h.1. Carel Jacobus NEL, geb. 06/04/1890

h.1.  Carel Jacobus, geb. 06/04/1890, Piketberg, oorl. 05/12/1983 x 19/02/1924 met Aletta Magdalena PRETORIUS, geb. 11/04/1904, oorl. 13/08/1964, d.v. Daniël Pieter Pretorius en Margaretha van der Merwe.  Komponis en onderwyser

Carel Jacobus was die seun van Lourens Francois Nel en Herculina Johanna van der Merwe.


Uit hulle ma se sterfkennis van 1917:

FAMILYSEARCH


Charles Nel is op Piketberg gebore, waar sy vader hoof van die skool was. Sy vader was baie musikaal en lief vir musiek en hy het sy liefde vir musiek van sy vader geërf.  Die eerste sewe jaar van sy lewe het hy op Piketberg deurgebring. Nadat hy op Riebeeck-Wes matrikuleer, volg by 'n musiekloopbaan en studeer verder aan die Konservatorium op Worcester, onder prof P K de Villiers.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

In Desember 1910 is Charles na die Buiteland vir verdere studie. Hy keer aan die einde van 1915 terug na Suid-Afrika en saam met die sangeres Lilian de Wet, wat aan die Royal Academy of Music studeer het, en sy broer, Jack Nel, stig hulle in 1916 'n musiekskool op Ermelo. Charles word ook huisvader van die seunskoshuis, Nelstehuis, waar die skryfster, M. E. Rothmann, ook ingewoon het. Die verbintenis met M. E. .R het daartoe gelei dat hy in 1921 die musiek vir haar sangspel, Die Mieliedogter, geskryf het. Hierna het by ook in 1922 Jan Celliers se gedigte, Wiegelied en Terugkeer, getoonset.  Dit is die enigste toonsettings wat gepubliseer is. Aanvanklik het dit goed met die musiekskool gegaan, maar die wurggreep van die na-oorlogse depressie van die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918), het sake begin versleg. Baie ouers kon nie weer die musiekfooie bybring nie en Charles moes na sewe jaar die stryd, in 1923 gewonne gee en die musiekskool gesluit. Sy broer Jack het veeboer in die Laeveld geword.  Lilian de Wet is na Robertson, waar sy haar invalide moeder gaan versorg het.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Charles studeer hierna verder aan die Onderwyskolleg op Ermelo vir 'n onderwysdiploma en word onderwyser op 'n plaasskool, Rietspruitskool, geleë op die Uitkykpad, suidoos van Nelspruit. Daarna is hy verbonde aan die Laerskool Witrivier. Die hoof was F. Davey en die ander personeellede was Willem Jacobus Swanepoel en mej Tracey.  Witrivier was aanvanldik deur 'White River Estates' geadministreer en het op 29 Oktober 1932 'n gesondheidskomitee gekry, met kolonel R. Campbell Ross as die eerste voorsitter. Die lede van hierdie komitee was Charles Nel, Edger Sidney Langdon Ostler en Willem Jacobus Swanepoel. Charles was voorsitter van die komitee in 1936 'n Straat in Witrivier is na horn vernoem. Die status van die Gesondheidskomitee is op 17 Augustus 1937 na 'n Dorpsraad (Village Council) verhoog met Campbell Ross as voorsitter en Charles Nel, onder-voorsitter, Willem Jacobus Swanepoel, Findley McNair Jackson, plaasboer, Alfred Benjamin Cornwell, eienaar van die motorhawe, en Edger Sidney Langdon Ostler, 'n sakeman, as lede. Walter Ormsby Scott was die sekretaris van die Gesondheidskomitee en as die eerste stadsklerk van die Dorpsraad in 1937 aangestel.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Charles Nel het in 1940 hoof van die Indiër skool op Nelspruit geword.  In 1952 het sy jongste dogter, Linda, op die ouderdom van 9 jaar, polio opgedoen en die gebruik van haar twee bene verloor.. Charles het die onderwys bedank en na Pretoria verhuis sodat sy mediese behandeling kon ontvang.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Na sy aftrede het sy skeppingsdrang herontwaak en het hy aan die werk gespring om vroeë werke te hersien en nuwe toonsettings op Afrikaanse woorde te komponeer. So het 'n trilogie gevolg, gebaseer op die Anglo-Boereoorlog, naamlik Die Kampsuster, Treurlied en Dis Al. Van die Kampsuster en Dis Al het hy self gesê dat dit 'n heel nuwe benadering tot en vertolking van die twee gedigte was, wat radikaal van sy eerste pogings verskil het.  In 1980 het die Afrikaanse Skrywerskring 'n huldigingsaand gehou, by welke geleentheid gedigte van Nel voorgelees en van sy toonsettings uitgevoer is. 'n Prys vir `besondere verdienste aan die Afrikaanse kultuurlewe' is deur die Afrikaanse Letterkundige Vereniging aan hom oorhandig.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Hy het in Pretoria tot sy dood, in 1983, gewoon.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

CHARLES NEL STREET
Carel Jacobus Nel (1890-1983)

He was a member of the first White River Health Committee elected 29 October 1932 and elected the first deputy mayor when the town became a Village Council on 17 August 1937. Charles became a teacher at White River primary school when F Davey was the head master. The other teachers were: Willem Jacobus Swanepoel and Miss Tracey. Charles left White River in 1940 to become the head master of the Indian School in Nelspruit. He died in Pretoria in 1983.

(https://www.northcoastcourier.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2015/05/NEWSLETTER-160.pdf)