e.5. Willem Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 01/10/1811, ged. 25/10/1812

e.5.  Willem Johannes, geb. 01/10/1811, Vondeling, ged. 25/10/1812, Swartland, (een van tweeling), oorl. 18/06/1889, Ronderug, dist. Vanrhynsdorp x 10/02/1833, Clanwilliam met Gerhardina Johanna Maria MUNNIK, ged. 25/08/1801, oorl. 29/08/1861, d.v. Gerhardus Munnik en Margaretha Anna Slabbert.  Wed v. Tobias Wiese.

Willem Johannes was die seun van Josias van der Westhuizen en Johanna Wilhelmina Aggenbach.


Willem Johannis < willem johannes>
Baptised: 1812, den 25en Octbr: 1812
Born: 1: October 1811
Father: Josias VAN DER WESTHUIJZE
Mother: Johanna Willemina AGGENBAG
Witnesses: Gerrit Aggenbag , Anna Cornelia Heijneman
Additional notes: Tweelingen
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), . ucfirst(baptism) register, 1810-1821, page 59. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G5 3/4. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape Archives VC 668

In 1655 het die eerste blankes die Swartland betree. In 1743, toe heelwat plase reeds in hierdie dele uitgegee is, is baron Van Imhoff op ’n inspeksiereis deur die buitedistrikte diep geskok deur die staat van die godsdiens en die beskawing. Hy kla dat die inwoners van “Zwartland sig aan den godsdiens weynig of niet bekreunende”.  Op aanbeveling van baron Van Imhoff is die gemeente Swartland as die vyfde gemeente van die NG Kerk op 27 Junie 1745 gestig.  Die gemeente het gestrek van die Koeberg in die suide tot agter die Kamiesberge in die Noordweste – ’n afstand van amper 500 km.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-swartland/)

Die plaas Vondeling

Gerhardus Munnik jnr. is in 1775 gebore as die tweede jongste van agt kinders, in die welgestelde en vername gesin van Gerhardus Munnik snr. en Elizabeth Lubbe.  Toe Gerhardus jnr. bykans vier jaar oud was, het sy ouers in 1779 verhuis na ‘n leenplaas in die Wynberg-omgewing aan die buitewyke van Kaapstad. Hier het sy vader melk, druiwe en wyn geproduseer. Die Munnik-gesin het gemeng met VOC-amptenare, adellike Europese immigrante en ander ryk, vooraanstaande Kaapse vryburgers, waaronder die Brinks, De Waals, Dreyers, Eksteens en Van Reenens wat deur ‘n netwerk van onderlinge huwelikskontrakte hul rykdom binne die families gehou het. Die 17-jarige Gerhardus het op 9 April 1794 geloofsbelydenis afgelê in NGK Kaapstad waar sy ouers lidmate was. Voordat Gerhardus II met sy vrou Alida Brink getroud is, het hy ‘n buite-egtelike dogter by Margaretha Anna Slabber (1777 – 1837) gehad. Hierdie dogter was Gerhardina Johanna Maria Munnik. In haar doopinskrywing is haar vader aangeteken as Gerhardus Munnik Gerritzoon (seun van Gerrit), net soos dit in die doopinskrywings van al sy ander kinders voorkom. 

Margaretha Anna Slabber (*Oktober 1777, 23 November 1777) was die dogter van Johannes Jan Slabber en Elizabeth Smit. Sy is op 18 Februarie 1837 op die ouderdom van 59 jaar en vier maande op die plaas Brakfontein, Overberg oorlede. Haar sterfkennis toon dat sy ‘ongetroud’ was, hoewel sy in werklikheid ‘n weduwee was. Sy het drie kinders gehad, onder andere vir (Gerhardina) Johanna Munnik, asook twee seuns wat gebore is uit haar latere huwelik met Wybrand Elias Thuynsma snr. (1 Augustus 1781 – 18 Januarie 1837, Brakfontein). Hulle is op 5 Mei 1804 getroud, toe Gerhardina reeds drie-en-‘n-half jaar oud was. Die seuns was Petrus Johannes Slabber Thuynsma (1807 – <1837) en Wybrand Elias Thuynsma jnr. (1810 – 1856).

Gerhardina is op 14 Augustus 1800 gebore en eers 14 maande later op 25 Oktober 1801 in NGK Kaapstad gedoop. Getuies by haar doop was Jan Barend Hoffman en Maria Johanna Slabber. Sy is gebore uit haar vader se verhouding met Margaretha Anna Slabber (1777 – 1837), maar haar ouers was nie getroud nie. Dis nie seker of Gerhardina by haar vader of haar moeder grootgeword het nie.


As 19-jarige is Gerhardina op 16 Maart 1821 met die 30-jarige Thobias Wiese (*28 Februarie 1791, 3 April 1791, NGK Swartland, Malmesbury) in die eg verbind. Hy was die seun van Pieter Benjamin Wiese en Isabella Loubzer/Laubser. Uit hul huwelik is gebore Petrus Benjamin (27 Augustus 1821, Troe Troe [Vanrhynsdorp] – 26 Augustus 1895), Tobias Gerhardus (8 April 1824, Troe Troe – 13 November 1893), Gerhardus Marthinus Andries Adriaan (1 Februarie 1827, Clanwilliam – 30 Januarie 1847), Aletta Hendrina (28 Junie 1831, Clanwilliam –  21 September 1890) en Sibella Sophia Helena.12,47,48 Troe Troe – herdoop na Vanrhynsdorp in 1881 – lê 80 km noord van Clanwilliam, wat weer 230 km noord van Kaapstad geleë is.

Op 10 Februarie 1833 is sy vir ‘n tweede keer getroud met Willem Johannes van der Westhuysen (1 Oktober 1812 – 18 Junie 1889), seun van Josias van der Westhuyzen en Johanna Wilhelmina Aggenbach. Gerhardina is op 29 Augustus 1861 oorlede. (https://altathegenealogist.org.za/individual-surnames-family-lines/munnik/gerhardus-ii-1775/)