e.1. Louis NEL, ged. 23/04/1797

e.1.  Louis, ged. 23/04/1797, oorl. 17/08/1871, Rietfontein, Somerset-Oos x 26/05/1817, Graaff-Reinet met Margaretha Elizabeth NEL, ged. 18/09/1790, oorl. 21/01/1869, Somerset-Oos, d.v. Adriaan Nel en Maria Aletta (Janse) van Rensburg.

Louis was die seun van Daniël Nel en Maria Catharina van Aarde.


FAMILYSEARCH


FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1796-1807

Ondanks die gewone terugslae van Xhosa-rooftogte en lewensgevaar op die oosgrenssone, word hy 'n gesiene boer en onverskrokke leier.  Eers provisionele veldkornet van Oos Rietrivier, daarna veldkornet van die aangrensende Koonapstreek.  Selfs sy jonger broer, Christiaan Theunis Gertse Nel, word as sy provisionele veldkornet goedgekeur.  

Weens gebrek aan grond was dit in hierdie jare geensins vreemd dat in die wyke Oos Rietrivier, Koonap en Winterberg meer as een gesin op 'n plaas gewoon het nie. Commandofontein wat maar 2464 morg beslaan het, was geen uitsondering nie.  Na 'n paar jaar as provisionele veldkornet, is Louis Nel in 1833 as veldkornet van die wyk Koonap aangestel.  In Oktober 1833 het die hierbo genoemde veldkornet, Louis Nel (Daniël seun), opdrag ontvang om Pieter, ofte weI Johannes Petrus, kennis te gee dat hy nie daar mag woon nie.


Nieteenstaande dat familiebesonderhede oor hom baie karig was, het sy lewensloop as kandidaat vir ons Voortrekker al hoe belowender voorgekom.  Hy was beslis 'n leiersfiguur in die Koonap en 'n besonder aktiewe kommandoleier gedurende die Sesde Grensoorlog.  Saam met sy agterryer, die een-en·twintigjarige slaaf Pierre, wat beskryf word as "a fine intelligent looking boy", moes hulle op kommando 'n bekende paar gewees het.

Die Sesde Grensoorlog bring groot en ernstige verliese, maar Louis Nel tree met groot eer uit die stryd.  Sy naam is op die lippe van mede-burgers, amptenare, offisiere en selfs die Goewerneur.  Met die vredesluiting in September 1835 ry hy op die kruin van sukses.  Deur die een terugslag op die ander: 'n man wat nie eens aan die teenoffensief deelgeneem het nie, word as veldkommandant bo hom verkies.  

Pas na die oorlog het kol. Henry Somerset, die waarnemende veldkommandant oos van die Koonap, Piet Retief as veldkommandant aanbeveel.  Dit is uiteindelik goedgekeur, maar nie voor kapt. Campbell, siviele kommissaris, ten sterkste beswaar gemaak het nie.  Sy kandidaat was veldkornet Louis Nel, omdat die aanstelling van Retief "would be an act of the greatest injustice to Louis Nel who, while the former Retief remained at home, was serving on Commando, and whose activity and courage were so conspicuous on several occasions, as to attract the notice of the officers in command, and for which he received the public thanks of the Commander in Chief, and the passing him over on such an occasion as the present, would, I am persuaded, produce injurious effects.  Hier was nou 'n pligsgetroue veldkornet op die oosgrens wat werklik rede gehad het om 'n grief teen die Regering te koester.  Minder as 'n maand later besluit goewerneur D'Urban om, ondanks Campbell se waarskuwing, Retief as veldkommandant aan te stel.  Die uitgestrekte wyk Koonap onder Louis Nel word terselfdertyd in twee wyke verdeel.  Die noordelike deel (Winterberg) word onder 'n nuwe veldkornet, Hercules Malan. geplaas, terwyl die suidelike gedeelte (Koonap) onder veldkornet Louis Nel sou ressorteer.  Die "nadelige gevolge" wat kapt. Campbell voorsien het indien Louis Nel oor die hoof gesien word, pas vervolgens soos die blokkies van 'n legkaart.  Soos met 'n handomkeer word 'n voorheen bruikbare en lojale veldkornet omskep tot 'n ontevrede gees en "a species of Agitator amongst the Boors."  So word hy deur kapt. Armstrong in April 1836 bestempel.  Maar nie net dit nie.  Nel het by Armstrong kom kla dat hy nie die burgerlyste volledig kon invul nie, omdat die mense in sy wyk hom na die kerkregisters verwys as hy hul ouderdomme wou weet.  Dit, meen kapt. Armstrong, is 'n verdoeseling van die waarheid.  Hy het verneem dat Nel 'n sterk teenstander van die milisie-inskrywing is.  Verder stel Armstrong dit aan die Siviele Kommissaris dat hy tog hoop dat 'n verskoning gevind kan word om Louis Nel van sy amp te onthef.

Weliswaar het hy Nel eindelik sover gekry om die milisielys te voltooi, maar dit was eers nadat Armstrong daarop gesinspeel het dat al die ander veldkornette hul lyste volledig ingedien het.  Dit was eweneens nadat hy Nel laat verstaan het dat die Goewerneur dit onmiddellik sou opmerk.  Juis nou - het Armstrong die laaste hou ingekry - moes Nel sy boekie skoonhou want die Goewerneur was hom tot dusver baie goedgesind en het dit oorweeg om hom 'n goeie plaas naby Fort Beaufort te skenk.  Tereg kan 'n mens simpatiseer met die Afrikaner-oosgrensboer wat so totaal aan die gunste en gawes van 'n amptenaar uitgelewer was.  Dis ook nie onverwags as Armstrong in dieselfde brief rapporteer dat hy verneem het dat Nel die omgewing gaan verlaat nie.  Persoonlik het Nel hom meegedeel dat hy slegs drie maande weg sou wees.  Kapt. Armstrong sou homself beslis die moeite van bogenoemde brief gespaar het as hy maar kon weet dat Louis Nel reeds meer as 'n week vantevore sy bedankingsbrief aan die Siviele Kommissaris gerig het.  In die kort bestek van ses maande het 'n belowende toekoms en groot verwagtinge soos 'n kaartehuis om Louis Nel ineengestort.

Die vrederegter op Fort Beaufort weet blykbaar nie van hierdie frustasie nie.  Trouens, sy bedanking word met verligting aanvaar.  Omstreeks April 1836 was Louis Nel se troebele gemoed uiters ontvanklik en blootgestel aan propageerders van die trekgedagte.  lnderdaad kom dit ook voor of Louis en sy broer vinnig besig was om trekplanne te finaliseer. In The Graham's Town Journal van 8 Junie 1837 word deur twee bekende Engelssprekende spekulantboere van die Koonap geadverteer dat persone wat jag op Rietfontein en Nelshoek, voorheen die plaas van Louis en Christiaan Nel, onverwyld vervolg sou word. 

Teen November 1837 het 'n Louis Jacobus Nel in 'n Voortrekkerkamp gereed gestaan om die Kolonie te verlaat.  Maar was hy die veldkornet Louis Nel?  Kort en saaklik: nee, veldkornet Nel was nie die Voortrekker nie.  Naby die hoogtepunt, waar dit sou blyk of die veldkornet se lewensloop aaneenskakel met die Voortrekker L.J. Nel, moes erken word dat die veldkornet nie aan die vereiste voldoen nie.  Onder die ses slawe van die veldkornet was daar nie 'n Abraham July nie.  Tweedens: veldkornet Louis Nel het geboer op die plaas Rietfontein wat daarby ook nie aan die Koonap gegrens het nie.  Byna alles was ten gunste dat die trekgedagte insiag sou vind.  Louis Nel word egter nooit 'n Voortrekker nie.  'n Finale bewys hiervoor vind 'n mens in sy sterftekennis op 17 Augustus 1871. Louis Nel, die oud-veldkornet, is oorlede in sy huis op Rietfontein.  Sy sterftekennis bevestig 'n vermoede: hy was 'n jonger neef van twee van die Louis Jacobusse.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)