g.3. Gerhardus (Gert) Jacobus Rudolph NEL, geb. 23/06/1844

g.3.  Gerhardus (Gert) Jacobus Rudolph, geb. 23/06/1844, Umvoti, Natal, oorl. 15/10/1932, Carolina x c. 1869, Marthinus Wesselstroom (nee Wakkerstroom) met Maria Frederika Magdalena COMBRINK, oorl. 07/05/1876, Kroghoogte, d.v. Frederik Combrink en Maria Elizabeth Magdalena van Rooyen xx 08/04/1877 met Christina Catharina MALAN, ged. 05/03/1860, oorl. 19/02/1917, d.v. Jacob Jacobus Malan en Maria Elizabeth Schutte xxx Johanna Christina DU PLOOY, wed. De Clercq.

Gerhardus Jacobus Rudolph was die seun van Louis Johannes Nel en Magdalena Henrietta Elizabeth Rudolph.

NEL Lowies Johannes, gebore 1821 en Francina RUDOLPH, getroud circa 1840.  From the National Cultural History Museum, Pretoria, with thanks to Annelie Els the photographer.  (http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=1472985)

Na Louis Johannes Nel se dood, het sy twee oudste seuns, Gert en Louis, tot by Pongola met die vee getrek.  Van Pongola af het die Nels deur Swaziland getrek en het hulle vir Koning Mswati II (1845­-1865) goed geken. Die koning was onder die Nels as Uinswaas bekend. Mswati het glo aan Gert Nel gesê om vir horn 'n plaas in Swaziland te kom uitsoek, wat Gert egter van die hand gewys het. Op daardie stadium was Mswati II wel bekend in Suidelike Afrika en sy magte het verwoesting onder die stamme noord van Swaziland gesaai.  Mswati se magte is egter in 1865 by Mariepskop, in die Blyderiviervallei, vernietig en was hy verplig om gif te drink, aangesien die voorvader geeste hom glo verlaat het. Die Nels het deur Swaziland tot by Marthinus Wesselstroom (Wakkerstroom) getrek.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

 (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Die plase Goedehoop en Doornhoek is ingevolge die bepalings van die boedel van Louis Johannes Nel op 22 Junie 1869 soos volg bemaak: Goedehoop, van 2820 morg, is in gelyke dele bemaak aan Gerhardus (Gert) Jacobus Rudolph Nel , Johannes Gerhardus Potgieter, getroud met Gezina Maria Nel, Johannes Cornelis Vennaak, getroud met Johanna Magdalena Susanna Nel en Nikolaas Jakobus Vermaak, getroud met Magdalena Sofia Elizabeth Nel.   Gert Nel het op 6 Mei 1892 Johannes Gerhardus Potgieter se deel uitgekoop en op 8 Maart 1894 ook die van Johannes Cornelis Vermaak.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Dit is egter nie lank hiema nie dat die hele familie na Marthinus Wesselstroom verhuis het.  Hier is Gert Nel op 25 jarige ouderdom, in 1869, met Maria Frederick Magdalena Combrink getroud en sy seun, Louis Johannes (Swart Lewies) op 23 Julie 1870 gebore.  Gert Nel het die plaas Krogshoop, in die huidige distrik Ermelo, van Arthur H Walker vir £160 gekoop en het die familie daarheen verhuis.  Hierdie plaas is op 19 Mei 1874 op Gert Nel se naam geregistreer.  Gert se vrou is op 7 Mei 1876 op Krogshoop oorlede en op die plaas begrawe. 
Daarna is Gert Nel op 8 April 1877 met Christina Catharina Malan getroud. Haar vader, Jacob Malan, van die plaas Waterval naby Lydenburg, was 'n gesiene inwoner, verskeie kere tot Volksraadslid verkies en het op die Heemraad gedien. Die huis op Krogshoop het in latere jare in die familie as `Oude Werf' bekend gestaan.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Gert Nel koop hierna die plaas Witbank, naby Breyten, wat op 22 Mei 1880 op sy naam geregistreer is. Gedurende hierdie tydperk koop Louis Nel en Andries Nel die aangrensende plaas Bankfontein wat op 29 Desember 1879 op hul naam geregistreer is.  Hierna het elke broer op hul eie verder geboer.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Die Nel-familie was veeboere en soos die vee vermeerder het, was dit ook nodig om meer weivelde te bekom.  Gert Nel het tussen twee en drie duisend skape en vier honderd beeste besit.  Gedurende die wintermaande is na laerliggende gebiede getrek.  Die trek het gewoonlik tussen Maart en April van die plase Withal en Bankfontein begin.  Daarna is op verskeie plekke uitgespan — by Swartwater, Wonderfontein, Jafta se kraal en Rooihoogte, net voordat die platorand bereik is.  Daarna was dit by Spookkraaltjies, net onder Rooihoogte, Buffelspruit, Silwerkop —  en Bakoond, op die plaas van J C Breytenbach.  Dit is so genoem omdat hier 'n bakoond gestaan het en wat deur veeboere, asook transportryers, gebruik is om brood in te bak.  Daarna is by Kallerhok uitgespan — dit is die naam van die lopie waar daar vroeer 'n kalwerhok was en veeboere het hier die geleentheid gehad om die kalwers van die koeie te skei, sodat daar gemelk kon word.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 
Die roete is verder verby Koppie Alleen, naby Badplaas, tot by Komatibad (Badplaas).  Hier is gewoonlik skaap geslag, die kop en pootjies in die warm water gekrap, en 'n bietjie gekuier om die rumatiek in die bronwater uit te sweet. Daar is ook by Pottekook, net oor die bultjie, uitgespan. Dit is die gepaste naam van veeboere aan die klein draaikolke in die Klein-Buffelspruit, ongeveer 1200 meter van die oog af. Daarna is verder getrek deur Seekoeispruit, Kees syn Dooms, die eiendom van die `Tarentaal' van der Merwes.  Tant Pop Tarentaal was in latere jare 'n baie bekende by Badplaas en moes toesien dat mans en vrouens afsonderlik bad. En dan Komatirivier. Hier het Andries van Kraayenburg die Nels gewoonlik deur die Komatirivier gehelp.  'n Span donkies is voor die wa ingespan en die osse voor die donkies om sodoende die waens deur die rivier te kry.  Indien die rivier in vloed was, het die trek soms hier tot 'n week en selfs langer vertoef om hout voetbruggies oor die rivier te bou vir die skape.  Hierdie gebruik is vir baie jare gevolg totdat die nasionale pad tussen die Rand en Komatipoort, oor Carolina, tussen 1923 en 1929 gemaak en 'n brug oor die Komatirivier gebou is.  Daarna is die trek verder tot by Swartrand. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 
Net voor die plaas Goedehoop, aan die voet van Nelsberg bereik is, is daar nog vir oulaas by Gladdespruit en Klipplaatdrif uitgespan, waarna elkeen koers gekies het. Indien die weivelde op Doornhoek en Goedehoop swak was, is hulle Nelsberg uit.  Hier is twee spanne osse voor elke wa ingespan om die berg uit te kom en bo langs die Queensrivier se bolope gekamp. Almal het naby mekaar gebly en na die winter weer bymekaar aangesluit vir die trek terug na die Hoëveld.  Weens malaria het die Nels die Laeveld vermy.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 
Voor 1880 is van Nelsberg in 'n suidelike rigting, al op die platorand of deur Komativlakte, na die huidige Pigg's Peak in Swaziland, getrek. Goud is gedurende Mei 1880 deur Thomas McLachlan en sy vennoot Walter Carter by die Phophonyane vale, net noord van Pigg's Peak, ontdek. Hulle het 'n konsessie van die Swazi koning gekry om noord van die Komatirivier te prospekteer en hier het hulle tekens van goud gevind. Toe dit onder prospekteerders bekend word, het ander soos William Pigg, G T Eckersley, J McDonald en D Wright, na die gebied gestroom.  Pigg het goud op 'Devil's Reef ontdek, wat later bekend geword het as Pigg's Peak. James en David Forbes het in 1882 goud in die Ngwenya en Silotfwaneberge, later bekend as 'Forbes Reef', ontdek. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 
Hierdie ontdekkings het 'n weerklank op die politieke terrein gehad en tydens die Pretoria Konvensie van 1881 is 'n kommissie aangestel om die Swaziland/Transvaal grens te bepaal. Brittanje het ook 'n kommissie aangestel om die voorwaardes vir die onafhanklikheid van die Transvaal te bepaal en het opdrag gegee dat Swaziland onafhanklik moet wees. Daar is ooreengekom dat Transvaalse kommissarisse op die grens aanstel word om te voorkom dat veeboere oorgaan en die Britte het in Swaziland kommissarisse aangestel om te verseker dat Swazis nie die Transvaalse gebied binnedring nie.  Weens hierdie verwikkelinge kon die Nels the meer Swazigebied binne gaan nie. Teen hierdie tyd is goud ook in 1882 naby die huidige Kaapsche Hoop gevind en in dieselfde jaar goud in die Kaapvallei en in 1883 op Moodies, wes van die huidige Barberton. Die Nels kon dus nie meer suid of Noord van Nelsberg trek nie en het in die rigting van die Krokodilpoortberge, in die ooste, gekyk.  Hier was geen mense of prospekteerders nie.  Vanaf 1883 het die Nels, en ander lede van die familie, met hul vee na die Laeveld begin trek op soek na winterweiding.  Hulle is oor Jambila die berg af en dan deur die vallei tot by Hilltop.  Die trek van die Hoëveld na die Laeveld het sowat drie weke geneem.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Nelspruit het sy ontstaan aan die Oosterspoor te danke en die naam aan die drie Nel-broers Gert, Louis en Andries.  Hulle was skaapboere wat jaarliks, vanaf 1883 tot 1896, van die plase Witbank en Bankfontein, geleë in die distrikte van Ermelo en Carolina, vir winterweiding met hul vee na die Laeveld getrek het.  Die gronde, ongeveer 22300 hektaar groot, wat hulle aanvanklik gebruik en later (1890) van die regering gehuur het, het gestrek van Hilltop, suid van Nelspruit, tot by Kaapmuiden.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Die Laeveld was vir die transportryers gevreesde gebied, weens die tsetsevlieg, wat die trekdiere aangeval het, en die malaria muskiet, wat verwoesting gesaai het. Gedurende die 1870's is geagiteer vir 'n spoorlyn van Delagoabaai tot aan die voet van die Drakensberge. Die Eerste Vryheidsoorlog (1880/1) het hierdie planne vertraag, maar President Paul Kruger het die planne verder gevoer nadat die Transvaal weer in 1881 onafhanklik geword het. 

Die spoorlyn sou in twee stadiums gebou word. Die eerste gedeelte vanaf Komatipoort tot aan die voet van die Drakensbergvanwaar goedere verder veilig per ossewa vervoer kon word. Dit was buite die tsetsegebied en vry van malaria. Sodra verdere fondse bekom kon word sou die tweede gedeelte vandaar tot Pretoria gebou word.  Gedurende April en Mei 1884 het spoorwegingenieurs 'n opname van die roete gemaak vir die bou van die Oosterspoor.  Die Nels was reeds in die kontrei met hul vee toe die ingenieurs daar aankom.  Op daardie stadium was die tsetsevlieg nog 'n wesenlike gevaar vir trekdiere, en hul verbasing was groot om die Nels met hul beeste en skape, in sogenaamde tsetsegebied te vind.  Nadat die Nels hulle die versekering gegee het dat die tsetsevlieg slegs oos van Kaapmuiden in die laerliggende gebiede gevind word, het die ingenieurs die spruit net wes van die huidige Hoërskool Nelspruit, waar hulle die Nels gevind het, as Net's Spruit op hul kaarte aangeteken.  Die ingenieurs het 'n aanbeveling aan die regering gemaak dat die eindpunt van die eerste gedeelte van die Oosterspoor tot by die Nel's Spruit gemaak word.  Op 12 en 13 Augustus 1884 het die regering 'n spoorwegkommissie aangestel om die verslag te ondersoek en aan die Volksraad te rapporteer.  Die kommissie het dadelik aan die werk gespring en op 23 Augustus 1884 hul verslag aan die Volksraad voorgelê.  Die Volksraad het op dieselfde dag besluit dat die kommissie se verslag, tesame met bylaes, wat die konsep-ooreenkoms van die Nederlandsche Zuid­Afrikaansche Spoorwegmaatskappij (ZASM) insluit, in die Staatskoerant gepubliseer word en dat dit ook vir algemene inligting in pamfletvorm beskikbaar gestel word.  Die verslag is in Staats Courant No 185 van 28 Augustus 1884 gepubliseer.  Met hierdie publikasie is Nelspruit amptelik benaam en 28 Augustus 1884 is dus die dorp se stigtingsdatum.
 (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Die Nelspruitse stasieterrein en dorpsgronde is in 1889 opgemeet.  Die Regering het ook besluit om grond vir 'n tydperk van 21 jaar te verhuur en teen 1890 is die eerste veiling van plase om Nelspruit te huur aangebied.  Gert Nel het 'n plaas van 8 500 ha, wat van Hilltop tot Krokodilpoort gestrek het, teen R140 per jaar gehuur, maar nooit 'n woning hier opgerig nie.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Die grond wat die Nels eers gebruik en later van die regering, vanaf 1890 gehuur het, het van Hilltop tot by Kaapmuiden gestrek en was ongeveer 26 000 morg (22300 ha) groot.  Die noordelike grens was die Krokodilrivier en die suidelike grens die suidelike Krokodilpoortberge.  Andries Nel het gewoonlik naby Renosterkop gekamp, terwyl Louis Nel sy veekrale gemaak het waar die Jeugsentrum in Nelspruit tans gegee is.  Gert Nel het soms in die omgewing van Krokodilpoort op die platorand, buite tsetsevlieg-gebied, gekamp.  Die drie broers het binne loopafstand van mekaar gebly.  Die Vermaaks, wat ook hierdie jaarlikse trekke meegemaak het, het gekamp waar die huidige Rob Ferreira hospitaal in Nelspruit tans opgerig is.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Die Nels het hul jaarlikse besoeke aan die Laeveld in 1896 gestaak toe 'n runderpes-epidemie die suidelike punt van Afrika getref en meeste van die trekvee uitgewis het. Voordat hulle van hierdie ramp kon herstel, het die Suid­Afrikaanse Oorlog (1899-1902) uitgebreek.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Gert Nel het nie aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem the. Hy was toe reeds 55 jaar oud en 'n ongesonde persoon.  Hy en sy seun Jacobus Andries Nel  het op die Hoëveld met die vee rondgetrek om sodoende uit die Engelse se pad te bly.  Voordat hulle die plaas verlaat het, is al die meubels, wat nie saamgeneem kon word nie, in 'n grot in die sandbanke langs die Komatirivier versteek.  'n Ontroue beeswagter het die een wegsteekplek gaan uitwys en die Engelse het al die meubels vernietig.  'n Paar meubels, waaronder 'n huisorrel, was in 'n ander grot versteek en is ongeskonde gevind.  Gert Nel en sy seun is egter gevange geneem, nadat hul posisie deur 'n boer verraai is, na Carolina geneem en vandaar na Delagoabaai gestuur.  Die Boere het besluit dat sodra hulle Delagoabaai verlaat, hulle die Transvaalse Volkslied gaan sing.  Almal is in die ruim van die boot gelaai en met die geskominel van die boot het die een na die ander naar begin word.  Teen die tyd dat die boot na India vertrek het, was almal naar en is die volkslied nooit gesing nie.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

IGert en sy seun is in dieselfde kamp geplaas.  Die jong seuns was vol kattekwaad en om van hul opgehoopte energie ontslae te raak moes hulle oefening doen.  Soms moes hulle in die berge gaan marsjeer, met 'n soldaat voor en een agter.  Soos die berg bestyg is, het dit meer bebos geraak en het die seuns een na die ander in die bosse verdwyn.  Wanneer die groep terugkeer het  het die wat in die bosse weggekruip het, weer by die groep aangesluit.  Terug in die kamp het baie maar min oefening gehad en kon hulle verder met hul kattekwaad aangaan.  Almal moes bad en die owerhede het konkas middeldeur laat sny, waarin gebad moes word.  Gert Nel het sy seun Andries altyd geroep om sy rug te was. Sy opmerking was: Ja Andries, my ma het my laas gebad toe ek klein was en hier bad die Engelse my weer.' (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 
Gert se vrou en die kleiner kinders is op pad na Wakkerstroom, waar hulle by familie tuis sou gaan, gevange geneem en na die konsentrasiekamp op Barberton gestuur.  Hier is vier kinders binne die bestek van een maand aan masels oorlede.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

EGGSA.  Barberton historical cemetery
Hulle het uit ballingskap, uit India en Ceylon en van die slagveld teruggekeer. En die huurpag van die Laeveldse plaas het hulle verbeur weens onbetaalde agterstallige huurgeld wat gedurende die oorlog opgehoop het. 'Maar hulle het die geloof behou en hulle het gebid: '0 Here, verander ons lot soos waterstrome in die suidland'. Want hulle het die Bybel geken. Hulle was godsdienstige vrome mense.Na die oorlog is daar met gemengde gevoelens na die plase teruggekeer. Die huise is afgebrand en die diere almal gedood. Andries Nel en sy skoonseun het 200 beeste en 1400 skape verloor. Vir die eerste paar maande moes daar in tente gewoon word.  Gert Nel het op die agterste gedeelte van sy huis 'n dak opgesit van sinkplate wat die minste beskadig is. Andries Nel kon 'n paar hoenders van sy plaasmense kry om mee te begin boer. Hier en daar is van bure 'n paar trekdiere, asook 'n eenvoorploeg, geleen om 'n paar akker mielies in die grond te kry.  Louis Nel het hulp by familie in Natal gaan soek. Sy neef, Adriaan Nel, wat naby Greytown gewoon het, het hom aanteelbeeste gegee om weer 'n begin te maak.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 

Gedurende 1932 het Andries 'n beroerte aanval gehad wat sy regterkant verlam het. Na vier maande het hy sodanig verbeter dat hy in 'n rolstoel beweeg kon word. Sy hart het egter begin verswak en was naderhand bedleend. Sy broer Gert het horn Donderdag 13 Oktober 1932 besoek. Gert was nog in goeie gesondheid en toe hy Andries groet het hy aan Gert gesê dat hy hom nooit weer sal sien nie.  Hierop het Gert geantwoord dat hy nog voor Andries kon gaan.  Gert is die volgende dag terug na sy woning op Carolina en het die aand met sy seun Jaap gesit en gesels tot die vroeë ure van Saterdag. Om 03:00 het hy 'n beroerte aanval gehad en is Saterdagaand 15 Oktober 1932 om 20:00 uur oorlede. Hy is op die plaas Witbank begrawe.  Andries was vir 15 maande bedleënd voordat hy op 4 Augustus 1933 oorlede is.  Hy is op sy plaas Bankfontein begrawe.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982) 
Gert Nel het later in sy lewe Gedeelte A van die plaas Witrand, geleë ongeveer 11 km suidwes van Carolina, op die Breyten pad, gekoop.  Ingevolge die bepalings van sy testament is die eiendom verkoop en die koopsom verdeel volgens die bepalings van die testament, terwyl 50% van die mineraalregte voorbehou is ten gunste van sy derde vrou, Johanna Christina de Clercq, née du Plooy en die ander 50% ten gunste van Louis Johannes Nel, Gerhardus Jacobus Rudolph Nel, Jacob Jacobus Nel, Jacob Andries Nel en 'n kleindogter Christina Catharina Celliers.  By ontginning van hierdie minerale sal die voordele daarvan tussen die erfgename of hul nageslag verdeel word.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)