1. Alice NELSON, geb. 17/04/1908

Alice,  geb. 17/04/1908,  oorl. 29/12/1980,  Rhodesia, trou 1927, Preston Methodist,  Ribbleton  Ave, Lancashire met Joseph Edwin (Ted) WORTLEY, geb. 24/05/1905,  Southport, dist. Ormskirk, county Lancashire, Engeland, oorl. 12/02/1956, Salisbury, General hospital, Rhodesia, begr., Greendale cemetery, s.v. Cyrus Wortley en Mary Beresford xx 1960 met John BURDETT, geb. 23/01/1902.

Kinders:


0.1.  Harry Beresford WORTLEY, geb. 31/10/1932 Stockport, Lancashire Engeland.

o.2.  Cynthia Mary WORTLEY, geb. 16/06/1938, Stockport, Lancashire, Engeland,

Alice se van was defnitief Nelson, aangesien dit so op haar huweliksinskrywing, sowel as op Harry se geboortesertifikaat so voorkom.  Haar naam word egter as Johnson aangegee op Cynthia se gebooresertifikaat.  Vernon Appleton het voor sy dood gesê dat sy ma Elizabeth (Alice se suster) se nooiensvan Johnson was.  Tot op hede kon ek nog nie uitklaring kry oor die verskil in die vanne van die twee susters nie, ook nie waarom Alice later die Johnson van as haar nooiensvan gebruik het nie.  Dit is moontlik dat Alice se moeder ongetroud was toe sy gebore was en dat haar ma daarna met Johnson getroud is, voordat haar suster Elizabeth gebore is.


Cynthia saam met haar ma Alice
Regs bo:  Harry Wortley 
Regs onder:  Joseph Edwin Wortley

Alice (Nelson) Wortley