g.10. Johannes Abraham Benjamin NEL, geb. 11/09/1884

g.10.  Johannes Abraham Benjamin, geb. 11/09/1884, oorl. 29/07/1956,  Taaibosdam, Vanrhynsdorp x Sibella Aletta Sophia MOSTERT, geb. 06/10/1895, oorl. 05/10/1980.

Johannes Abraham Benjamin was die seun van Jan Harmse Nel en Jannetjie Sophia Nieuwoudt.


Op 25 Junie 1908 het Jan Harmse Nel sy deel van Sewefontein aan sy drie seuns, Willem Jacobus Albertus Nel, Heremias Cornelis Nel en Johannes Abraham Benjamin Nel bemaak. Twee van die broers, WJA Nel en JAB Nel verkoop hulle grond aan hul ander broer, Heremias Cornelis Nel .   (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)


Johannes en Let (soos sy vrou algemeen bekend was) het vier kinders gehad. Die oudste was Jan (Harmse) en dan het gevolg Ben, Lenie (enigste dogter) en die laatlam, Koos. Jan en Ben het beide polisiemanne geword en Koos was 'n verkeersman en later in lewe lid van die vloot in Simonstad. Lenie het met 'n boer, Japie Prins getrou en op Gifberg te Van Rynsdorp gevestig.  (https://www.geni.com/people/Johannes-Benjamin/6000000028517702817)


Johannes het oorspronlik van Loeriefontein area gekom maar later in sy lewe het hy 'n ernstige beroerte gehad sodat hy nie meer kon werk nie. Hy het toe ook op die Prinse se grond op Gifberg gevestig tot en met sy dood. Na sy dood het Let by haar dogter Lenie gebly op Gifberg tot en met haar afsterwe. (https://www.geni.com/people/Johannes-Benjamin/6000000028517702817)