g.4. Louis NEL, geb. 16/09/1846

g.4.  Louis, geb. 16/09/1846, oorl 21/09/1919, Avondale x Hester Magritha Aletta POTGIETER, geb. 11/1856, oorl. 15/08/1933, Doornhoek, dist. Carolina, d.v. Theodorus Potgieter en Magdalena Jacomina Meyer.

Louis was die seun van Louis Johannes Nel en Magdalena Henrietta Elizabeth Rudolph.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1886:
FAMILYSEARCH

Na Louis Johannes Nel se dood, het sy twee oudste seuns, Gert en Louis, tot by Pongola met die vee getrek.  Gert Nel koop hierna die plaas Witbank, naby Breyten, wat op 22 Mei 1880 op sy naam geregistreer is. Gedurende hierdie tydperk koop Louis Nel en Andries Nel die aangrensende plaas Bankfontein wat op 29 Desember 1879 op hul naam geregistreer is. Hierna het elke broer op hul eie verder geboer.  Die Nels kon nie meer Swazigebied binne gaan nie. Teen hierdie tyd is goud ook in 1882 naby die huidige Kaapsche Hoop gevind en in dieselfde jaar goud in die Kaapvallei en in 1883 op Moodies, wes van die huidige Barberton. Die Nels kon dus nie meer suid of Noord van Nelsberg trek nie en het in die rigting van die Krokodilpoortberge, in die ooste, gekyk.  Hier was geen mense of prospekteerders nie. V anaf 1883 het die Nels, en ander lede van die familie, met hul vee na die Laeveld begin trek op soek na winterweiding. Hulle is oor Jambila die berg af en dan deur die vallei tot by Hilltop. Die trek van die Hoëveld na die Laeveld het sowat drie weke geneem. Die Nels het vir 13 jaar, vanaf 1883 tot 1896, die Laeveld gereeld besoek.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

(Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Die grond wat hulle eers gebruik en later van die regering, vanaf 1890 gehuur het, het van Hilltop tot by Kaapmuiden gestrek en was ongeveer 26 000 morg (22300 ha) groot.  Die noordelike grens was die Krokodilrivier en die suidelike grens die suidelike Krokodilpoortberge. Andries Nel het gewoonlik naby Renosterkop gekamp, terwyl Louis Nel sy veekrale gemaak het waar die Jeugsemtrum in Nelspruit tans gegee is.  Gert Nel het soms in die omgewing van Krokodilpoort op die platorand, buite tsetsevlieg-gebied, gekamp.  Die drie broers het binne loopafstand van mekaar gebly. 

Louis Nel, was onder die Swartes as lsithunzi' bekend, omdat hy 'n groot man was en 'n `groot skaduwee' gemaak het. Hy was ook tydens die oorlog in die veld. Hy het altyd 'n swart agterryertjie, met 'n vars perd, saam met hom geneem. Weens sy groot liggaamsbou het die perde gou moeg geword en het hy hulle gereeld omgeruil.  Sy vrou Hessie het op die plaas gebly en in 'n grot langs die spruit weggekruip.  Die Engelse het haar wegkruipplek ontdek, al die besittings verbrand, breekgoed stukkend gegooi en haar en die kinders na die konsentrasiekamp naby Bronkhorstspruit gestuur. Louis Nel is op die Hoëveld gevang en na Ceylon (Sri Lanka) gestuur.

Anglo boere-oorlog:


Surname
NEL
Name
LOUIS
Age
55
Address
BANKFONTEIN
District
ERMELO
Where Captured
ROTTERDAM
When Captured
1901/12/10
Camp
Onbekend
Country
BERMUDA
Ship (To)
Onbekend


Ship (Back)
Number
26097
Ref ID
25177


Personal Details
Name:
Mrs Lewis Nel
Born in camp?
No
Died in camp?
No
Gender:
female
Race:
white
Marital status:
married
Nationality:
Transvaal
Occupation:
farmer
Registration as head of family:
Yes
Unique ID:
61516
Camp History
Name:
Balmoral RC
Age arrival:
44
Date arrival:
07/08/1901
Date departure:
19/06/1902
Reason departure:
returned home
Destination:
Bankfontein Farm
Tent number:
255
Notes:
RT 255
*
Farm History
Name:
Bankfontein
District:
Ermelo
Notes:
share of farm
Status of Husband
Type:
on commando
Notes:
self: came from Wonderfontein station, taken on farm, 7/8/1901
Relationships
Mrs Lewis Nel
      is the mother of Miss Magdalena Henrietta Elizabeth Nel
      is the mother of Miss Hester Margretha Aletta Nel
      is the mother of Master Coenraad Frederick Nel
      is the mother of Master Andries Jacobus Nel
      is the mother of Miss Johanna Magdelena Susannah Nel (Johannes Magdalena)
      is the mother of Master Johannes Gerhardus Nel
Sources
Title:
DBC 46 Balmoral CR
Type:
Index camp register
Location:
National Archives, Pretoria
Reference No.:
DBC 46
Notes:
N 03
Title:
DBC 47 Balmoral CR
Type:
Camp register
Location:
National Archives, Pretoria
Reference No.:
DBC 47
Notes:
0255

Na die oorlog is daar met gemengde gevoelens na die plase teruggekeer. Die huise is afgebrand en die diere almal gedood. Vir die eerste paar maande moes daar in tente gewoon word.  Louis Nel het hulp by familie in Natal gaan soek. Sy neef, Adriaan Nel, wat naby Greytown gewoon het, het hom aanteelbeeste gegee om weer 'n begin te maak.

Na die stigting van die Kerk onder die Kruis op die plaas Witbank, het Louis Nel op die plaas Avondale, naby Chrissiesmeer, gaan woon.  Sy gedeelte van die plaas Bankfontein het vir sy familie te klein geword en het die plaas aan 'n sekere Barlowitz verkoop. Met die griepepidemie van 1918 het hy ernstig siek geword, waarvan hy nie kon herstel nie, en is op 21 September 1919  oorlede en op die plaas Avondale begrawe.

FAMILYSEARCH