h.1. Philip Rudolph, geb. 04/06/1856, ged.
19/10/1856, Pietermaritzburg x 04/04/1877 met Emelia Sophia DOHNE, geb.
10/08/1855, oorl. 10/03/1922, d.v. Jacob Ludwig Dohne en Caroline Elizabeth Wilhelmina Watermeyer.
Philip Rudolph was die seun van Nicolaas Johannes Nel en Martha Maria van Rooyen.
Jacob
Ludwig Dohne is in Zierenbergen, Hesse-Kassel, Duitsland gebore. Hy is na Berlin toe, waar hy by die Berlin Mission Society aangesluit
het. In 1836 is hy saam met Lange,
Wuras, Kraut en Radloff na Suid Afrika toe gestuur. Jacob het hom in Franschoek gevestig, maar
het weggetrek a.g.v. verskille met naburige predikant van die N.G. Kerk. Hy het besluit om na Transkei te gaan en het
later ook in Natal gewerk. Sy eerste
vrou Bertha Gohler sterf met kindergeboorte.
Die sewende grensoorlog (1846-1847) het vereis dat Dohn die area verlaat
en hulle het in Bethanie geskuil. Hier
is sy tweede vrou oorlede. In Natal, aan
die voet van die Drakensberge het die Boere vir hom gevra om predikant van
hulle gemeente te raak en so het sy betrokkenheid by die kerk in
Pietermaritzburg begin. Hy het in 1847
by Ds Daniel Lindley oorgeneem en het tot 1850 daarmee voortgegaan. Jacob trou vir 'n derde keer met Caroline
Elizabeth Wilhelmina Watermeyer en hulle het nege kinders waarvan Emelia Sophia
een was. 'n Beskrywing van sy lewe en
werk kan met die link hieronder gevolg word.
(https://familysearch.org/photos/artifacts/21994104?signin=true&reportabuse=true)