is. Die gronddamme en panne langs die pad is die interessante plekke na die reëns. Dit bly nog altyd ‘n raaisel hoe watervoëls so vinnig uitvind van ‘n dam wat water kry nadat die dam vir maande of selfs jare leeg was. Sulke damme en panne is naby die plase Olifantskop, Soutpan, Carelsgraf en Constantia. - Japie Claassen (http://www.karoobirdingsafaris.com/trip-reports/archives/10-2013/2)

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, CARNARVON, Urban area Northern Cape, CARNARVON, Main cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN Johannes Benjamin, van der 1863-1951 & Isabella Aletta STEENKAMP 1882-1963