d.6. Pieter Johannes VAN DER WESTHUIZEN, ged. 04/02/1781

d.6.  Pieter Johannes, ged. 04/02/1781, Stellenbosch, oorl. 17/07/1862, Stellenbosch x 21/04/1805, huwelikshof, Kaapstad met Anna Maria Magdalena BASSON, ged. 04/06/1786, oorl. 05/10/1844, Calles, Keesenbosch, Swartland, d.v. Arnoldus Basson en Sara van Schalkwyk xx 17/03/1845, Moorreesburg met Maria Magdalena Jacoba LA COCK.

Pieter Johannes was die seun van Johannes van der Westhizen en Martha Margaretha van Schalkwyk.

Pieter Johannes
Baptised: 1781, 8 Febr: 1781
Father: Johannes VAN DE WESTHUIZEN
Mother: Marta Margareta VAN SCHALKWIJK
Witnesses: Johannes Mostert de oude en zijne vrouw Anna van de Westhuizen en Pieter Mostert en zijne vrouw Susanna Engela Basson
Additional notes: Geboren den 21 Jan:
EGGSA: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), Baptism register, 1745-1782, page 139. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G5 3/2. Note: Folios 13 and 14, two sides of one page, are almost certainly missing between the current pages numbered 12 and 13 - dates covered would be late August 1751 to early June 1752.. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape Archives VC 666

DIE PLAAS KLIPVLEI

Die plaas Klipvlei was eers bekend as Kreefbaai en is later onderverdeel in Klipvlei, Kalkrug, Prospect Hill en Middelpos. Die eerste keer wat daar van Klipvlei melding gemaak word is op die sterftekennis van Frederik Albertus Sadie. Dit blyk dat hy as kieser geregistreer is in 1878 met sy adres as Klipvlei. Hy moes dus die eienaar van die plaas gewees het. Hy is ook in die plaaskerkhof op die plaas begrawe. Frederik Albertus Sadie, se jongste dogter Jacomina Wilhelmina Sadie was met Willem P. J. van der Westhuizen getroud.  Sy seun Coenraad Hendrik Sadie is ook met 'n Van der Westhuizen getroud. (http://www.sadie-james.co.za/sadies.htm)

Die ou plaashuise op Klipvlei
(http://www.sadie-james.co.za/sadies.htm)

Die plaas Klipvlei, Malmesbury was eers as Kreefbaai bekend en het in vroeë 1800 aan ene Pieter Johannes van der Westhuizen behoort.  Hulle het verbintenis met die Sadie familie.
(http://www.sadie-james.co.za/sadies.htm)