f.5. Theunis Jacobus NEL, geb. 04/11/1809, ged. 02//07/1810

f.5.  Theunis Jacobus, geb. 04/11/1809, ged. 02//07/1810, oorl. 11/10/1884 x 02/04/1832, Somerset-Oos met Maria Johanna ROUX xx 04/11/1881, Harrismith met Danie (Johanna) Marthina VAN AARDT, geb. 24/04/1821, Somerset-Oos. (DMVA voorheen met Christoffel Carolus Bester getroud)

Theunis Jacobus was die seun van Louis Jacobus Nel en Johanna Margaretha Botha.


Nog 'n seun van Louis Jacobus wat blykbaar voortdurend rondgetrek en op soek na weiveld vir sy diere was, was Theunis Jacobus. Theunis Nel het dit omstreeks 1834 selfs oor die grens (Katrivier) gewaag en blykbaar erens in die teenswoordige distrik Victoria-Oos (Alice) "met sy vee uitgekamp." Dit is bekend  dat verskeie Blanke boere sonder grond die Katrivier in 1834 oorgesteek het.  Ook verteenwoordigend van die algemene tendens, soek die Nels 'n oplossing deur al verder ooswaarts te beweeg.  Hierdie opdamming teen die grens vertoon die bekende patroon in grensgemeenskappe waar die spanning op verskeie vlakke steeds toeneem.  Die wegtrekgedagte as antwoord op die probleem van meer lewensruimte kom al hoe aanneemliker voor.  Tussendeur is die verhouding tussen Blank en Swart weerskante van die grens deur voorvalle tot breekpunt beproef.  Dit bring ons by die onveiligheid van lewe op die oosgrens wat vir die Nels dikwels soos 'n oorlewingstryd moes gevoel het.  Want die familie ontvang wat betref noue ontkomings van die Swartman se assegaai blykbaar meer as hul deel.  lnsgelyks word die Sesde Grensoorlog vir hulle 'n droewige klimaks waartydens 'n geliefde aan die dood afgestaan word.  Soos te verwag, was dit juis die broers Pieter en Theunis Nel, en hul swaer Gert Nel, wat weens hul verblyfteen aan die grens die ergste moes verduur.  Theunis Nel (vertel 'n susterskind van hom jare later) was een oggend ver van sy huis besig om te jag.  lntussen het 'n paar Xhosa-mans by sy huis opgedaag en sy vrou en kind as't ware gevange gehou en haar man ingewag.  Vir haar het hulle duidelik laat verstaan dat Theunis se laaste dag aangebreek het.  'n Paar angsbelaaide ure later het die gesinnetjie tog daarin geslaag om te ontsnap. Op dieselfde trant gaan die kleinseun van Louis Jacobus voort om soortgelyke ondervindinge van Pieter en Gert Nel te vertel.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)


Die oorlog na die groot skok van Buys se dood het die Nels in die wyke Koonap en Oos-Rietrivier geraak. Theunis Nel wat ook in die omgewing van die Onder-Katrivier gewoon het, het al sy beeste, skape, perde en bokke verloor.  Van al sy vee het hy net een perd oorgehou.  Hy en sy gesin het eweneens na Commandofontein geretireer.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

1837 - Benewens die familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het.

1.  Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna Margaretha Botha.
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders.
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders.
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders.
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders.
8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11. Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van  Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders.  Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha.  Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud.  Hulle was dus dubbele swaers.
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel.
14. Louis Nel, Gabriel seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens ses kinders.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Weens sy ouderdom is dit twyfelagtig of Louis Jacobus Nel op enige van die plase geboer het.  Bes moontlik het hy uit die staanspoor in Pietermaritzburg gewoon.  Die erf was in Pietermaritzstraat nr. 28 wat op 28 Februarie 1839 aan hom toegeken is.  Later in die jaar is ook Bergstraat 49 op sy naam geregistreer, maar dit het hy aan Gert Jacobus Rudolph verkoop.  In beide die strate het verskeie van sy seuns erwe besit.  Philip Nel het nrs. 30, 46, 47 en 48 in Pietermaritzstraat en nr. 34 in Bergstraat besit. Willem Gabriël Nel en Theunis Jacobus Nel het onderskeidelik Bergstraat 29 en Pietermaritzstraat 29 op hul name gehad.  Wat plase betref het Philip Nel Nelsrus aan die Mlazi besit, terwyl Willem Gabriël vir Wilgespruit (naby die Mvoti) en Theunis Jacobus vir Blinkwater (digby "Bestershoek" en die Mvoti-rug) grond briewe ontvang het.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)


Op 1 Februarie 1875 word die kinders met hulle plase in Louis Jacobus se testament genoem.  Toe het Philip Rudolph op Spitskop, Theunis Jacobus op Onrust, Willem Gabriël op Wonderboom, Christoffel Jacobus Hercules op Waterval en Maria Susanna (getroud met ene Stadler) op Bergvliet geboer.  Die plaas Bergvliet was in die distrik Weenen geleë, terwyl al die ander onder die Afdeling van Umvoti geval het.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)