e.2. Johannes Petrus NEL, ged. 12/09/1773

e.2.  Johannes Petrus, ged. 12/09/1773, burger te Swellendam, x 07/05/1797 met Maria DU PREEZ, ged.  21/05/1775, d.v. Phillippus Jacobus du Preez and Susanna Breitenbach.

Johannes Petrus was die seun van Johannes Petrus Nel en Cecilia Johanna du Preez.



FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms  1765 - 1793

FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1733-1788


Die Nel gesin het op die plaas Rhenosterfontein geboer.  In dieselfde wyk en so goed as seker ook op Rhenosterfontein, het Louis Jacobus se oudste broer, Johannes Petrus Nel en sy gesin gewoon.  Ook naby hulle het sy suster Cecilia Johanna, getroud met Theunis Jacobus Botha, gewoon.  Rhenosterfontein was 'n leningsplaas aan die boloop van die Boesmansrivier geleë.  Driekwart van die plaas was vir weiveld geskik. Soos gebruiklik het die Regering 24 riksdaalders jaarliks aan rekognisiegeld op die plaas gehef.  Louis Jacobus is op 6 April 1809 as veldkornet vir die wyk Boesmansrivier aangestel.  Nel se ouer broer, Johannes Petrus, is terselfdertyd as provisionele veldkornet aangewys.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)