f.2. Christina Maria Magdalena VAN DER WESTHUIZEN, geb.c. 1833

f.2.  Christina Maria Magdalena, geb. c. 1833, oorl. 15/03/1902, Mooirivier x 25/06/1849, Pietermaritzburg, Natal met Louis Gustavus TRICHARD, geb. 02/04/1827, oorl. 05/06/1891, Pietermaritzburg, s.v. Louis Trichard en Martha Elizabeth Susanna Bouwer.

Christina Maria Magdalena was die dogter van Johannes van der Westhuizen en Anna Susanna Naude.


Haar naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1871.

(https://www.geni.com/people/Christina-Maria-Magdalena-van-der-Westhuizen/6000000023875324971)

Louis Gustavus Tregardt 11/11/1826 - 5/6/1892 was die jongste seun van die bekende Voortrekkerleier en dagboeksrywer, Louis Tregardt en Martha Susanna Bouwer. Sy van word as Triegaardt op sy grafsteen aangegee. Louis verlaat op 9 jarige ouderdom in September 1835 saam met sy pa van die plase Plathuis en Elizabeth, wyk Oos-Rietrivier, Somerset in die Kaap na die binneland. Tydens die verblyf in Delgoabaai tref malaria die geselskap en albei sy ouers sterf. Louis vertrek met die skip Mazeppa na Port Natal as 12 jarige. JH de Lange - Jan Dons - is as agent aangestel om na die jonger kinders, Petrus Frederik, Louis Gustavus en Anna Elizabeth om te sien. In 1841 stel landros Boshoff, Willem Adriaan van Aardt en die oudste seun Carolus Tregardt aan as gesamentlike voogde van die kinders. Carolus vertrek egter met sy vrou en kinders na die Transvaal. Louis Gustavus is toe deur sy oom Willem van Aardt in Pietermaritzburg grootgemaak. (Eksteen, Louis J.:  Voortrekkerbegraafplaas)

Met hulle huwelik was hy ‘n 22 jarige jongman en sy ‘n 17 jarige jongedogter van Pietermaritzburg.

Uit die huwelik met Tregardt is agt kinders gebore. 'n Jaar na die Tregardt se afsterwe in 1892 woon sy in Boshoffstraat 174, Pietermaritzburg.  (Eksteen, Louis J.:  Voortrekkerbegraafplaas)

Kinders:

g.1.  Anna Susanna TRICHARD, geb. 21/05/1850, Pietermaritzburg

g.2.  Martha Elizabeth TRICHARD, geb.  09/04/1852, Pietermaritzburg

g.3.  Louis Gustavus TRICHARD, geb. 1854

g.4.  Christina Maria Magdalena TRICHARD, geb. 06/02/1857, Pietermaritzburg x 26/04/1875, Weenen met Jacobus Wilhelmus Snyman, geb. 20/10/1854, ged. 28/11/1854, Ladysmith xx Boshoff.

g.5.  Martha Susanna TRICHARD, geb.  09/08/1861 x Maritz

g.6.  Johannes Petrus TRICHARD, geb. 1863

g.7.  Louisa Dorothea TRICHARD, geb.  08/05/1870 x Nel

g.8.  Carolus Johannes TRICHARD, geb.  11/09/1872