Omtrent die navorser:

Ek het in 1992 'n meestersgraad in Afrikaanse Kultuurgeskiedenis aan die
Universiteit van Stellenbosch verwerf. Alhoewel ek nie in Genealogie
gespesialiseer het nie, het ek sommer gou 'n belangstelling daarin
ontwikkel. Ek het kort daarna begin om my onmiddellike familie aan
vaderskant (von Wielligh) na te vors, maar mettertyd het dit uitgekring
na my ma se familie (van der Westhuizen) en ook na my man se pa se
familie (Wortley) en natuurlik die van sy ma (Ritchie). Die behoefte en
belangrikheid om meer van ons voorgeslagte te wete te kom, het versterk
toe ons besluit het om na Australië te emmigreer. Toe toegang tot
oorspronklike dokumente (asook transkripsies van oorspronklike
dokumente) op die internet beskikbaar geraak het, het dit vir my
moontlik geraak om meer indringend navorsing te doen. Ek wou egter nie
net die stambome navors nie, maar poog om meer omtrent die indiwidue uit
te vind. Die fotos van die oorspronklike doopinskrywings wat ek in die
stamboom voeg, lewer 'n weelde van addisionele inligting, byvoorbeeld,
wie die doopgetuies was, (soms) op watter plase hulle ten tye van die
doop gewoon het, in watter distrik die doop plaasgevind het, maar dit is
ook 'n onteenseglike bewys dat so 'n inskrywing wel korrek is.
Corli Wortley
Kontak die navorser op: