d.11. Johannes Gijsbert VAN DER WESTHUIZEN, ged. 03/04/1796

d.11.  Johannes Gijsbert, ged. 03/04/1796, Kersefontein Malmesbury, oorl. 19/05/1895, Vondeling, Piquetberg x 05/04/1818 met Johanna Maria SMIT, ged. 02/10/1803, oorl. 1872, d.v. Johannes Nicolaas Smit (veldkornet van agter Piketberg) en Johanna (Anna) Jacoba Kotze.

Johannes Gijsbert was die seun van Gysbert van der Westhuizen en Catharina Wilhelmina van Schalkwyk.


Johannis Gijsbert
Baptised: 1796, 3 April 1796
Father: Gijsbert VAN DER WESTHUIJSE
Mother: Catarina Helena VAN SCHALKWIJK
Witnesses: Johannis Louw Albertus zoon, Jacomina van Schalkwijk , [Gijs] van der Westhuijse Gijsb: zo[on]
Additional notes: Gebooren den 4 Maart
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), . ucfirst(baptism) register, 1783-1809, page 113. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G5 3/3. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape Archives VC 667

Klein-Klipfontein is aan Johannes Nicolaas Smit op 21/11/1831 toegeken.  Die aankoop van die plaas het nie beteken dat J.N. Smit daarheen verhuis het nie.  Waarskynlik het hy sy skoonseun Johannes Gysbert van der Westhuizen as deelsaaier en opsigter daar geplaas, totdat sy seun die boerdery vir hom kon kom bestuur.  Na ‘n verblyf van 26 jaar op Driefontein het J.N. Smit teen die einde van 1831 na Banghoek in die Bosjesmanskloof verhuis. Sy skoonseun J.G. van der Westhuizen het daarop die plaas Driefontein oorgeneem en op 28/02/1839 is dit aan hom in erfpag toegeken teen 2 pond 11s. 4d. per jaar.  (Smit:  Boerepioniers van die Sandveld)

(https://www.wikitree.com/photo.php/2/2d/Van_der_Westhuizen-1042.jpg)