f.4. Hendrik Schalk VAN DER WESTHUIZEN, geb. 15/01/1847, ged. 04/04/1847

f.4.  Hendrik Schalk, geb. 15/01/1847, ged. 04/04/1847, De Hoop, oorl. 11/06/1919 x 09/03/1868 met Piketberg met Catharina Helena SMIT, geb. 1849, Papkuilsvlei, dist. Piketberg, oorl. 10/08/1917, Klein Klipfontein, Piketberg, d.v. Nicolaas Johannes Frederik Smit en Johanna Adriana Catharina Coetzee.

Hendrik Schalk was die seun van Barend Nicolaas van der Westhuizen en Johanna Catharina Burger.


Uit hulle ma se sterfkennis van 1889:

WESTHUIZEN Johanna Cathrina Maria VAN DER nee BURGER, 1889, MOOC 6-9-268, 867 (https://documents-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=231951)

Woon Klein Klipfontein, Piketberg.

Die dorpie Aurora is in 1866 as 'n kerksentrum op die plaas Rietvlei gevestig, maar die huidige kerk is in 1908 voltooi. Klein-Klipfontein, is geleë teen Klein-Tafelberg, ongeveer 20 km van Aurora op pad na Elandsbaai.

Behalwe die kneg, Jan F. Smit, was daar die volgende Blanke plaasarbeiders op Klein-Klipfontein in diens: Ou oom Hendrik Schalk van der Westhuizen (in vroeër jare een van die aantal Van der Westhuizen-eienaars van Diepkuil) met vyf van sy seuns, naamlik Klaas, Hendrik, Koos (al drie reeds getroud) en Jaap sowel as die jongste seun Dirk wat op Klipfontein gebore is. Ou Hendrik van der Westhuizen het soos vroeër met sy werk as perde- en Muileversorger voortgegaan. (Smit: Boerepioniers van die Sandveld)

Noem H.S. as haar man.  Hy was dus steeds lewend met haar dood.