e.1. Louis NEL, ged. 21/05/1780

e.1.  Louis, ged. 21/05/1780, burger te Stellenbosch x 15/03/1801, Kaapstad met Gesina Maria Beatrix OLIVIER, ged. 30/01/1785, d.v. Gerrit Cornelis Olivier en Anna Margaretha Nieuwoudt.

Louis was die seun van Gabriël Nel en Johanna le Grange.

Lowies
Baptised: 21 May 1780
Father: Gabriel NEL
Mother: Hanna LAGRANSIE
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Drakenstein, Baptism register, 1775-1785, page 66, entry number 5. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G3 3/3. Image 457 on FamilySearch film no. 008120997. Note: Witness names not transcribed 1775-1785.. Transcribed by Cornel Viljoen, from LDS film 008120997

Louis Nel het noord van die Swartberge (nou bekend as Prins Albert) gewoon. Weens die onbestendige toestande aan die oosgrens van die Kaapkolonie, het hy en sy gesin saam met Piet Uys aan die Groot Trek van 1837 deelgeneem.  Piet Uys word beskryf as 'n kort en stewig geboude man met blou oë en blonde hare en 'n dik baard.  Hy het 'n aangename geaardheid gehad en het op almal 'n goeie indruk gemaak. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 
Uys het reëlings begin tref om te trek en gedurende Oktober 1836 sy plaas verkoop. Die familie het van hul bates gelikwideer of eenvoudig weggegee en wat hulle kon saamneem op waens gelaai. In April 1837 het die familie, ongeveer 100 lede, van wie almal of bloedverwant of aangetroud was, onder leierskap van die patriarg Jacobus Johannes Uys, vanuit Uitenhage vertrek.  Piet Uys en sy geselskap het 'n houding van onafhanklikheid ingeneem teenoor die Trekkers wat hul vooruitgegaan het. Met die groep se aankoms op 29 Junie 1837 by die Vereenigde Laers, het hulle gevind dat 'n basiese kode van wetgewing reeds uiteengesit was in die Nege Artikels, wat onbetwisbaar die gesag van Piet Retief en Gerrit Maritz oor al die Trekkers vasgestel het.  Piet Uys het botweg geweier om hom by hierdie reëls neer te lê en verklaar dat 'n geskikte grondwet deur demokratiese verkose leiers opgestel sou word, sodra die Trek agter die rug is.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Louis Jacobus Nel se trek:  Benewens die familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het 

I. Louis Jacobus Net met sy vrou Johanna Margaretha Botha. 
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders. 
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders. 
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders. 
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders. 8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud. 
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud. 
II. Christoffel Jacobus Hercules,137 agsteseun, 'n baba van twee jaar in 1837. 
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders. Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha. Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud. Hulle was dus dubbele swaers. 
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel. 14. Louis Nel, Gabriel seun, en sy vrou Gesina Maria 8eatrix Olivier, met minstens ses kinders. Hierdie Louis Nel was'n neef van ons Voortrekker L.J. Nel. In Oos-Rietrivier het hulle naby mekaar gewoon. Verder was die Louis Nel se oudste dogter, Anna Johanna, weer getroud met die oudste seun (Philip Rudolph) van Louis Jacobus se suster soos by nr. 12 hierbo genoem. Anna Johanna Nel en Philip Rudolph Botha was die grootouers van genl. Louis Botha.

(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
'n Aantal kleiner Trek-groepe het mettertyd by die Uys-geselskap aangesluit, soos die de Jagers, Moolmans, Venters en Louis Nel en sy familie. Sy vrou, Gesina Maria Beatrix Olivier, was die onderwyseres van die groep.  Sodra daar 'n kans was, het sy haar tent laat opslaan, die kinders van die laer bymekaar gemaak en hulle gesange versies en bybel tekste geleer. Sy het hulle ook gedigte van die Nederlandse digter, Van Alphin, geleer. Later in Pietermaritzburg was Piet Joubert een van haar leerlinge.  Die Uys-geselskap het nou uit 165 lede bestaan.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 
Op 9 September 1837 het Retief aangekondig dat verkenners, wat hy uitgestuur het, ten minste vyf passe deur die Drakensberge na Natal gevind het.  'n Vergadering van al die Trekkers is op 13 September 1837 by Tafelkop belê.  Op daardie stadium het Uys sy besorgdheid oor die Trekkers se veiligheid uitgespreek en Retief gewaarsku dat toestande hom onrustig stem.  Na afloop van die vergadering op 13 September 1837 het een van die Trekkers agter Piet Uys aangeroep: "Hoe sal dit dan met die reis gaan?"  Piet se antwoord het hulle nie aangestaan nie. "Elkeen volg sy eie pad; hierdie groep voor, ander op die flank, niemand sal die agterhoede wees nie."  Sover dit hom aangegaan het, sou die trekparty wat Natal eerste bereik, geensins meer aanspraak op die land hê as diegene wat volg nie — soos hy nou inderdaad verplig mag wees om te doen.  Uys en Potgieter het daarin geslaag om die Matabeles voor hulle van die Vrystaat tot by die huidige Gaberones in Botswana uit te dryf.   Die Trekkers het aanspraak gemaak op die gebied wat Mzilikazi se ryk uit bestaan het, vanaf Noord-Vrystaat tot by die Limpopo in die noorde en tot die Kalahari in die weste, en hierdie gebied oopgestel vir toekomstige vreedsame ontwikkeling.  Toe die kommando na die Trekker-hoofkampe by die Sandrivier terugkeer, het hulle die kampe verlate aangetref.  Piet Uys was veral ontstoke, omdat hy vasbeslote was om hom in Natal te vestig en Retief hom ondertussen op 'n baie onbillike wyse voorgespring het.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Vrydag 15 Desember 1837 het Andries Pretorius met 'n groep by Retief se laer opgedaag. Saam met hulle was Piet Uys. Piet het moontlik besluit om self eers sake in Natal te kom deurkyk, alvorens hy sy geselskap die gevaarlike bergpasse aflei.  Uys het op 21 Desember 1837 vertrek om sy geselskap in die Vrystaat te gaan haal.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Die Voortrekkers het die Republiek van Natalia uitgeroep en Pietermaritzburg in 1838 gestig. Die naam is ontleen aan die drie voormanne Piet Retief, Piet Uys en Gert Maritz.  Sommige families het na Umlaas, Pinetown en die Baai verhuis. Dit was meestal mense van die kolonie wat naby die see gaan woon het. Hulle het in klein groepies gewoon en nadat die mag van Dingane gebreek was, het die regering plase aan gesinne toegeken. Meer mense het oor die land versprei, hoewel vir veiligheidshalwe naby mekaar gebly.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)