e.4. Louis
Jacobus, ged. 15/02/1778, burger te Swellendam, x 25/04/1802, Kaapstad met
Johanna Margaretha BOTHA, ged. 07/10/1787, d.v. Philip Rudolph Botha en Elizabeth Fourie.
Louis Jacobus was die seun van Johannes Petrus Nel en Cecilia Johanna du Preez.
(https://www.wikitree.com/photo.php/3/30/Nel-934-1.jpg)
(https://www.wikitree.com/photo.php/3/30/Nel-934-1.jpg)
Uit
die pen van J. C. Visagie: Louis Jacobus
Nel – ‘n Voortrekkerleier uit die tweede linie.
Louis
Jacobus Nel was vroeg in die negentiende eeu naby die oorsprong van die
Boesmansrivier woonagtig. Vyf jaar na sy huwelik met Johanna Margaretha
Botha in 1802, tref ons die egpaar in
die wyk Boesrnansrivier van die distrik Uitenhage aan. Hulle is toe (1807) ouers van drie kinders:
Johannes Petrus gedoop 24 April 1803,
Philip Roedolph gebore 29 Maart 1804 en Cecilia Johanna gebore op 16
September 1805. Vir so 'n jong paartjie
het dit te oordeel aan hul aardse besittings heel voorspoedig gegaan. Louis Jacobus besit nl. een slavin, twee
ryperde, tien trekosse, 58 aanteelbeeste, 705 skape, 30 bokke en 'n wa. Moontlik het die gesin toe reeds op die plaas
Rhenosterfontein geboer, soos 'n opgaafrol weI 'n jaar later aantoon. In dieselfde wyk en so goed as seker ook op Rhenosterfontein,
het Louis Jacobus se oudste broer, Johannes Petrus Nel en sy gesin gewoon. Ook
naby hulle het sy suster Cecilia Johanna, getroud met Theunis Jacobus Botha,
gewoon. Rhenosterfontein was 'n
leningsplaas aan die boloop van die Boesmansrivier geleë. Driekwart van die plaas was vir weiveld
geskik. Soos gebruiklik het die Regering 24 riksdaalders jaarliks aan
rekognisiegeld op die plaas gehef. In
1808 het Louis Jacobus en sy vrou nog 'n seun gedoop Marthinus Francois, ryker
geword, terwyl sy skape met 200 aangeteel het. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Teen
die jaar 1810 was die distrik Uitenhage in sewe groot wyke verdeel, nl.
Tsitsikama en Kromrivier. Winterhoek, Swartruggens, Rietrivier, Boesmansrivier,
Bruintjieshoogte en die Suurveld. Die
voortdurende veediefstalle en onveilige lewe van die inwoners in hierdie wyke
en veral in Boesmansrivier en die Suurveld, is bekend. Een van landdros Cuyler se grootste probleme
was om die periodiek vlugtende boere uit lg. wyke weer op hul plase te vestig
en so 'n permanente bevolking en buffer teen die Xhosa staande te hou. Net so moeilik was dit om die regte persone te
vind om as veldkornette in die wyk te dien. Aan die begin van 1809 was dit juis 'n
probleem toe veldkornet Delport van die Suurveld en veldkornet Basson van
Boesmansrivier prontuit verklaar het dat hulle nie na hul wyke sou terugkeer
terwyl die Xhosa-plundertogte voortgeduur het nie. Landdros Cuyler en die besoekende
regeringskommissaris, majoor Collins, was nietemin vasberade om nuwe
veldkornette in hul plekke aan te stel. Dit
was belangrike poste omdat die twee veldkornette voortdurend konflikte tussen
die koloniste en Xhosa sou moes hanteer. Verder was Collins van mening dat die
veldkornette hul moet beywer om die inwoners se vertroue in te boesem. Die landdros het maar weer van twee
Afrikanerboere gebruik gemaak: as
veldkornet van die Zuurevelden het kol. Collins op 6 April 1809 vir Adriaan de
Lange aangestel. Louis Jacobus is op
dieselfde dag as veldkornet vir die wyk
Boesmansrivier aangestel. Die
opgaafrolle vir Boesmansrivier is onvolledig. Gedurende Nel se dienstydperk as veldkornet
het slegs drie bewaar gebly, nl. vir die jare 1810, 1814 en 1815. Die rol vir 1816 ontbreek, terwyl die een vir 1817
ene Du Rand as veldkornet aandui. Nel
was dus veldkornet vanaf April 1809 tot
ongeveer 1815 - 1816. Sy neef met dieselfde voorname en van was in 'n aangrensende wyk (Bruintjieshoogte) die
veldkornet. Nog 'n eienaardigheid is dat
Louis Jacobus tot minstens 1815 in die opgaafrolle as veldkornet aangetoon
word, maar dat sy broer al sedert 1813 sy werk as veldkornet behartig het. Soos weldra sal blyk, is dit moontlik dat 'n
voorval in 1812 hiervoor verantwoordelik was.
(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Aangesien
landdros Cuyler persone met 'n militere agtergrond as veldkornette vir
Boesmansrivier en Suurveld verkies het, is dit logies dat 'n groot gedeelte van
Louis Jacobus Nel se pligte burgerlike beskerming was. Inderdaad moes Nel dit menigmaal berou dat hy
die amp aanvaar het. Diefstalle en
rooftogte van sy Xhosa-bure het hom voortdurend in die saal gehou. Dikwels was hy en sy mede-burgers magteloos om
invalle af te weer en moes die inwoners van sy wyk in die aangrensende
veldkornetskappe skuiling en weiveld vir hul diere soek. Nog in dieselfde jaar toe hy as veldkornet
aangestel is, moes hy en die boere van Boesmansrivier haastig noordwaarts na
die Brakrivier uitwyk, omdat - so rapporteer hy op 24 Oktober 1809 "de
Kaffers met mag gekomen is en ons van de plaatsen te jaagten ... wij is uijt
getrokken na brak rivier maar weij kan in brak rivier niet blyven om rede dat
het te sleg voor onse vee is." In die eerste twee dekades van die 19de eeu
was hierdie vlugtogte uit die wyke Boesmansrivier en Suurveld bykans 'n
jaarlikse gebeurtenis. Sommige van die
boere wou nie weer terugkeer nie en het hul plase net so agtergelaat. Eweneens die boere in die wyk Bruintjieshoogte wie se plase aan die
gevaarsone gegrens het, het weggetrek. Hierdie
verlate plase "op die hoogte" was vir die inwoners van die Suurveld
en Boesmansrivier toevlugsoorde waarmee die eienaars dikwels nie genoeë geneem
het nie. Die neiging van die mense van
Bruintjieshoogte wat van hul plase getrek het, maar ook nie vlugtelinge van die
grenswyke op hul verlate plase wou toelaat nie, kon landdros Cuyler nie begryp
nie. Sy slotsom was dat "De inwoonderen van Bruintjieshoogte schijnen
gierig op het gras te zijn. het geene zijl. dog (tog) in't generaal in zulke
overvloed hebben. " In verband
met sy talryke pligte as veldkornet het Nel gevind dat hy noodwendig sy eie
boerdery moes verwaarloos. In 1812 is 'n
adjunk-drosdy in die distrik Uitenhage op Grahamstad gevestig. Dit sou die administrasie van die uitgestrekte
wyk van Nel ook ten goede kom, want spoedig hierna is Boesmansrivier in twee
gedeel. Nel was nou veldkornet van die
noordelike gedeelte wat as die wyk Bo-Boesmansrivier bekend sou staan. In Maart 1813 is die wyksgrense deur die
landdros en heemrade goedgekeur en op skrif gestel. Die nuwe adjunk-Ianddros op Grahamstad, maj.
G.S. Fraser, het die Bo-Boesmansrivier, Bruintjieshoogte en Suurveld onder sy
beheer gehad. Die sogenaamde
Hottentotproklamasie van goewemeur Caledon in 1809 het heelwat papierwerk en
probleme vir veldkomette meegebring. Arbeidskontrakte van 'n maand of langer
tussen boere en hul Hottentotarbeiders moes deur die. veldkornet op skrif
gestel en bewaar word. 'n Afskrif van
iedere kontrak moes aan die landdros gestuur word. Veldkornet Nel het gou
ondervind dat die Huurcontracten baie noukeurig voltooi moes word. Afskrifte van kontrakte wat hy bv. in 1812 aan
Cuyler versend het, was nie volledig genoeg na die landdros se sin nie. Cuyler het hom meegedeel dat die wet vereis
dat die vergoeding op die kontrak nie net "kos en klere mag stipuleer nie, maar dat bv. die tipe kledingstuk en liefs ook die
waarde daarvan op die kontrak ingeskryf moet word. In
dieselfde jaar (1812) moes veldkornet Nel op navraag eweneens verneem dat hy
geen Hottentot teen sy sin kon dwing om 'n dienskontrak te sluit nie. Hottentotte wat na die sendingstasie by
Bethelsdorp wou gaan, moes hy met 'n pas na Uitenhage stuur waar die landdros
sou besluit of hy daar mag gaan woon. Maar daar was ook 'n menigte ander pligte in
verband met arbeiders en arbeidsverhoudinge wat veldkornet Nel se aandag vereis
het. Volgens 'n proklamasie van 23 April
1812 moes hy gereeld verslae oor alle geboortes en sterfgevalle onder die
Hottentot-inwoners van sy wyk aan die landdros stuur. Verder moes hy drie-maandeliks verslag doen
oor rooftogte of diefstalle deur Swartmense, as mede die Iykskouingsrapporte
waaraan die landdros hom gereeld herinner het.
Met arbeidsoortredinge en vernaamlik gevalle waar boere na bewering hul
Hottentotarbeiders nie voldoende vergoed het nie, sou veldkornet Nel deeglik
mee kennis maak. So word hy bv. in September 1812 versoek om Louis Tregardt en
sy Hottentotarbeider, Witbooy Heintema, te gelas om op I Oktober 1812 voor die
landdros en gekommiteerde Heemrade te verskyn.
Heintema het nl. vir Tregardt van'n arbeidsoortreding by die Rondgaande
Hof in Uitenhage aangekla.
(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
In
die vroeë jare dertig het Tregardt en Nel in die wyk Oos-Rietrivier weer naby
mekaar gewoon. Dis bekend dat Tregardt
omstreeks 1812 op sy plaas Boschberg gewoon het. Boschberg is in 1814 onteien sodat die
Somerset-proefplaas daar aangelê kon word. Op 'n gedeelte van die plaas is ook die latere
dorp Somerset-Oos uitgelê. Tregardt se plaas was dus in die wyk
Bruintjieshoogte wat nie onder Nel se jurisdiksie geressorteer het nie. Tregardt het nog 'n leningsplaas Goedgenoeg
besit. Weliswaar was Goedgenoeg geleë
aan die boloop van die Brakrivier, 'n sytak van die Kleinvis, dit wil sê ook
nog binne die grense van Bruintjieshoogte, maar dit sal op die meegaande kaart
gesien word dat Nel se plaas nie ver daarvan was nie.
(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Inderdaad
sou veldkornet Nel nie net 'n toeskouer wees van Hottentotte wat hul Blanke
werkgewers voor die hof daag nie. Net soos is in Tregardt se geval word hy deur 'n soldaat van die Kaapse Regiment, ene Adonis
Ruiter Haas, daarvan aangekla dat hy hom vier beeste en vyf ooie verskuldig is.
Volgens die hofrol is die saak deur Read
en Van der Kemp aanhangig gemaak en moes Nel op 30 November 1812 voor die
regters van die Rondgaande Hof op Uitenhage verskyn. Veldkornet Nel het egter nie by die hof
opgedaag nie. Die hofstukke dui aan dat hy weens 'n wettige rede nie
teenwoordig kon wees nie. Cuyler is
gevolglik opdrag gegee om die aanklag teen Nel verder te ondersoek en indien
moontlik die partye tot 'n skikking te oorreed. Voorts is Nel deur die landdros gelas om op 6
Julie 1813 voor hom te verskyn. Nel moes
ook die bewysstukke wat hy nodig ag aan die hof op die datum voorlê. Dit wil voorkom dat Nel as gevolg van die
gebeurtenis nie sy werk as veldkornet voortgesit het nie. In die opgaafrolle van 1814 en 1815 word hy
steeds as veldkornet aangeteken, maar onmiddelIik nadat hy in julie 1813 voor
die hof sou verskyn het, vervul hy blykbaar nie meer sy pligte as veldkornet
nie. Vanaf Augustus 1813 tree sy
provisionele veldkornet en ouer broer, Johannes Petrus Nel, in die hoedanigheid
op. Hy het reeds in daardie jare al as
leiersfiguur opgetree en 'n sekere mate van bekendheid onder sy mede-burgers
verwerf. Die ervarings wat hy deurleef
het, het hy bes moontlik toe reeds of
mettertyd as griewe geidentifiseer.
(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
'n Tweede en belangrike knelpunt vir Louis
Jacobus Nel staan in verband met die verkryging van geskikte goedkoop grond. Pogings om vir hom en sy groeiende getal seuns
genoeg grond in die hande te kry, dateer van vroeg in die tweede dekade tot
laat in die derde dekade van die vorige eeu. Met die 3113 morg van Rhenosterfontein kon een
boer 'n goeie bestaan voer. Vir twee
gesinne was dit blykbaar onbestaanbaar, want so vroeg as 1812 poog Louis Nel om nog 'n plaas in besit te kry. Sy ouer broer, Johannes Petrus, het op een
helfte van die plaas geboer en het blykbaar daar aangebly tot 1821 toe hy na
die plaas Mullerskraal in
Bruintjieshoogte verhuis het. Soos vir
baie ander Afrikanerboere in die oosgrenssone wat na 1820 hul grondbriewe
ontvang het, moes Louis Jacobus Nel tot sy verdere ontnugtering in 1823 op sy
grondakte lees dat hy slegs vrye-arbeiders in diens kon neem. Die gebruik van slawe-arbeid op
Rhenosterfontein was verbode. Indien Nel dit waag om slawe op die plaas in
te span, sou die plaas onteien word. Die slawe-verbod-klousule in grondbriewe van
plase op die oosgrens was 'n ingrypende stap wat deur die Imperiale owerheid op
die Kaapse Regering en veral oosgrensbewoners afgedwing is. Dit sou van toepassing wees op alle nuwe
grondtoekennings in Mei 1820. Aanvanklik
het die Minister van Kolonies bepaal dat dit in alle oosgrensdistrikte toegepas
moet word. Op die waarnemende goewerneur
sir Richard Bourke se aanbeveling is later goedgekeur dat dit slegs vir
grensbewoners binne 48 km (30 myl) van die grens en vir inwoners van die
distrik Albany sou geld. Dis ongetwyfeld
so dat die verbod op die gebruik van slawe-arbeid 'n sterk reaksie van die
betrokke oosgrensboere uitgelok het. Vanuit
die wyke Oos-Rietrivier, en Tarka in die distrik Somerset het 'n stroom
versoeke die Regering gevra om die verbod op te hef. Baie oosgrensbewoners wat voorheen gretig was
om hul grond briewe te ontvang, sou by ontvangs daarvan die dag berou het. Weens die agterstand in die uitreiking van
grondbriewe was dit vir baie grensbewoners wat slawe besit het nie 'n
onmiddellike probleem nie. Veral nie in
die Oos-Rietrivier, Koonap en Winterberg nie waar plase eers na 1825 en 1830
uitgegee is. Moontlik was die
slaweklousule juis een van die redes waarom Louis Jacobus Nel sy oog op grond
in die nuwe wyk Oos-Rietrivier begin vestig het. Ten tyde van die verbod op die gebruik van
slawe-arbeid was Nel besig om sy slawebesit vinnig uit te brei. In 1825 het hy reeds ses slawe besit. Met die algemene waardering en opname van
1834-1835 het hy agt slawe besit wat in 1835 op £937-108 gewaardeer is. Net soos Louis Tregardt het Nel dus heelwat
meer slawe besit as die gemiddelde inwoner in die oostelike distrikte. Grondbesit sonder die broodnodige betroubare
slawe-arbeid was vir Nel en menige ander Afrikanerboere 'n tweesnydende swaard:
behou hulle hul grond, moes hulle van
hul slawe ontslae raak. Doen hulle nie
afstand van die slawe nie, moes hulle 'n heenkome elders vind waar die verbod
nie gegeld het nie. Louis Jacobus Nel se
oplossing vir die arbeidsprobleem en skaarste aan grond was om na grond verder
ooswaarts te soek. Eweneens hy neem sy
slawe saam, voorlopig nie na buite die Kolonie nie, maar na 'n plaas van sy
seun waar die verbod op slawe-arbeid nie dadelik sou geld nie. Nadat sy twee oudste seuns, Johannes Petrus en
Philip Roedolph, tevergeefs om grond in Uitenhage aansoek gedoen het, spoor hy
hulle aan om in die pas gestigte Oos Rietrivier te probeer. Vervolgens doen Louis Jacobus in 1825 namens
sy seuns Johannes Petrus en Theunis Jacobus aansoek om die plaas Doorndrift aan
die Koonap. Onder meer meld hy dat albei
sy seuns gesinne het om te onderhou. Na drie jaar was daar blykbaar nog geen reaksie van regeringskant
nie. Bowendien het Nel hom ook nog
bekommer oor sy skoonseun, Stephanus
Bernardus Buys, in 1821 getroud met sy oudste dogter, Cecilia Johanna, wat
eweneens nie oor grond van hul eie beskik het nie. Daarom tree Nel in 1828 weer namens sy kinders
op en gee aan goewerneur Cole 'n
uiteensetting van sy diens as veldkornet en tevergeefse pogings om vir sy seuns
grond aan te skaf. Voorts meld hy dat sy
oudste seun nog geen uitsluitsel oor Doorndrift ontvang het nie en dat sy skoonseun
se aansoek om die aangrensende Elandsdrif nie beantwoord is nie. Behalwe Philip Roedolph wat Commandofontein
gekoop het, is dit onwaarskynlik dat die ander seuns daarin geslaag het om
plase van hul eie te besit.
(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Die
plaas Commandofontein is teenswoordig in die distrik Bedford, teenaan die
wesgrens van die distrik Adelaide geleë.
Dit lê ongeveer elf kilometer suidoos van Bedford en dieselfde afstand
suidwes van Adelaide. Die strategiese
ligging van Commandofontein op die kruispunt van die paaie van Grahamstad na die Winterberg en van
Somerset (-Oos) na Fort Beaufort, was reeds destyds in koerantadvertensies
aangeprys. Vir moeë reisigers sou dit 'n
ideale stilhouplek kon gewees het.
Inderdaad was dit uitnemend geskik as bymekaarkomplek en vir propagering
van die trekgedagte. Daarom het 'n
latere eienaar dit ook pertinent gestel dat die plaas uiters geskik is vir
persone wat daar handel wou dryf. http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Waarskynlik
het Louis Jacobus kort na 1828 sy plaas Rhenosterfontein verkoop. In die vroee jare dertig woon die hele gesin
reeds in die Oos-Rietrivier. Weens gebrek aan grond was dit in hierdie jare
geensins vreemd dat in die wyke Oos-Rietrivier, Koonap en Winterberg meer as
een gesin op 'n plaas gewoon het nie. Commandofontein
wat maar 2464 morg beslaan het, was geen uitsondering nie. Net na afloop van die Sesde Grensoorlog het
die volgende gesinne daar gewoon:
1.
Louis Jacobus Nel, sy vrou en hul
minderjarige kinders, t.w. (a) Jacobus Hercules (b) Maria Susanna (c)
Christoffel Jacobus Hercules
2.
Philip Roedolph Nel en sy vrou, Anna Fredrika
"Klassen"
3.
Cecilia Johanna Buys, gebore Nel,
weduwee van S.B. Buys en kinders
4.
Elizabeth Fredrika (Francina?) Nel, haar
eggenoot, Gert Cornelis Nel, en een kind
5.
Louis Jacobus Nel jr .• seun van 'n neef
van Louis Jacobus. met sy moederlose baba-dogter.
Oorweging
van die trekgedagte as oplossing van vele knelpunte moes reeds 'n jaar of twee
voor die uitbreek van die oorlog aan die Nels van Commandofontein opgedring
gewees het. Louis Jacobus Nel het baie
vroeg in die negentiende eeu met die Tregardt- en De Lange-families kontak
gehad. In die Bo-Boesmansrivier het
Louis Tregardt teen 1807 'n plaas in die buurt van die Nels besit. Minstens het hulle mekaar ontmoet, indien nie
bevriend geraak nie. Later in die
Oos-Rietrivier het die twee gesinne feitlik bure geword. Louis Tregardt was nie net 'n vroeë draer van die
trekgedagte nie, maar het eweneens mense oorgehaal om vroeg 1834 saam met hom
in Gcalekaland te vestig. Nel en
Tregardt se belange was merkwaardig eenders: beide se veeboerdery het vinnig uitgebrei. Albei het heelwat meer slawe as die gemiddelde
oosgrensboer besit. Hoe kan 'n mens meer
grond kry en nogtans jou slawe behou. Tregardt het reeds vroeër voorsorg getref deur
sy seun met van hul vee oor die grens na beter weiveld te stuur. Na hy sy plaas verkoop het, kon hy dus na 'n
gebied beweeg wat nie heeltemal onbekend was nie. Hoewel Nel dieselfde behoeftes en probleme
gehad het, was sy posisie ietwat meer gekompliseerd. Hy was 'n man van diep in die vyftig jaar met 'n groot gesin. In 1834 was sewe van sy kinders al getroud. Dat die Nels 'n hegte gesinsverband gehandhaaf
het, word bewys deur die feit dat hulle
altyd probeer het om naby mekaar te woon. Indien Louis Jacobus in 1834 trekplanne
gekoester het, was daar minstens sewe of meer gesinne wat daardeur geraak en
geken moes word. Miskien die
belangrikste is dat die motivering om die onbekende in te vaar nog nie sterk
genoeg was nie. Die Sesde Grensoorlog
sou die motivering verskaf. terwyl Hans de Lange en sy jagmaats moontlik die
avontuurIus vir die vreemde ontsluit het.
Louis Jacobus Nel het reeds De Lange se ouers in die Bo-Boesmansrivier geken. Adriaan
de Lange het in die jare geboer op Wilgerfontein, wat net drie plase ver van
die Nels se Rhenosterfontein was. Adriaan
de Lange en Louis Jacobus was vir 'n aantal jare veldkornette van aangrensende wyke. Adriaan de Lange was met 'n kleinniggie van
Louis Jacobus, nl. Gesina Nel, getroud. Hans de Lange was hul tweede kind en oudste
seun. Hy is in 1799 gedoop en op 26
Januarie 1817 met Catharina Cornelia Lombard op Graaff-Reinet getroud. Aanvanklik woon hulle ook in die omgewing van
die Nels in die wyk Bo-Boesmansrivier. Kort
na die oopstelling van die wyk Oos-Rietrivier in 1825, verhuis hulle daarheen
en word Hans die eienaar van die plaas Kleinleeufontein. Toe die
Nels enkele jare later op Commandofontein gaan woon, word hul buurmanskap met
die De Langes hervat. Slegs een plaas
tussenin het hulle geskei. Die ligging
van Hans de Lange se plaas tussen die Nels (aan die oostekant) en Tregardt se
plase (aan die weste) is sekerlik 'n feit van betekenis in die ontstaan van die
trekgedagte by die gesin Nel. Saam met
Willem Petrus Meyer, ook getroud met 'n nooi De Lange, het Hans de Lange tussen die jare 1828 en
1832 verskeie jag-en-handelstogte na die binneland onderneem. Hulle sou nuttige inligting ingewin en aan
ander kon meegedeel het. Van Hans de
Lange sou Nel ongetwyfeld veel van die geaardheid en boerdery-moontlikhede van
die binneland kon verneem. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
By
die jeugdige Abraham July het daar in 1837 'n opstandige bewustheid van sy
status as ingeboekte arbeider gebroei. Miskien
het Louis Jacobus Nel van Commandofontein aan die Koonap dit al vroeer opgelet.
In elk geval kom dit in 1837 pertinent
onder sy aandag en twee keer bring sy slaaf hom in 'n ernstige verleentheid. Op die koue wintersoggend van 3 Julie 1837
maak Abraham July sy opwagting by die kantoor van Fort Beaufort se vrederegter
en spesiale magistraat, kapt. A.B. Armstrong. Voor die vrederegter staan 'n jongman van nog
nie 18 jaar oud nie. Die slaweregister
toon dat hy op 20 Julie 1819 gebore is. Sy
moeder is die slavin Anet, ook ingeboek by L.J. Nel. Kapt.
Armstrong skryf in sy register: Abraham July beskuldig ene Jan van Deventer van
die Winterberg dat hy (Van Deventer) brandewyn aan hom verkoop het op die plaas
Commandofontein. Dit het plaasgevind op
ongeveer 18 Junie 1837. Wat die uitslag van die saak was, weet ons
nie. Moontlik is dit dat July hom op
die Nels en Van Deventers van die Winterberg en Koonap wou wreek. Jan van
Deventer (vermoedelik Johannes Lodewicus van Deventer) was nie net nog 'n
besoeker op Commandofontein nie. Hy was
waarskynlik die broer van Maria Petronella van Deventer, die oorlede jong
vroutjie van een van die Nels wat op Commandofontein gewoon het.) Hy was vermoedelik ook 'n lid van die Nels se
latere trekgeselskap. Die tweede voorval
waarin Abraham July 'n rol speel, is veel meer dramaties en van historiese
belang. Dit verloop byna net soos in
1834 toe Louis Tregardt se slaaf van hom weggeloop en in die Kolonie 'n
verklaring afgelê het. Insgelyks soos met Tregardt se geval, word July se klagte
deur kapt. Armstrong opgevolg. 'n Week na
Abraham July se eerste klagte, steek hy
weer die Koonap oor en durf hy die ongeveer 35 km na Fort Beaufort aan. Sy klagte is kort en kragtig: Sy
baas Louis Jacobus Nel van Commandofontein was op die punt om die Kolonie
vaarwel te sê. Vir Armstrong was dit
voldoende. As spesiale magistraat moes
hy na die belange van die ingeboekte slawe omsien. Hier was nou die besliste moontlikheid dat Nel
wederregtelik sy sewe slawe oor die grens sou neem. Onverwyld verplig Armstrong vir Nel om twee
persone te vind wat vir hom borg sou staan. Hieraan kon Nel voldoen: sy twee borge
onderneem om £400 aan die Regering op te dok indien Nel sy ingeboekte slawe
saam met hom oor die grens neem. Daarmee
was Louis Nel se treklus nie gedemp nie. Die maandelange voorbereiding; die verkoop van
hul waardevolle plaas; geheime aankope
van 'n voldoende voorraad buskruit; propagering
van die trek in sy wyk, Oos-Rietrivier, sowel as in die Koonap en Winterberg,
asook vermoeiende ritte en reëlings met voornemende emigrante in die
Onder-Boesmanrivier, sou waarskynIik vir Louis Nel onwrikbaar laat besluit het
dat niks hom sou terughou nie. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Kapt.
Armstrong se vermoede word 'n paar maande later werklikheid. Op 29 November 1837 kom Louis Nel se twee
borge uitasem op Fort Beaufort aan. Hulle
deel Armstrong mee dat Nel reeds op trek is en jou werklikwaar sy slawe met hom
saamneem. Die volgende dag, 30 November
1837, vertrek kapt. Armstrong met 25
berede soldate met die doel om Nel voor te keer en sy ingeboekte slawe te
konfiskeer. Op die spesiale magistraat van Fort Beaufort wag daar nog dieselfde dag 'n
verrassende ontdekking. Net onder die
Winterberg slaag hy daarin om Nel op te spoor. Louis Net is egter nie alleen nie. Trouens, hy is maar een van 25 gewapende
Afrikanerboere en deel van'n Voortrekkerkamp
van ongeveer 110 mense. Verder bespeur Armstrong 26 waens, ongeveer 1500 beeste, 4000 skape en
bokke asook 130 perde. Armstrong was
deegIik op hoogte met die grensboere se probleme. Daarby het hy simpatie gehad vir hul griewe en
sy bes gedoen om gemoedere te kalmeer en emigrasieplanne te smoor. Die
vrederegter moes egter nou in sy hoedanigheid as spesiale magistraat sy plig
uitvoer. Dit was nie die eerste keer dat
hy so 'n Boerekamp teëkom nie. Hy was
bewus daarvan dat die Afrikaners konfrontasie met die Regering sou vermy en so
ongesiens moontlik oor die grens wou beweeg. Daarom het hulle nou ook nie enige poging
aangewend om Armstrong te dwarsboom nie. Louis Jacobus Nel word verplig om sy sewe
ingeboekte slawe van hul oorblywende termyn (tot I Des. 1838) vry te stel. So ook word vier ander ingeboektes in diens
van boere uit ander distrikte vrygestel. Die betrokke base van die ingeboekte slawe het
Armstrong verseker dat hulle hul slawe by die Oranjerivier sou laat gaan, maar
die vrederegter wou dit nie waag nie. In sy verslag gee hy die rede waarom hy
die versoek geweier het: For the encampment could be moved out of the
Colony in the course of 24 hours, by crossing the Winterberg range. "
Indien hy toelaat dat die slawe hul base vergesel. was Armstrong kennelik
bevrees dat hulle nie losgelaat sou word nie. Die noordoosgrens sou hulle deur die Tarka binne
24 uur kon bereik. Oorkant die grense sou die slawe nie so maklik
teruggeneem kon word nie. Kapt.
Armstrong het dus by die Trekkers daarop aangedring om onvoorwaardeIik hul
ingeboekte slawe vry te stel. Die goeie
verhouding tussen die Afrikanerboere en hul slawe word hierna weerspieel deur
dat met die uitsondering van drie, al die slawe aangebied het om hul base tot
by die Oranje te vergesel. Dis duidelik
dat kapt. Armstrong baie tevrede was met die behandeling wat die slawe gekry
het. I
particularly inquired of these
apprentices, if they had any cause of
complaint against their masters. They
all declared they were well treated. I
showed a patrol of a Subaltern and 25 mounted men at the encampment to enforce
obedience if necessary, and gave notice to the apprentices that I should halt
in the neighbourhood for the night, to afford them or any other slave
apprentice support and protection should they require it. The apprentices said they were good friends
with their masters and they wished to part from them as such. Dit was inderdaad 'n mooi getuigskrif vir
hierdie grensboere wat die voorafgaande
15 jaar periodiek met irriterende slaweregulasies getreiter is. Daarom ook dat Armstrong elders oor dieselfde
grensboere rapporteer: I can safely aver that with very few
exceptions the moral conduct of the
employers is good, and that they afford an example to their servants by their
Religious observances and the respectability of their conduct generally, not
(in my opinion) to be surpassed by the peasantry of any other country. Armstrong was tevrede dat hy sy plig gedoen
het. Blykbaar bewus daarvan dat hy nie eens moet probeer om die Boere te
oortuig dat hulle nie moet emigreer nie, het kapt. Armstrong afskeid geneem en
vertrek. Hoewel Engelsman in murg en
been, het hy hier tog afskeid geneem van vriende wat hy baie jare geken en
gerespekteer het. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Nadat
hy oor die reeds genoemde ingeboekte slawe en Boerekamp aan die voet van die
Winterberg uitgewei het, begin Armstrong sy laaste paragraaf met die volgende sin: Johannes
Martinus Scheepers of Oliphants Hoek, and Louis Jacobus Nel of Commando
Fountain, are the Heads of these 'Trek Boers'. Selde
of ooit word so 'n direkte verwysing na die leier van 'n trekgeselskap in die
Kaapse bronne van die jare aangetref. Manne
soos bv. Maritz en veral Retief is persone wat reeds lank voor hul vertrek uit
die Kolonie hulself as leiers onderskei
het. Daarenteen beklee die belangrike en
invloedryke Voortrekkerleier A.H. Potgieter oënskynlik geen leiersposisie in sy
wyk voor hy na die Noorde vertrek het nie. Retief hel nie gehuiwer om 'n briefwisseling met regeringsamptenare te voer
nie. Sonder skroom lug hy sy griewe. Betekenisvolle uitlatinge vloei uit sy pen
sodat 'n mens hom dadelik as prominente persoonlikheid uitken en inderdaad van
hom 'n leidende rol verwag. Van
Potgieter het daar geen eiehandige brief in die Kaapse argiewe tereggekom nie. Weliswaar beskik ons in die Kaapse argiewe oor
akskrifte van 'n verklaring of twee, oor
sy oorspronklike handtekening onder aan 'n versoekskrif saam met ander persone,
en inderdaad word hy in April 1837 deur 'n Kaapse grensamptenaar as 'n
invloedryke persoon onder die Boere bestempel. Origens is daar bloedweinig direkte gegewens
in Kaapse bronne dat hy in so 'n formidabele leier sou ontplooi. Die werklik belangrike gegewe is dat Scheepers
en Nel nie voorheen as Trekleiers geidentifiseer is nie.
Vir
kapt. Armstrong wat Louis Jacobus Nel
van Commandofontein klaarblyklik geken het, was dit nie in sy verslag nodig om
die persoon verder te identifiseer nie. Die
plasing van 'n persoon in sy korrekte famiIieverband is natuurlik 'n eerste vereiste om te verseker
dat nie die verkeerde persoon se spoor gevolg word nie. Armstrong het nietemin verskeie leidrade vir
identifikasie gegee:
I.
Die naam van "Nel se plaas" was Commandofontein. Dit was aan of naby
die Koonaprivier geleë.
2.
Nel het volgens Armstrong sewe ingeboekte slawe op die tydstip gehad.
3.
Een van sy ingeboekte arbeiders se naam
was Abraham July.
4.
Nel se voorname was Louis Jacobus.
5.
Aangesien Nel as een van die leiers bestempel is, kon dit moontIik wees dat hy
reeds vroeër ‘n leidende rol in sy wyk geneem het met bv. petisies aan die
regering. Eweneens het dit gesuggereer
dat Nel moontlik ‘n propageerder van die trekgedagte was. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Eersgenoemde
van die tweemanskap hierbo is egter nie so onbekend nie. J.M. Scheepers was 'n baie vermoende boer in
die Olifantshoekgedeelte van die wyk Onder-Boesmansrivier in die distrik
Uitenhage. Sy bekende plaas Weltevreden
was ongeveer agt kilometer wes-noordwes van Melkhouteboom, die eiendom van sy
bekende swaer, Karel Pieter Landman. Johannes
Marthinus Scheeper kan in verband met die trek van Karel Landman na Natal
gebring word. Marthinus Scheepen, sy gesin en moontlik 'n paar ander gesinne het
ongeveer dieselfde tyd as Landman uit Olifantshoek getrek, maar het aanvanklik
'n ander roete deur die Kolonie gekies. Aangesien Nel en Scheepen as leiers van 'n
klein trekgeselskap teen die einde van November 1837 by die Winterberg vertoef
het, kom dit voor of Scheepers en sy groepie hul plase einde Oktober verlaat en
reguit noordwaarts na De Bruynsdrif in die Visrivier koers geneem het. Enkele kilometers verder sou die Scheeperse
met die pad Commandofontein bereik het. Weens
sy sentrale Iigging aan die wapad sou die Nels se plaas die vergaderplek van
sommige lede van die trek gewees het. Wat
ookal die roete of vergaderplek, dit staan minstens vas dat die Nels en
Scheeperse op 29 November 1837 met 'n trekgeselskap van ongeveer 110 siele
gereed gestaan het om die Kolonie te verlaat. Op 59 jaar was Louis Jacobus Nel een van die
oudste identifiseerbare trekkerleiers. In die Iys van name van die "Landman-trek" word ook twee Nels
aangetref, nl. Piet Nel en sy seun Piet
Nel jr. met hul gesinne. Volgens 'n
opgaafrol van 1826 was hulle Piet Willem Nel en Pieter Schalk Johannes Nel. Eersgenoemde was verlangs familie van Louis
Jacobus, sodat dit nie uitgesluit is dat hulle Scheepers vergesel en op die
wyse by die Nels van Oos-Rietrivier aangesluit het nie. Benewens die familie Scheepers wat 'n
paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en
individue bestaan het.
1.
Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna
Margaretha Botha.
2.
Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer
sewe kinders.
3.
Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en
ongeveer vier kinders.
4.
Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses
kinders.
5.
Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel,
gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna
ROUX en onbekende getal kinders.
6.
Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje
Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7.
Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende
getal kinders.
8.
Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee
kinders.
9.
Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10.
Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11.
Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12.
Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus
Botha en minstens vyf kinders. Die egpaar
was die oorgrootouers van genl. Louis Botha. Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was
met mekaar se susters getroud. Hulle was
dus dubbele swaers.
13.
Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha
Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van
Voortrekker L.J. Nel.
14.
Louis Nel, Gabriel seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens
ses kinders. Hierdie Louis Nel was 'n neef van ons Voortrekker L.J. Nel.
By
sommige van die Nels het later die opvatting bestaan dat hul voorsate die
Kolonie saam met Piet Uys se trek verlaat het. Dit kan natuurlik nie korrek wees nie. Die Uys-trek was reeds teen die einde van
April 1837 in die omgewing van Grahamstad.
Aan die begin van Augustus 1837 het hulle die Oranjerivier bereik. Hoewel die Nels nie saam met die Uyse getrek
het nie, is dit tog so dat hulle skouer aan skouer met Piet Uys by Italeni
geveg het. Nadat kapt. Armstrong die
Nels se trek by die Winterberg op 30 November besoek het, het hulle waarskynlik
nog die volgende dag (I Desember 1837) die reis hervat. Die enigste brokkie inligting oor die roete
wat hulle gevolg het, moet ons van die Herinnerings van Willem Gabriel Nel
ontleen. Hy was 'n seun van Louis
Jacobus Nel en by die aanvang van hul trek reeds 'n man van 24 jaar. Oor hul trek deur die Kolonie en oor die
Oranje laat hy hom nie uit nie. Ongeveer
die einde van Februarie 1838 moes hulle in die omgewing van Bethlemen gewees
het. Hier, by 'n plek genoem Uyskuilen,
het hulle volgens Willem Nel van die moorde by Bloukrans en Moordspruit berigte
ontvang. As gevolg van die nuus het hulle hul pas versnel. Tussen die tweede helfte van Februarie 1838 en
6 April 1838 moes die Nels die Drakensberg na Natal oorgesteek het. Die twee redelik vasstaande datums word
gebaseer op die raamwerk van reeds bekende gegewens. Eersgenoemde is ongeveer die
periode waartydens die Nels van die moorde langs die Bloukrans moes verneem
het. Laasgenoemde is die dag waarop die
Nels met die sogenaamde Vlugkommando teen Dingane vertrek het. Dit is inderdaad moontlik dat hulle ongeveer
einde Maart 1838 by die Modderlaer aangekom het. Volgens Willem Nel se mondelinge oorlewering
het hulle na ontvangs van die berig oor die moorde aan die Bloukrans so vinnig
as moontlik vanaf Uyskuilen (Bethlemen,
O.V.S.) na Natal getrek. Daar is dus nie 'n paar weerbare manne te perd
vooruit gestuur om die Voortrekkers in Natal te hulp te snel nie. Die gegewe laat ons vermoed dat die Nels eers
enkele dae voor die vertrek van die
Vlugkommando (6 April 1838) by die laers in Natal aangesluit het. Hulle het na Italeni ongeveer 'n maand in die
Modderlaer vertoef en daarna het elke trek sy eie koers ingeslaan. Die Nels het na die "Oemlaas" getrek
en naasteby twee maande daar vertoef. Vandaar trokken we naar't Pietermaritzburgse
lager en vertoefden aldaar ook 'n paar maanden. Die Trekkers het reeds in die tyd van Piet
Retief besluit het om die hoofdorp van die Republiek Natal aan die voet van die
Stinkhoutberg uit te lê. Die Nels was
eweneens vroeë intrekkers van die gebied. Gedurende die bewind van die
Volksraad (1838 -1845) is die Trekkers hoofsaaklik plase in die omgewing van
Port Natal, Pietermaritzburg, Weenen en die teenswoordige Ladysmith toegeken. Dit wil voorkom of L.J. Nel minstens twee
plase besit het. Hulle was vermoedelik
Standvastigheid geleë aan die Mgenl wat hy spoedig weer aan ene P.J. Naude vir
£227 verkoop het, en Dwaalhoek, geleë digby die ou laer van Retief. Die plaas was deur Nel versoek, maar nooit aan
hom toegeken nie. Voor die uitreik van 'n grondbrief het hy dit reeds vir 'n
ander plaas verruil. Weens sy ouderdom is
dit twyfelagtig of Nel op enige van die
plase geboer het. Bes moontlik het hy
uit die staanspoor in Pietermaritzburg gewoon. Die erf was in Pietermaritzstraat nr. 28 wat
op 28 Februarie 1839 aan hom toegeken is. Later in die jaar is ook Bergstraat 49 op sy
naam geregislreer, maar dit het hy aan
Gert Jacobus Rudolph verkoop. Op 1
Februarie 1875 het Louis Jacobus se vrou
'n testament laat opstel waarin gemeld word dat haar man oorlede is. In die testament word eweneens die plase van
haar kinders genoem. Toe het Philip
Rudolph (voorheen Roedolph gespel) op Spitsitop, Theunis Jacobus op Onrust,
Willem Gabriël op Wonderboom, Christoffel Jacobus Hercules op Waterval en Maria
Susanna (getroud met ene Stadler) op Bergvliet geboer. Die plaas Bergvliet was in die distrik Weenen
geleë, terwyl al die ander onder die Afdeling van Umvoti geval het. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)