f.3. Cecilia Johanna (Jacoba) NEL, geb. 16/09/1805, ged. 02/04/1806

f.3.  Cecilia Johanna (Jacoba), geb. 16/09/1805, ged. 02/04/1806, Swellendam, oorl. 18/07/1864, Frischgewaagd, Weenen x 03/04/1821, Utrecht met Stephanus Bernardus BUYS, ged. 25/11/1801, oorl. 21(23)/12/1834, s.v. Isaac Sirke Buys en Johanna Elisabeth Delport xx Cornelis Stephanus VAN ROOYEN, ged. 10/04/1791, Kaapstad, oorl. 10/05/1839, dist. Uitenhage, wew van Hester Germina Rautenbach en Martha Jacoba van Rooyen, s.v. Piet Hendrik van Rooyen en J.E. Schutte xxx 09/08/1842 met Pieter Hendrik KRITZINGER, geb. 25/01/1778, oorl. 1850, s.v. Johann Jakob Kritzinger en Anna Elizabeth Strydom xxxx 10/03/1856, Pietermaritzburg met Johannes Stephanus MARITZ, ged. 19/11/1795, Graaff-Reinet, oorl. 04/11/1857, Frischgewaagd, dist. Weenen, Natal, s.v. Soloman Maritz en Maria Elizabeth Oosthuizen.

Cecilia Johanna (Jacoba) was die dogter van Louis Jacobus Nel en Johanna Margaretha Botha.



(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Nel-1439)

'n Kenmerk van die verwoestende Grensoorlog van 1834 - 1835 was die relatief min moorde wat op Blanke grensboere gepleeg is.  Die Nels sou agterna met die nodige respek kon gevra het: hoekom moes juis een van ons familie omgekom het?  Maar so was dit alreeds op die eerste en tweede dag nadat die Xhosa se vyandelikhede 'n aanvang geneem het.  Trouens. Stephanus Bernardus Buys, skoonseun van Louis Jacobus, en getroud met sy oudste dogter, Cecilia Johanna, was die eerste Afrikanerboer wat in die oorlog omgekom het.  Terwyl kol. Henry Somerset op Fort Beaufort vasgekeer was, het die tyding van Buys se dood hom op 24 Desember 1834 bereik.  Stephanus Buys het suid van Fort Beaufort baie naby aan die grens op 'n plaas saam met sy vrou gewoon.  Volgens L.J. Nel het Pieter en Gert Nel ook in die buurt geboer, want hulle het bv. eerste die rook van sy afgebrande huis gewaar.  Nog onbewus dat die Xhosa die besondere dag reeds oor die Katrivier gestroom het om die koloniste aan te val, het Buys met 'n groepie Xhosa-mans in sy voordeur staan en gesels.  Buys se vrou wat vir die groepie bang geword het, het hom vermaan om nie so ongewapen tussen die mans buite te staan nie.  Net toe Buys omdraai om sy huis binne te gaan, het een van die Xhosa-mans hom aan die kraag gegryp terwyl 'n ander een hom 'n dodelike wond met 'n assegaai in die sy toegedien het.  Hierna het hulle die huis geplunder. al die vee uit die kraal geja en Buys se weduwee, Cecilia Nel, gelas om met haar ses kinders in die huis te bly. Uiteindelik het sy en die kinders. nog almal baie jonk. daarin geslaag om by die agterdeur uit te glip en in 'n naby geleë bos weg te kruip.  Hulle het die nag in die bos deurgebring.  Die gebeurtenis was sekerlik 'n diepe skok wat die Nels nie sou vergeet nie.  Dit was egter net die begin van 'n reeks ontberinge en finansiele verliese.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)


1837 - Benewens die familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het.


1.  Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna Margaretha Botha.
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders.
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders.
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders.
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders.
8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11. Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van  Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders.  Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha.  Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud.  Hulle was dus dubbele swaers.
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel.
14. Louis Nel, Gabriel seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens ses kinders.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

The following are some of the weddings that took place in the Church of the Vow.  Pieter Hendrik Kritzinger and his second wife Cecilia Johanna Jacoba Nel daughter of the Voortrekker Louis Jacobus Nel.   (file:///C:/Users/wortleyh/Downloads/Henning_Cultural_2015.pdf)


 (file:///C:/Users/wortleyh/Downloads/Henning_Cultural_2015.pdf)

Kinders:


g.  Izak Sirk BUYS, geb. 04/12/1821, Grahamstad, oorl. 24/03/1885, Witpoort, dist. Potchefstroom x Anna Magdalena van der Merwe.

g.  Stephanus Bernardus BUYS, geb. 23/01/1827, ged. 02/04/1827, Somerset-Oos, oorl. 24/04/1893, Roodewal, distrik Heidelberg x 03/09/1851, Potchefstroom met Susara Maria Snyman.