f.4. Wietsche VAN DER WESTHUIZEN, geb. 25/04/1829, ged. 17/05/1829

f.4.  Wietsche, geb. 25/04/1829, ged. 17/05/1829 Beaufort-Wes, oorl. 17/04/1898, dist. Ladybrand x 19/02/1855, Victoria-Wes met Mary Ann Cowan (Gavin) BAIRD, geb. 01/10/1838, ged. 09/12/1838, Beaufort-Wes, d.v. Sir John Martin Baird en Anna Susanna Elizabeth de Klerk.

Wietsche was die seun van Johannes van der Westhuizen en Sara Margaretha Magdalena Roets.

DG:  Francois Hendrik van der Westhuizen;  Elizabeth Catharina / Roets;  Gert Andries van der Westhuizen;  Johanna Catharina Erasmus.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1853.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1887.

Nadat die Kaap vir die 2de keer deur Engeland geannekseer is in 1806 onder aanvoering van Sir David Baird ('n neef van John Baird), het John Baird aanvanklik as 'n vaandrig in die Kaapse regiment diens gedoen tot die korps in 1818 kleiner gemaak is. Daarna is hy aangestel as assistent vir dr. Robert Hart om Somerset Farm te bestuur. Die plaas is deur Lord Somerset aangeskaf om voedsel aan die soldate op die Oosgrens te verskaf.  Hier het John se administratiewe talente na vore gekom en is hy kort daarna aangestel as adjunk-landdros van Beaufort-Wes.  Hy het later as volle landdros diens gedoen.  Beaufort het voorheen bekend gestaan as "Hooyvlakte", die plaas van Abraham de Clercq. John het in Desember 1818 die plaaswoning wat deur Abraham de Clercq se vader gebou is betrek, na die plaas deur die Britse regering opgekoop is. John het op 18 November 1822 op Beaufort met Anna Susanna de Klerk, 'n jong dogter uit die distrik in die huwelik getree en ook lidmaat geword van die NG Kerk. (https://www.geni.com/people/John-Baird-SV-PROG/6000000008496376669)