g.2. Willem Stefanus NEL, geb. 17/04/1859

g.2.  Willem Stefanus, geb. 17/04/1859, Fort Beaufort, Grahamstad, Oos-Kaap, begr. Clarens x 17/05/1886, Bethlehem met Hester Maria VAN VOLLENHOVEN, geb. 01/12/1865, Winburg, OVS, oorl. 23/08/1940.  Van Kransfontein na Clarens.

Willem Stefanus was die seun van Adriaan Johannes Michiel Nel en Hester Els.


Plaas voorman op die plaas van Richard Scott.  Het ook Transport gery na Johannesburg.    Is gedurende die ABO 30/07/1900 by Brandwater naby Fouriesburg gevange geneem en gedeporteer na Ceylon.  Hy was toe 41 jaar oud.  Sy krygsgevange nommer was 9085.  Hy was destyds woonagtig op die plaas Skaapplaats in die Bethlehem distrik.  Hy is met die skip Mongolian afgevoer na Diyatalava in Ceylon.  Voor die ABO het hy aan sy plaaswerker Flip ‘n geweer gegee en gesê hy moet die familie en die plaas oppas.  Toe die Engelse in die omgewing kom het Flip aan Hester Maria gesê sy moet na Basutoland vlug, maar sy wou nie.  Hy het van die gesin se eiendom in Basutoland ingeneem en dit na die oorlog weer teruggebring.  Hester Maria het daarna saam met die kinders met die wa rondgetrek.  Die plaas was afgebrand.  Willem Stefanus was die laaste 14 jaar van sy lewe baie sieklik – rumatiek.  Hy het net gesit en het inmekaar. getrek.   (www.karelnel.co.za/.../Nelvoorsate.doc)

Edward NN, geb.  07/05/1889 was ‘n weeskind wat tydens ‘n transportryertog in Johannesburg gevind is.  Hy het by die gesin grootgeword en het later sy eie koers ingeslaan.   (www.karelnel.co.za/.../Nelvoorsate.doc)