h.1. Nicolaas Quartes VON WIELLIGH, geb. 1908

h.1. Nicolaas Quartes, geb. 1908, oorl. 02/09/1971, Nigel x  21/01/1930, Delmas, Springs, Tvl. met Maria Eliza BEYTELL, geb. 1904, oorl. 23/07/1977, Nigel, d.v. Frederick Jardine Beytell en Aletta Sophia van Dyk.

Quartes was die seun van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Hattingh.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1947:
FAMILYSEARCH


Klasie en Bettie met Quartus en Wikus
Foto:  (http://www.lavonn.net/id26.html)

Werk aanvanklik op die myne, boer later op Goede Hoop maar keer terug na die mynwese en woon op Springs en Dunnottar.

By sy (Quartes) huis was n rankboom (Bougenvilla) langs die stoep waarvandaan hy alles en almal ongesiens kon beloer. Niks het sy aandag ontwyk nie en hy was op hoogte van alles en almal.  Sy laaste motortjie was n V W Beetle. Op n dag ry n swart vrou by ons verby met so n Beetle en ook dieselfde kleur. Dit was vir hom baie vernederend, jy moes die ongeloof en verbasing op sy gesig gesien het nie te praat van die kommentaar nie, dit het ons nog baie lank daarna ervaar.

Gedurende my verblyf aan die Oos-Rand het ons baie oor en weer gekuier. Die dag voor sy dood het hy my gehelp bome snoei. Halfpad deur was hy baie moeg en ek het n koffie breek voorgestel. Later het hy en Tant Hess gery, ek was bekommerd maar hy het my verseker hy voel baie beter na die hartpilletjie. Die bome is nooit klaar gesnoei nie. Sy dood hierna was baie onverhoeds en veel te vroeg.  Gelukkig kon ek as draer van sy kis en oorskot optree tydens sy begrafnis. (http://www.lavonn.net/id41.html)

eGGSA library Gravestones in South Africa Gauteng Gauteng, NIGEL, Urban area Gauteng, NIGEL, Main cemetery