h.5. Cornelis Vermaak NEL, geb. 26/12/1874, ged. 28/03/1875

h.5.  Cornelis Vermaak, geb. 26/12/1874, ged. 28/03/1875, Greytown, oorl. 04/06/1936 x Maria Wilhelmina MARAIS, geb. 1883, oorl. 25/10/1954, Bloemfontein, OVS.

Cornelis Vermaak was die seun van Louis Louwrenz Nel en Judith Margaretha Moolman.

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1900

ORDEN

1906

STANDPLASE

1901 Reis. Sekr., C.S.V.

1906 Cradock

1914 Oudtshoorn

1925 Robertson

EMERITEER

1935

Ds. Cornelis Vermaak Nel was ʼn seun van die gemeente Greytown, Natal, waar hy 26 Desember 1874 gebore is. Te Stellenbosch het hy aan die Kollege sy B.A.-graad behaal en in 1900 sy teologiese kursusaan die Seminarie voltooi. Na ʼn tyd in Europa het hy enige jare as algemene sekretaris van die C.S. Vereniging gedien en in 1906 ʼn beroep tot tweede leraar van Cradock aangeneem en daar agt jare gearbei. In 1914 het hy predikant geword van Oudtshoorn en die gemeente bedien tot 1925, toe hy dit verwissel het in Robertson. Sy gesondheid was toe al nie wat dit moes wees nie en met groter besorgdheid het sy dierbares en gemeentelede telkens van senuweeswakheid by hom bemerk, wat so toegeneem het dat hy vir behandeling na Europa moes gaan, wat lank geduur het sonder dat daar enige merkwaardige verbetering ingetree het. Hy het na sy vaderland teruggekeer, maar nie na sy gemeente nie, en eindelik is om ontslag gevra en dit aan hom onder betuiging van innige leedwese toegestaan (1935); Hy is geruime tyd in ʼn inrigting op Johannesburg verpleeg en daar is hy 5 Junie 1936 sy ewige rust ingegaan, nalatende ʼn geseënde gedagtenis.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/nel-cornelis-vermaak/)

FAMILYSEARCH