i.2. Johanna Jacomina VAN DER WESTHUIZEN, geb. 10/02/1892, ged. 16/02/1892

i.2.  Johanna Jacomina, geb. 10/02/1892, ged. 16/02/1892, Prieska, oorl. 19/01/1914, Kakamas x 19/01/1910 met Frederick Edward Hugh DICKINSON, geb. 05/07/1916, Dublin Ireland.

Johanna Jacomina was die dogter van Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Christina Wilhelmina Loots.

Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1911.

Frederick Edward Hugh Dickinson, Howard op 4 en halwe maande en Johanna Jacomina

Johanna Jacomina was die enigste Van der Westhuizen dogter.  Sy was op 10/02/1892 gebore.  Sy was met Frederick Edward Hugh Dickinson, 'n Engelsman wat ‘n rondgaande onderwyser was getroud.


Hy was van Ierse afkoms en het gedurende die Anglo-Boereoorlog na Suid-Afrika gekom.  Toe was hy ‘n onderwyser en ongetroud.  Johanna Jacomina van der Westhuizen was blykbaar in St. 6 as leerling by hom in die klas.  Nadat sy klaar was met skool, is sy met hom getroud op 19 Januarie 1910.

Sy het 'n enigste kind, ‘n seun  Howard gehad, wat op 3 Februarie 1912 gebore is en vernoem is na sy pa se broer, Howard Noël. Johanna Jacomina is op die baie jong ouderdom van 22 jaar, op 19 Januarie 1914 in Schroder, Kakamas, oorlede.  Howard en sy ma het saam masels gekry, waaraan sy oorlede is.  Howard was toe nog ‘n baba en sy ouma, Hennie van der Westhuizen moes hom hierna grootmaak.  Hy en Hendrik van der Westhuizen is saam aan haar bors grootgemaak.


Die feit dat sy so jonk dood is, moes vir die Van der Westhuizens baie moeilik gewees het om te aanvaar.  Allerhande stories rondom haar dood is vertel.  Terwyl sy siek was, het haar broer Andries haar opgepas en voor haar bed geslaap.  Volgens oorlewering het Dickinson op die dag van haar dood, vir haar 'n poeier gegee en die papiertjie van die poeier net daar laat lê.  Toe hy die poeier vir haar gee,  het hy blykbaar vir haar gesê, “drink en vrek of lewe”.  (onwaarskynlik).  Sy is dieselfde aand dood.  Andries het die papiertjie van die poeier opgetel en in sy sak gesteek.  ‘n Rukkie na Johanna Jacomina se dood het die Van der Westhuizens gehoor van 'n man wat dood is, nadat hy gif ingekry het.  Dieselfde soort papiertjie is blykbaar by hom gekry, wat daartoe gelei het dat die familie geglo het dat Dickinson ook vir Johanna Jacomina gif ingegee het.

Frederick Edward Hugh Dickinson het sy vrou se dood moeilik verwerk en aangesien Hennie van der Westhuizen vir Howard verder grootgemaak het, is hy (moontlik) na Queenstown of Grahamstad, waar hy later met ‘n Engelse vrou, ‘n juffrou Melonie, getroud is.  Hy is daar oorlede en begrawe.  Hy het egter met sy seun bly korrespondeer tot en met sy dood.

Volgens oorlewering was Hennie so oortuig daarvan dat haar dogter deur Dickinson vermoor was, dat sy vir juffrou Melonie 'n brief geskryf het, waarin sy haar gewaarsku het teen Dickinson.  Dickinson het die brief gelees en was verskriklik kwaad.  Hy het gesê dat hy nooit weer met 'n Van der Westhuizen sou praat nie.  Hierna het hy alle kontak met hulle verbreek.

Ria Ross saam met haar een kleinseun by haar ouma Dickinson se graf in Schroder, Kakamas

Kinders:

j.1.  Howard Noël DICKINSON, geb. 03/02/1912, oorl. Pretoria x Johanna Maria du Plessis xx Maria Matthysen. 

Howard en sy tweede vrou Maria Matthysen saam met tant Lenie (regs)

Howard Noël Dickinson se graf in Pretoria