i.1. Maria Elizabeth Jacomina NEL, geb. 02/11/1913, ged. 04/01/1914

i.1.  Maria Elizabeth Jacomina (Becky), geb. 02/11/1913, ged. 04/01/1914, Koffiefontein, oorl. 08/05/2001, Rosepark Hospitaal, Bloemfontein, OVS x Abraham Christoffel (Apie) NAUDE, geb. 16/05/1915, oorl. 22/08/1998, Bloemfontein, s.v. Willem Adriaan Naude en Magdalena Petronella Christina van der Merwe.

Maria Elizabeth Jacomina  was die dogter van Abraham Johannes Nel en Maria Elizabeth Jacomina Fourie.

(https://www.myheritage.com/person-1006746_148888701_148888701/maria-elizabeth-jacomina-becky-nel)

Id nr 1311020013082. Op haar Id het gestaan 1913 gebore maar sy het altyd gestry sy is in 1914 gebore (1912). Ontmoet A.C. Naudé by n Rugby onthaal op 27/07/1939, Raak verloof op 1/12/1939 en trou in die Klipkerk in Bloemfontein.  Sy was n fantastiese mens en ‘n beter kok was daar nie.  Sy het met varkies en hoenders geboer op die plaas vir ekstra geldjies.  Sy het koekies ook as jong vrou gekoop en verkoop om geld te maak om nie die plaas te verloor.  Sy was n knap naaldwerkster en het vreeslike mooi goed gehekel en gebrei sy was baie lief vir blokraaisel invul en sy en haar man het ure lank Brug gespeel.  Sy het na n lelike val op Edenburg (‘n dubbel motorhuis deur het haar omgestamp toe die deur deur die wind oopgewaai is) nooit weer kon bak en het feitlik die gebruik van haar linker arm verloor.  Sy was na haar man (se dood?) baie hartseer en het baie getreur.  Op die einde blaas probleme ontwikkel. Hul het vermoed dis kanker en glo haar niere aangetas en als het begin ingee.   (https://www.myheritage.com/person-1006746_148888701_148888701/maria-elizabeth-jacomina-becky-nel)