h.2. Gerhardus Jacobus Rudolph NEL, geb. 25/02/1878, ged. 21/04/1878

h.2.  Gerhardus (Gert) Jacobus Rudolph, geb. 25/02/1878, Krogshoop, ged. 21/04/1878, Middelburg, Tvl. oorl. 29/10/1966, Middelburg, Tvl. x 25/07/1905, Ermelo met Magdalena Henrietta Elizabeth (Jetie) NEL, geb. 16/09/1885, Bankfontein, ged. 01/11/1885, Carolina, oorl. 24/12/1927, Carolina, d.v. Louis Nel en Hester Magritha Aletta Potgieter xx 08/05/1928, Middelburg met Elsie Johanna VAN DER WALT, geb. 10/10/1885, oorl. 06/11/1949, Carolina (wed. Hefer) xxx Breggie Elizabeth Susanna BRITS, geb. 26/05/1890, Welkomden, dist. Carolina, oorl. 28/07/1968, Middelburg Tvl.

Gerhardus Jacobus Rudolph was die seun van Gerhardus Jacobus Rudolph Nel en Christina Catharina Malan.


Uit hulle pa se sterfkennis van 1932:
(https://www.wikitree.com/photo.php/2/25/Nel-768-1.jpg)

From the National Cultural History Museum, Pretoria, with thanks to Annelie Els the photographer
(http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=1472992)

 (https://www.geni.com/people/Magdalena-Henrietta-Elizabetha-Nel-b1c3d4e1f6g4h5/6000000009458563724)

(https://www.geni.com/people/Gerhardus-Jacobus-Rudolph-Nel-b1c3d4e1f6g3h2/6000000009458379555)

Gert Nel Jnr het die eerste twee jaar van sy lewe op die plaas Krogshoop deurgebring. Daarna verhuis die familie na die aangrensende plaas Witbank, wat sy vader op 22 Mei 1880 gekoop het.  Van skoolopleiding was daar vir die jonge Gert geen sprake nie. Dit was voldoende indien 'n man, vir die boerdery bestem, die Bybel vlot kon lees, skryf en reken.  Hy was vir drie maande in die skool by 'n baie streng Hollander, wat in die groot waenhuis op die plaas gehou is. Hierdie waenhuis was ook met tye as kerkgebou gebruik.  As jong seun het Gert die jaarlikse besoeke aan die Laeveld meegemaak en was teen 1890 groot genoeg om die lang ure in die saal deur te bring om na die vee om te sien.  Daar was meer werk as wat daar tyd was en sy vader was 'n streng tugmeester wat geen versuim oorgesien of geduld het nie. 'n Man se verantwoordelikheid en voorbeeld teenoor sy ondergeskiktes is van horn gedis.  In latere jare was hy self 'n baie streng tugmeester wie se woord wet was vir sy kinders, ondergeskiktes en werkers.  Na sy halwe broer, Swart Lewies, se huwelik in 1890 het hy sy vader se regterhand geword.  Gedurende hierdie tyd het hy gekatkiseer en na hy belydenis van geloof afgelê het, het hy lidmaat van die NG Kerk, Ermelo, geword.  Op 16 jarige ouderdom het hy burger van die Suid-Afrikaanse Republiek geword. Hy was aan Wyk 3 van die Ermelo kommando toegewys en aan krygsplig onderwerp. Indien opgeroep moes hy by 'n bepaalde plek en tyd met perd, saal en toom, geweer, 50 rondtes ammunisie en proviand vir 14 dae, aanmeld.  Hy het aan die Mphefu-oorlog, in die Soutpansberg, deelgeneem. Magato was vanaf 1864 opperhoof van die Bavenda en met sy afsterwe in 1895 is hy deur Mphefu. opgevolg.  Die veldtog teen Mphefu het in 1898 plaasgevind.  

Tydens die Anglo-Boereoorlog, nou bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899 tot 1902, het hy saam met die Ermelo kommando in Natal deelgeneem, o.a. aan die beleg van Ladysmith, die veldslae van Tugela, Spioenkop en andere.  Na die Britse oomame van Bloemfontein en Pretoria, het die gesamentlike krygsraad besluit om die kommando's na hul tuis-distrikte terug te stuur vir guerrillaoorlog.  Gert Nel is tot korporaal onder veldkornet Ben Smit bevorder.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

League of Veterans
Surname
Nel
Name
Gert Jacobus R.
Date Birth
25.2.1878
Residence
Witbank, Carolina
Name Last Officer
B.J. Smit
Weapon
Junie 1902
When Killed
Widow Veteran
Branch
Carolina
Notes
52
Ref ID
1686

Sy jonger broer Jaap (-g3h5) en sy neefs Doors (-g4h3) en Gert (-g4h4) het in sy afdeling gedien. Hulle het op die Hoeveld in die omgewing van Ermelo en Carolina die Engelse baie lastig geval en skade berokken.  Die Britse magte het teesinnig die burgers van hul noodsaaklike voorrade soos perde, gewere, ammunisie, kos, klere, medisyne, ens, voorsien. Indien die voorrade min raak het hulle doodeenvoudig 'n afdeling Tommies gevang, uitgeskud en weer laat loop.  Die kakieklere was gewoonlik vol luise en die enigste raad was om dit te kook om van die goggas ontslae te raak.  Tydens een so 'n geleentheid was Gert juis besig om sy klere op hierdie manier te ontluis, toe die skildwag skielik waarsku dat die Engelse op hulle is.  Daar was min tyd om die klere uit die kokende water te gryp en bloots op die perde te spring en nakend onder die Engelse koeels uit te jaag.  Almal het by hierdie geleentheid veilig weggekom.  Daar was ook swaar en treurige dae.  Gert het die boodskap in die veld ontvang dat sy vader en broer gevange geneem en na Indië gestuur is en dat sy moeder en die kleiner kinders na die konsentrasiekamp op Barberton geneem is. Die plaashuis is afgebrand en alles vernietig.  Dit was ook vir horn 'n treurige dag toe sy neef Gert (-g4h4) op die plaas twyfelaar gesneuwel het.  Na die oorlog het hulle die wapens as bittereinders gaan neerlê en eervolle ontslag uit die Republikeinse magte gekry.  Gert het sy moeder in die konsentrasiekamp op Barberton gaan haal.  Hy het haar alleen en gebroke gevind.  Sy het vier dogtertjies tussen 19 Augustus en 7 September 1901 aan die dood afgegee.  Terug op die plaas het die moeilike tydperk van heropbou begin.  Voor sy vertrek, na die kommando, het Gert Snr 'n vrugtefles vol goue munte tussen die voetpad en watervoor, na die skaapdip, ongeveer 200 meter van die huis of gaan begrawe.  Dit was net ingeval daar iets met die familie gedurende die naderende oorlog sou gebeur.  Dit was hul redding. Na die oorlog het Gert Jnr die fles gaan haal.  Dit was half ontbloot en kon op 'n afstand gesien word.  Die voetpad is gereeld deur soldate en plaaswerkers gebruik.  Met hierdie geld en die uitbetaling uit die drie miljoen pond, wat Brittanje aan die voormalige Republiek as skadevergoeding gegee is, het Gert Jnr na die Karoo gereis om vee to gaan koop. Hiermee kon die familie weer 'n begin maak.  Hy is saam met 'n vriend, Hans Swart, met 'n muilkar na die Kaap en weer daarmee terug met vee wat hulle in die hande kon kry.  Gert tree op 25 Julie 1905 in die huwelik met sy niggie, Jettie Nel (-f6g4h5), en vestig hom op die oostelike gedeelte van die plaas Witbank, wat in die Carolina distrik geleë is.  Die westelike gedeelte was in die Ermelo distrik geleë.  Hy word tot diaken van die NG Kerk verkies, maar met die kerkstryd kort daarna kies hy die kant van ds. S J du Toit (vader van Totius en eertydse lid van die Genootskap van Regte Afrikaners).  Na die dood van ds. du Toit in 1911, verenig die Gereformeerde Kerk onder die Kruis met die Gereformeerde Kerk.  Die kerkgebou op Breyten is verkoop en met die fondse is die kerk op Carolina opgerig.  Gert is as ouderling verkies en het op die Kerkraad tot 1952 gedien toe by die plaas Witbank verkoop en op Belfast gaan woon het.  Gedurende sy jare van aktiewe boer het hy sy gemeenskap op verskillende terreine gedien.  Hy was lid van die skoolkomitee en op politieke gebied was hy sedert 1912 'n ondersteuner van generaal J.B.M. Hertzog. Hy het op die tak en afdelingsbesture van die Nasionale party gedien.  Hy was ook lid van die boereverenigings.  Na sy aftrede het Gert Nel snr sy gronde aan sy seuns oorgedra.  Gert jnr het 'n gedeelte van Goedehoop, aangrensend aan Doornhoek, gekry.  Na Louis Nel se dood is sy gedeelte van die plaas Doornhoek aan sy kinders bemaak.  Gert jnr het drie van sy swaers se erfdele uitgekoop en dit, tesame met sy vrou se erfdeel, met sy gedeelte van Goedehoop gekonsolideer.  Dit was altesame 1500 morg groot.  Die plaas Witbank is in twee gelyke dele verdeel en Gert het een heifte gekry en sy broer Andries die ander helfte.  Jaap het Krogshoop gekry, terwyl Swart Lewies 'n gedeelte van Kromkrants gekry het.  Die orige 500 morg van Kromkrants is aan die Staat vir die vestiging van Swartes verkoop.  Soos voor die Anglo-Boereoorlog, het Gert vir baie jare met vee gedurende die winter na Goedehoop en Doomhoek getrek.  Nadat die kinders skoolplig geword het, is 'n plaasvoorman aangestel om met die vee to trek en het die hele gesin met die winter vakansies daarheen gevolg.  Gedurende die tydperk September 1922 tot September 1927 het Gert die familieplaas verhuur en op die plaas Brakspruit, aan die Carolina-Machadodorp spoorlyn, naby die stasie Moedig, gewoon.  Met die terugkeer na die plaas Witbank op 16 September 1927 het Jettie, Gert se vrou, 'n beroerte aanval gehad.  Dit was op haar 42ste verjaardag.  Sy was verwagtend en na die geboorte van haar dogter, op 15 November 1927, het haar gesondheid verswak en is sy op 24 Desember 1927 oorlede en op Kersdag 1927 op Carolina begrawe.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, CAROLINA, Urban area Mpumalanga, CAROLINA, Main cemetery NEL Magdalena Hendrijettha Elisabetha nee NEL 1885-1927 :: NEL Maria Elisabetha 1920-1925 :: NEL Theodorus Johannis 1925-1925

In 1928 is Gert met weduwee Elsie Johanna Heller, née van der Walt, getroud.  Sy was 'n dame vir wie Gert se kinders die grootste agting en toegeneentheid gehad het en hulle het haar soos 'n moeder beween toe sy hulle in Desember 1949 ontval het.

(https://www.wikitree.com/photo.php/f/f9/Nel-3800-1.jpg)

(https://www.wikitree.com/photo.php/7/79/Van_der_Walt-2904.jpg)

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, CAROLINA, Urban area Mpumalanga, CAROLINA, Main cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Elsie Johanna nee V.D. WALT 1885-1949

Hierna is Gert met Breggie Brits van Belfast getroud.  Na die dood van Jettie in 1927, is die gronde Doornhoek en Goedehoop, ingevolge die bepalings van die testament, aan die ses oorlewende kinders bemaak.  Die gronde was nie voldoende vir 'n lewenskragtige verdeling nie en gedurende 1950 as twee afsonderlike plase verkoop.  Gert het die plaas Witbank in 1952 verkoop en vir etlike jare saam met sy derde vrou in haar huis in Belfast gewoon.  Sy laaste jare het hy saam met sy derde vrou in die Suid­ Afrikaanse Vroue Federasie Ouetehuis op Middelburg, Tvl gewoon, waar hy op 29 Oktober 1966, in die ouderdom van 88 jaar, oorlede is. Sy familie- en troue vriendehande het horn twee dae later op Middelburg begrawe. Sy derde vrou het hom oorleef.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)