e.2. Willem Martinus Petrus VAN DER WESTHUIZEN, ged. 20/04/1807

e.2.  Willem Martinus Petrus, ged. 20/04/1807, Stellenbosch, oorl. 23/07/1867, Groot Kruis x 15/03/1840, George met Elizabeth Wilhelmina GREEFF, geb. 18/02/1818, Oudtshoorn xx 03/03/1851, George met Anna Margaretha Jacoba BEHR, geb. 07/10/1826, ged. 03/11/1827, George, d.v. Christiaan Jacobus Behr en Anna Christina van der Westhuizen.

Willem Martinus Petrus was die seun van Matthias Jacobus van der Westhuizen en Maria Susanna Engelbrecht.

Die kerklike gemeente van Oudtshoorn is eers op 11 Oktober 1853 gestig. Tot 1798, toe die gemeente Swellendam gestig is, is die mense van hierdie streek onder  die gemeente van Tulbagh ingedeel. Die gemeente George is in 1812 gestig en is Oudtshoorn onder daardie gemeente ingedeel. Vir die eerste keer is ’n kerkraadslid vir hierdie wyk gekies. Die eerste kerkgebou is aan die onderpunt van George weg (nou Langenhovenweg) opgerig. Die kerkplein was noord van die kerk geleë, in die omgewing van Plein straat.  Cornelis Petrus Rademeyer het  vir hierdie doel  5 morge van sy plaas beskikbaar gestel in 1838. Die kerk is in 1839 ingewy.  (https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)

(https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)

Op 11 Oktober 1853 is die gemeente van Oudtshoorn gestig. Weens finansiële probleme kon die eerste leraar, Ds van der Riet, eers op 3 Mei 1857 bevestig word. Op 7 November 1859 is tot die oprigting van ’n nuwe kerkgebou besluit. Op 15 Januarie 1861 het die hoeksteenlegging plaasgevind.  Weens finansiële moeilikhede is dié sierlike gebou eers op 7 Junie 1879 ingewy teen ’n koste van R22425. Die bouery was twee keer gestaak en wel  gedurende Oktober 1863 en weer gedurende Desember 1865.  (https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)


(https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)

(https://www.wikitree.com/photo.php/c/c9/Van_Der_Westhuizen-267.jpg)