i.5. Herculina Johanna NEL, geb. 05/02/1940

i.5.  Herculina Johanna (Linda), geb. 05/02/1940, Nelspruit, oorl. 09/07/2015, Würzburg x 1970 met Reinhold LOHO,  geb. 20/10/1942, Nikolsburg/Tsjeggo-Slowakye, Deutches Reich, onderwyser, s.v. Hironymus Loho en Angela Engel.

Herculina Johanna was die dogter van Carel Jacobus Nel en Aletta Magdalena Pretorius.


Kinders:


j.1.  Etienne LOHO, geb. 18/10/1973 x Henriette Anna Godulla, geb. 25/07/1973, Ratibor/Pole.


Linda het 'n besonderse musiektalent geopenbaar.  Sy het op 9 jaar polio opgedoen en die gebruik van haar bene verloor.  Sy het onder moeilike omstandighede gematrikuleer en haar opleiding in viool, onder leiding van Erwin Broedrich, begin.  Na haar finale eksamen het sy in Munchen, onder prof. Endres en te Wursburg onder prof. Holscher studeer.  Sy woon in die buiteland.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)