f.4. Elizabeth Johanna Maria NEL, geb. 04/07/1826

f.4.  Elizabeth Johanna Maria, geb. 04/07/1826, ged. 24/08/1826, Swellendam, oorl. 17/09/1874, Helpman, Boshof, OVS x 09/01/1843, Riversdal met Jacobus Hendrik JANSE VAN RENSBURG, geb. 26/08/1821, Kafferskuilrivier , dist. Riversdal, ged. 30/09/1821, Swellendam, oorl. 01/08/1893, s.v. Jacobus Hendricus Janse van Rensburg en Hester Magdalena Janse van Rensburg. JHJVR xx Johanna Maria Mouton.

Elizabeth Johanna Maria was die dogter van Gerrit Petrus Nel en Sophia Catharina Vreij.


http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/24-Hoofstuk-22-Jacobus-H-van-Rensburg-g3.pdf

Uit hulle pa se sterfkennis van 1835:

FAMILYSEARCH

(https://www.wikitree.com/photo.php/d/d6/Janse_van_Rensburg-2240-2.jpg)

Jacobus was die vyfde kind van Jacobus en Hester Janse van Rensburg. Hy is gebore in 1821 in die Distrik Riversdal en word bykans 72 jaar voordat hy in 1893 in die Bloemfontein distrik oorlede is. Jacobus was ’n boer.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/24-Hoofstuk-22-Jacobus-H-van-Rensburg-g3.pdf

)
http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/24-Hoofstuk-22-Jacobus-H-van-Rensburg-g3.pdf

http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/24-Hoofstuk-22-Jacobus-H-van-Rensburg-g3.pdf

Jacobus se vader het gedeeltes van die plase Drie Kuylen en Hectorskraal in die Albertinia omgewing besit en die gesin het blykbaar gedurende Jacobus se kinderjare afwisselend op die plase gewoon.  Jacobus en Elizabeth het aanvanklik op Hectorskraal in die omgewing van Albertinia gewoon.  Jacobus was in besit van ’n gedeelte van Hectorskraal . Hy word in 1850 as eienaar aangedui.  Teen 1866 het hy 32/96stes van die plaas besit. Blykbaar was die deel wat hy besit het, die noordelike deel van die plaas.  Die dokumente wat bekom is, is nie duidelik oor wanneer Jacobus ’n gedeelte (510 morg) van die plaas Lunsklip (Luinsklip) 47230 by Cornelis Theodorus Kleynhans gekoop het nie, maar dit kom voor asof dit in die 1860’s moes gewees het, want daar was nog geld daarop uitstaande toe die boedel insolvent verklaar is. 



Jacobus verloor albei hierdie plase toe hy in 1866 insolvent verklaar is en die plase per veiling verkoop word.  Hy was nagenoeg 45 jaar oud toe hy insolvent geraak het. Jacobus meld dat hy sy boedel oorgegee het op 6 Julie 1866. Die trustee van die boedel het aangedui dat die laste teen die boedel £1039.17.6 was. Skulde ten bedrae van £450, insluitende twee verbande, was voorkeureise teen die boedel. Die bates van die boedel is vroeg in November 1866 beraam op £670.9.0, wat 32/96stes van Hectorskraal, 510 morge van Lunsklip en ’n biejie vee, meubels, ens. insluit. Die trustee het aanbeveel dat Jacobus, wat met ’n groot gesin geen heenkome gehad het nie, die bietjie meubels en sy deel van die graanoes behou. Die eiendom is op ’n veiling op 23 November 1866 verkoop. Die grond het £426.11.6 gehaal en die los goedere £35.0.1.  Die boedel word in 1869 finaal afgesluit...Dit kom voor asof die verhuising na die Vrystaat tussen 1869 en 1873 plaasgevind het.   



Elizabeth is op Donderdag 17 September 1874 op die plaas Helpman van haar seun Jacobus Hendrikus oorlede. Sy was toe 48 jaar oud en was 31 jaar met Jacobus getroud.  Na Elizabeth se dood trou Jacobus, toe hy 53 jaar oud is, met die 46-jarige weduwee Johanna Rood (geb. Mouton). Sy was voorheen getroud met Jan Daniel Rood. 

Toe Jacobus op 12 Februarie 1875 met Johanna Mouton getroud is, was hy ’n boer van Zoutspruit.  Daar is ’n plaas Zoutspruit in die distrik Brandfort. Die oorspronklike plaas is in heelparty plase opgesny, maar op die Landmeter-Generaalkaarte het ’n klein gedeelte as Zoutspruit behoue gebly.  http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/24-Hoofstuk-22-Jacobus-H-van-Rensburg-g3.pdf

(https://www.wikitree.com/photo.php/b/b5/Nel-4279.jpg)

Kinders:


g.1.  Sophia Catharina JANSE VAN RENSBURG, geb. 12/1843 x Bartholomeus Saayman

g.2. Hester Magdalena JANSE VAN RENSBURG, geb. 27/04/1845 x Petrus Herodus Kleinhans.

g.3.  Jacobus Hendrikus JANSE VAN RENSBURG, geb. 08/03/1847 x 18/11/1868, Riversdal met 
Sophia Catharina Kleynhans xx Elizabeth Maria Geertruida Campher


g.4.  Elizabeth Johanna Maria JANSE VAN RENSBURG, geb. 23/09/1848, Riversdal, oorl. 09/12/1920, Zeerust, W-Tvl 
X 1871 met Jacobus Johannes Petrus Rautenbach, geb. 18/03/1853, oorl. 11/06/1887, s.v. Lukas Johannes Rautenbach en Hester Agnessa Prinsloo.


g.5.  Gerhardus Petrus JANSE VAN RENSBURG, geb. 31/08/1852 x 1874, Bloemfontein met 
Maria Elizabeth Susara Kasselman


g.6.  Anna Magdalena JANSE VAN RENSBURG x 22/12/1873, Bloemfontein met Jacobus Lodewyk Durand


g.7.  Susanna Catharina JANSE VAN RENSBURG, geb. 15/10/1858 x 1875, Boshof met Stefanus Jacobus Grové