j.1. Susanna Jeanetta NEL, geb. 09/09/1917

j.1.  Susanna Jeanetta (Suzi), geb. 09/09/1917, oorl. 1996, Calitzdorp x  Lodewikus Lourens Johannes VISSER (Dr. Ds), geb. 10/10/1919, oorl. 17/03/1993, Calitzdorp.

Susanna Jeanetta was die dogter van Carel Christiaan Nel en Jeanetta Wilhelmina Cloete.


(https://www.myheritage.com/person-5033849_148888701_148888701/dr-ds-lodewikus-lourens-johannes-visser)

Visser, Lodewikus Laurens Johannes, B.A., B.D., D.D.: L.1941; 0.1942 Vereeniging; 1950 Wynberg; 1962 Kakamas.

DR LODEWIKUS LOURENS JOHANNES VISSER (BA, BD, DD) (10.10.1918 - 17.03.1993)
L L J Visser is op 10 Oktober 1918 gebore. Hy matrikuleer aan die destydse "Nylstroom Middelbare Skool" en was een van die eerste vyf studente van die Fakulteit Teologie (Afdeling B) aan die Universiteit van Pretoria.  Hy word gelegitimeer in 1941 en sy eerste gemeente is Vereeniging.  In 1950 aanvaar hy 'n beroep na Wynberg by Kaapstad.  Terwyl hy daar is, skryf hy in vir sy doktorsgraad by die Universiteit van Stellenbosch met as tema vir sy proefskrif:  Die Algemene Openbaring.  'n Ramp tref hom egter aangesien 'n proefskrif met dieselfde tema net op daardie tydstip in Amsterdam die lig gesien het.  In 1958 verskyn sy volgende proefskrif:  Die verbond in die teologie van Karel Barth.  In 1971 gaan hy na Newcastle en emeriteer daar na 13 jaar diens.  Hy was getroud met 'n nooi Nel en hulle het twee dogters en 'n seun gehad. Ds L L J Visser, junior, die seun wat in sy pa se voetspore gevolg het, is tans predikant op Naboomspruit.  Dr Visser se roeping was vir hom 'n vreugde.  Tien jaar lank het hy as predikant van Wynberg die pastorale versorging gedoen van die Magdalena Huis vir ongehude moeders en daar die wel en wee saam met hulle beleef.  In sy hele bediening het hy baie belanggestel in leerstellige en aktuele sake.  Hy was dan ook tot by sy aftrede voorsitter van die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake.  Hy het ook in die moderatuur van die Sinode van Natal gedien.  Dr Visser was 'n formidabele man met 'n forse optrede.  Hy het vertroue uitgestraal en vertroue ingeboesem.  Hy is op 17 Maart 1993 te Calitzdorp oorlede waar die egpaar hulle later tyd gevestig het.
(https://www.myheritage.com/person-5033849_148888701_148888701/dr-ds-lodewikus-lourens-johannes-visser)


Calitzdorp

Kinders:

k.  L. L. J. VISSER (Ds.)