h.5. Paul NEL, geb. 26/01/1867, ged. 09/06/1867

h.5.  Paul, geb. 26/01/1867, ged. 09/06/1867, Greytown, oorl 07/10/1943, Ermelo.  Dominee.  Veldprediker tydens ABO 1899, Transvaal.

Paul was die seun van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.


Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1892

ORDEN

1893

STANDPLASE

Masjonaland

1894 Makwassie

1897 Jeppestown

1907 Ermelo

EMERITEER

1934

Ds. Paul Nel is op 26 Januarie 1867 te Greytown, Natal, gebore. Sy teologiese opleiding het hy aan die Kweekskool te Stellenbosch ontvang en is in 1892 gelegitimeer. Nadat hy ‘n jaar in Masjonaland deurgebring het, het hy ‘n beroep na Makwassie aangeneem wat hy vir drie jaar bedien het toe hy na Jeppestown vertrek het. In laasgenoemde gemeente werk hy onvermoeid voort tot 1907 toe hy hom ‘n beroep na Ermelo laat welgeval het, waar hy vir 27 jaar gestaan het. Na ‘n vrugbare bediening van 42 jaar in die Kerk het hy sy emeritaat aanvaar. Hy was ‘n kragtige en invloedryke persoonlikheid wat groot dienste aan die Kerk in Transvaal bewys het. Die Sinodale vergaderinge het hy eers as assistentscriba en later as scriba gedien. Ook was hy verskeie kere Moderator van die Transvaalse Kerk. Vir baie jare was hy lid van die Raad van die Kerke ‘n Raad waarvan hy ook scriba en voorsitter was. Hy was ook redakteur van die eerste Transvaalse kerkblad De Vereeniging. Gedurende sy vrugbare bediening het hy veel tot stand gebring. Hy het vir geen opoffering teruggedeins omdat hy gedring was deur ‘n warme liefde vir die saak van die Here en vir die Kerk wat hy bedien het.Hy het visie gehad en dinge wat hy voorsien het, sal wellig later nog blyk waar te wees, soos dit al die geval is met die Teologiese Fakulteit wat hy in 1922 sien kom het. Toe hy op 7 Oktober 1943 oorlede is, het die Transvaalse Kerk een van sy groot manne verloor. https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/nel-paul/

As noted above, one of her sons was field chaplain Dominee Paul Nel, who served in the First Anglo-Boer War and supposedly often told stories around the campfires about his childhood and his beautiful mother Sarie Maré, who died young.  (https://en.wikipedia.org/wiki/Sarie_Marais) 

(https://www.myheritage.com/person-1012737_148888701_148888701/ds-paul-paul-hendrik-nel-a1b2c3d4e1f3g1h5)

Ds. Paul Nel (Greytown, 26 Januarie 1867 - Ermelo, 7 Oktober 1943) was predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Kerk.  Hy het vroeg in sy lewe die roeping ontvang om predikant te word.  Hy gaan studeer aan die Kweekskool op Stellenbosch en deurloop sy vierjarige studiekursus met welslae.  Hy is op 22 September 1892 gelegitimeer en vertrek na Masjonaland.  Hier het hy net 'n jaar lank gewerk toe hy 'n beroep na Makwassie ontvang en aanneem.  In dié gemeente staan hy net drie jaar toe hy 'n beroep na die NG gemeente Jeppestown in Johannesburg aanvaar.  Dit was die gemeente, wat pas op 8 Julie 1897 gestig is, maar sewe maande lank herderloos was, se derde beroep, wat die kerkraad op 22 Desember 1897 uitgebring het.  Ds. Nel en sy gesin het reeds op 17 Februarie in die Goudstad aangekom, maar sy plegtige bevestiging het eers 'n week later op Donderdag 24 Februarie 1898 plaasgevind.  Op daardie aand was die Presbiteriaanse kerkgebou van eerw. Douglas stampvol.  Agt predikante was onder die skare van gemeentelede en belangstellendes.  Ds. Abraham Kriel, leraar van die NG gemeente Langlaagte, het die diens gelei en ook die bevestiging waargeneem.  Die bevestigingsrede is deur die bekende ds. H.S. Bosman van Pretoria uitgespreek na aanleiding van Rom. 12:6-8.  Onmiddellik ná hierdie plegtigheid het ds. Nel die kansel bestyg en sy intreerede gelewer.  Sy teks was die antwoord van Petrus aan die kreupelgebore man by die tempelpoort: "Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en wandel (Hand. 3:6). Ds. Nel doen 'n beroep op die kerkraad en gemeente om hom deur die daad sowel as voorbidding te steun.  Hy sluit af met die woorde: "Te veroordelen is duivelisch, te criticeeren is menschelijk; te onderteunen goddelijk." ('n Beskrywing van die plegtigheid het verskyn in De Vereeniging, orgaan van die Transvaalse Kerk.)  'n Week later is ds. en mev. Nel op 'n groot ontvangsgesellingheid deur die gemeente onthaal en by hierdie geleentheid is daar ook van die konsulent, ds. Abraham Kriel, afskeid geneem.  Ds. Nel was nog betreklik jonk, want hy het so pas sy dertigste verjaardag herdenk.

Ds. Paul Nel, eerste leraar van die NG gemeente Jeppestown van 1898 tot 1907 en daarna van Ermelo tot sy aftrede in 1934.  (https://af.wikipedia.org/wiki/Paul_Nel)

Ds. Nel was een van die predikante wat hom in die Anglo-Boereoorlog by die vegtende burgers aangesluit het.  Hy is gevange geneem by Elandslaagte, maar is kort daarna vrygelaat.  Hy bly net tot 1907 in Jeppestown en vertrek daarna na die NG gemeente Ermelo, waar hy bly tot en met sy emeritaat in 1934 en ook voorsitter van die Ring van Lydenburg was.  Hy was skriba van die Transvaalse Sinode van 1904 tot 1912, assessor van 1919 tot 1923, questor van die Sinode van 1903 tot 1917 en van 1923 moderator, asook skriba van die Raad der Kerken (Federale Raad van NG Kerke) van 1907 tot 1909. Hy was een van die eerste pleitbesorgers vir die oprigting van die NG Kerk se Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria en dien later in die eerste Fakulteitskommissie.  
https://www.myheritage.com/person-1012737_148888701_148888701/ds-paul-paul-hendrik-nel-a1b2c3d4e1f3g1h5

Ds. Paul Nel het met sy aankoms in Ermelo (1907) dadelik deel gehad in die oprigting van  
’n koshuis vir seuns by die Uitkomst-skool.  Die ou pastorie is vergroot, en in 1908 kon die koshuis meer as 30 seuns huisves. In die eerste kwartaal was die getalle egter soveel hoër dat nog ’n verdieping by die Hugenote-tehuis opgerig is en voorsiening gemaak is vir dogters se verblyf by die Uitkomst-skool.  Ds. Nel het hom beywer vir die samesmelting van die staatskool en die Uitkomstskool, ’n plan wat dadelik die Direkteur van Onderwys se goedkeuring weggedra het. Ds. Nel se verdere roeping was egter om ’n hoërskool op Ermelo tot stand te bring en het dié versoek spoedig aan die Minister van Onderwys, Genl. Smuts, gerig.

“Vriendelik het die Minister my in sy kantoor ontvang, maar ewe beslis en kortaf geweier om my die hoërskool te gee met die woorde: ‘Nee, jy sal dit nie kry nie.’ Maar beslis het ek aan hom gesê: “Ou Jannie, ek sal my hoërskool op Ermelo kry.’ Vier-en-’n-half jaar daarna kom ek in Pretoria en sê aan hom: ‘Ou Jannie, ek het my hoërskool.’  Hy staan op, vat my hand en sê: ‘Hartlik geluk! Mag die skool bloei.’”

Teen die einde van 1913 is die skool toegestaan en in April 1914 het dit sy intrek in die Uitkomstskool-gebou geneem met ds. Nel se dogter, Janie Antonia, as eerste inskrywing.   
Tussen 70 en 80 leerlinge was ingeskryf met die opening van Hoërskool Ermelo.  Op 19 April 1921 is die skoolgebou op die huidige terrein in gebruik geneem.  In April 1914 is ’n reus gebore en vandag staan hy, net so trots soos altyd – Hoërskool Ermelo, die reus van die Hoëveld.  Alle eer aan ds. Paul Nel en al die manne en vroue wat saam met hom die droom gedeel het, want vandag leef die Erries dié droom…’n EHS-werklikheid.  (http://highvelder.co.za/8650/reus-1914-gebore/)

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, ERMELO, Urban area Mpumalanga, ERMELO, Old cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Paul 1867-1943