h.1. Gideon Christiaan Albertus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 25/07/1901

h.1.  Gideon Christiaan Albertus, geb. 25/07/1901, Mvera, Malawi, oorl. 29/06/1983, Bloemfontein x 01/03/1932, Stellenbosch met Hester Maria Jacoba MOSTERT, oorl. Soedan xx  Mkar, Noord-Nigerië met Anna Maria Magdalena VAN DER WALT, geb. 16/06/1903, dist. Theunissen, oorl. 30/06/2001, Bloemfontein

Gideon Christiaan Albertus was die seun van Albertus Wynand Gideon van der Westhuizen en Hester Brink.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1928.

GCA = medikus. AMMVDW = vroetvrou.

Volgens sy sterfkennis is HMJM in Nigerië oorlede.

Van der Westhuijzen, Gideon Christian Albertus geb. 25 Jul. 1901, oorl. 29 Jul. 1983
Dr Gideon Christian Albertus Van Der Westhuijzen (25.7.1901-29.7.1983); bekende geneesheer van die Kaapse Soedansending en ander velde, is na ʼn ryk en kleurvolle lewe skielik in Bloemfontein oorlede. Hy is as seun van die baanbreker sendingboer en -ambagsman, Albert W G van der Westhuizen, en sy vrou op Mvera in Njassaland (Malawi) gebore. Toe hy as 12-jarige daar in ʼn geweerongeluk ʼn deel van sy regtervoet verloor, doen hy die gelofte dat hy, as hy herstel, hom as sendingdokter sou bekwaam. Toe hy later op Stellenbosch sy MSc in Dierkunde neem, hou wyle prof Con de Villiers by hom aan dat hy vir ʼn doktorsgraad Italië toe moet gaan om dan as dosent Stellenbosch toe terug te kom, dog hy bly by sy belofte, voltooi sy mediese studie aan die Universiteit Kaapstad en bied hom vir werk in Njassaland aan. Daar is egter geen opening nie en so lei die Here hom na Tivland in Noord-Nigerië waar die geleentheid hom aangebied word toe dr Izak le Roux se plek op Kunav, na sy vertrek na Mkar in 1930, na twee jaar nog nie gevul is nie. In 1932 gaan die jong dokter dusdaarheen. Intussen word daar op Kunav ook ʼn klein hospitaal gebou. Toe dr Le Roux die veld in 1936 verlaat, word dr Van der Westhuijzen na Mkar verplaas en daar werk hy ten spyte van die primitiewe geriewe en dikwels onder die baie moeilike omstandighede van daardie tyd, gelukkig voort tot 1941 toe hy en sy gesin gedurende die Tweede Wêreldoorlog na Suid-Afrika terugkeer. Toe dr Tommie Steyn van Masjonaland met verlof na die Suide wil kom, word dr Van der Westhuijzen gevra om hom te gaan aflos en so werk hy toe vir ʼn tyd met besondere vreugde en vrug op Morgenster. Sy innige verlange om ʼn keer na sy geboorteland te gaan, word vervul toe hy vir tien maande dr Renaldo Retief se plek op Nkhoma gaan neem. Volgens belofte keer hy later na Masjonaland terug en daar bou hy op Gutu die mediese werk van onder af weer op, totdat hy en sy gesin in 1950 vir goed na die Unie terugkom. Hierna praktiseer hy op verskeie plekke en van 1960 af werk hy 18 vrugbare jare as geneesheer in die Weseinde-Hospitaal vir teringpasiënte by Kimberley. Getrou aan sy oorspronklike sendingroeping, arbei hy hier ook onder die pasiënte sowel as onder gevangenes. In Bloemfontein waar hulle na sy aftrede gaan woon, bied hy weer sy dienste vir arbeid in die gevangenis aan en daar lei hy gereeld die Sondagoggenddienste. Hy was ʼn man met ʼn sonnige geaardheid wat as troue volgeling van sy Heiland vir God en sy gebod geleef het. In sy vaste standpunt oor sy godsdiens kon niemand hom beinvloed nie – sy Bybel was sy enigste toevlug. Daarby was die gebed vir hom ʼn uiterste noodsaaklikheid in die lewe. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/van-der-westhuijzen-gideon-christiaan-albertus/)

Gideon C. A. Van Der Westhuizen 25 Jul 1901 - 29 Jun 1983 Bloemfontein, Memoriam Rd Cemetery, Bloemfontein OVS  (https://cs.billiongraves.com/grave/Gideon-C-A-Van-Der-Westhuizen/27657340)