e.15. Elias Jacobus Johannes NEL, geb. 27/11/1819, ged. 12/03/1820

e.15.  Elias Jacobus Johannes, geb.  27/11/1819, ged. 12/03/1820, Avontuur, Calvinia, oorl. 29/08/1863, Kwikvorschfontein, Fraserburg x 13/10/1839, Worcester met Johanna Christina Maria VAN WYK, geb. 26/05/1824, Fraserburg, Namakwa, oorl. 12/02/1878, De Kuilen, Fraserburg, Namakwa,  Kirkvorsfontein, d.v. Gerrit Johannes Jacobus van Wyk en Johanna Christina Maria Cloete.

Elias Jacobus Johannes was die seun van Jacobus Nel en Anna Jacomina van Wyk.

Elias Johannes Jacobus Nel (1819–1863) was 'n jongere seun van een van die agtenswaardigste manne wat in die eerste helfte van die 19de eeu in die Roggeveld gewoon het, die beroemde kmdt. Jacobus Nel (1767–1840) van die Noord-Roggeveld. Hierdie merkwaardige en onverskrokke man het op die plaas Bloemfontein gewoon en saam met sy vader en sy broer onder die mees intelligente en aktiewe veeboere van die land getel.  (https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Sutherland) 

Die leraar van die NG gemeente Worcester kon voor die a
fstigting van die Roggeveldse gemeente hoogstens een maal per jaar in die geselskap van 'n kerkraadslid die groot moeite, ongerief en gevare van 'n besoekreis na die verre streke van die Swartberg, Karoo en Roggeveld trotseer. Reeds uit die Worcesterse doopregister vir 1827 kan ons ds. Henry Sutherland op so 'n reis volg.  Die eerste kerkraadsbesluit daaromtrent lui dat die leraar in 1837 vergesel sou word deur diaken Willem van der Merwe. So 'n besoekreis het om begryplike redes nie besoeke van plaas tot plaas beteken nie, maar “op zekere daartoe vooraf bepaalde en geschikte plaatzen" het die leraar die mense van die omgewing ontmoet, vir hulle dienste gehou en die sakramente bedien. Gewoonlik is hierdie reise in die lente en in oorleg met die plaaslike kerkraadslede van die Roggeveld gereël.  (http://www.wikiwand.com/af/NG_gemeente_Sutherland)

Reeds in 1836 het ouderling Willem Myburgh, wat spesiaal met die behartiging van die belange van die Roggeveldse deel van die gemeente Worcester belas was, vanweë afnemende liggaamskragte die Kerkraad versoek om 'n diaken te benoem wat hom “tot assistentie in zynen omtrek" kon wees. Die keuse het toe op Jacob Theron geval.  Ander Roggeveldse kerkraadslede was Hendrik Pieter Jooste, Nicolaas Johannes Vlok, Hendrik Olivier, Willem Adriaan Visser, Jan Abraham du Plessis, Elias Johannes Jacobus Nel (laasgenoemde drie sedert 1850), Nicolaas Vlok en Jasper Theron (albei sedert 1851). In Oktober 1854 is ouderlinge Du Plessis en Visser sowel as diakens Vlok en Theron herkies en die toneel in gereedheid gebring vir die afstigtings.  (http://www.wikiwand.com/af/NG_gemeente_Sutherland)

FAMILYSEARCH

Vyf kinders het die vader oorleef toe hy op 29 Augustus 1863 op Kikvorschfontein oorlede is. Sy weduwee het hom in Februarie 1878 op De Kuilen gevolg.  (http://www.wikiwand.com/af/NG_gemeente_Sutherland)