f.8. Jacoba Margaretha NEL, geb. 13/01/1846

 f.8. Jacoba Margaretha, geb. 13/01/1846, oorl. 06/04/1854 (geelkoors).

Jacoba Margaretha was die dogter van Joachim Elias Petrus Nel en Hendrina Steenkamp.

Geelkoors is 'n virusinfeksie wat aanleiding gee tot hoë koors, geelsug en, in ernstige gevalle, bloeding uit die slymvliese en "swart braking". Toe die virus vir die eerste keer vanaf slaweskepe deur hawens begin versprei het, het dit verwoestende epidemies met 'n hoë sterftesyfer veroorsaak.  Geelkoors was een van die mees gevreesde siektes onder die vroeë ontdekkingsreisigers in Afrika.  Niemand het geweet wat die siekte veroorsaak of hoe om dit te hanteer nie.  Koorsmuskiete word in Suid-Afrika aangetref, veral in die subtropiese kusgordel van KwaZulu-Natal.  (https://af.wikipedia.org/wiki/Geelkoors)