f.6. Hendrik Jacobus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 30/05/1850, ged. 23/06/1850

f.6.  Hendrik Jacobus, geb. 30/05/1850, ged. 23/06/1850, George, oorl. 12/03/1921, begr. Oudtshoorn x 27/04/1868, Oudtshoorn met Aletta Johanna BERGH, geb. 11/08/1851, oorl. 13/05/1934, begr. Oudtshoorn. 

Hendrik Jacobus was die seun van Willem Marthinus Petrus van der Westhuizen en Elizabeth Wilhelmina Greeff.


Uit hulle pa se sterfkennis van 1867:
(https://www.wikitree.com/photo.php/c/c9/Van_Der_Westhuizen-267.jpg)

Hoewel die vroegste pioniers reeds in 1750 hierdie streek bereik het, is die gemeente Oudtshoorn eers op 11 Oktober 1853 gestig. Tot 1798, toe die gemeente Swellendam gestig is, het die mense in hierdie streek onder die gemeente Tulbagh geval, maar met die stigting van die gemeente Swellendam is die kerk ietwat nader gebring.

Toe die gemeente George in 1812 gestig is, het die kerklike beskawingsinvloed met hierdie stap veel nader gekom en, was dit nie vir die byna onoorkomelike Outeniquaberge nie, sou Oudtshoorn byna onmiddellik binne bereik van die kerklike voorregte geplaas gewees het. Vanaf hierdie tyd het Oudtshoorn onder George geval en is daar vir die eerste keer ’n kerkraadslid vir hierdie wyk gekies. Ds. T.J. Herold van George was dan ook die eerste leraar wat hierdie streek bearbei het.

Namate die bevolking gegroei het, het die behoefte aan ’n eie kerkgebou groter geword en is die eerste Godshuis aan die onderpunt van die teenswoordige Georgeweg ingewy. Tot 1845 is die gemeente Oudtshoorn deur die leraars van George bearbei, eers ds. Herold en later ds. Johan Ballot. In daardie jaar is die gemeente Mosselbaai gestig en is ’n groot deel van Oudtshoorn, om die een of ander onverklaarbare rede, kerklik sowel as siviel onder Mosselbaai geplaas.

Hierdie afskeiding het ’n hewige stryd laat ontbrand, nie alleen tussen die gemeentes van George en Mosselbaai nie, maar ook by die inwoners van Oudtshoorn wat nie graag van George afgesny wou wees nie. Die regstreekse uitvloeisel daarvan was die afstigting van die gemeente Oudtshoorn op 11 Oktober 1853. Weens finansiële moeilikhede is die eerste leraar, ds. Van der Riet, eers op 3 Mei 1857 bevestig.  

(https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-oudtshoorn/)

AANGENOMEN TE OUDTSHOORN OP DEN 29 sten JUNY 1866 DOOR DEN WELEERW T. J. VAN DER RIET (Deel 46)
Hendrik Jacobus VAN DER WESTHUYSEN, *30 Mei 1850 (Attestaat George 18/5/78

https://johannclaassen.files.wordpress.com/2012/04/dscf8387.jpg

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, OUDTSHOORN, Urban area Western Cape, OUDTSHOORN, Condor street, Main cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN Hendrik Jacobus, v.d. 1849-1921

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, OUDTSHOORN, Urban area Western Cape, OUDTSHOORN, Condor street, Main cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN Alletta J., van der nee BERGH 1851-1934